Background Image
Previous Page  6 / 108 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 6 / 108 Next Page
Page Background

4

e

k het die afgelope week bewus geword van die hoeveel-

heid leiers in landbou en die samelewing wat tans deur

‘n uitdagende tyd in hul lewens gaan. Dit was amper

asof ek deur ‘n wrakwerf van mense gestap het. Ons

land se leiers kry swaar.

Die algemene toestand van die land is besig om oral letsels te

laat. Selfs die stormwinde in die Wes-Kaap en die brande in

Knysna is tekens van verwoesting wat letsels agterlaat. Die hordes

video’s van skape wat in Namakwaland en die Boesmanland

agter bakkies aanhardloop met die hoop dat daar voer daarop is,

laat beslis emosies by almal opwel.

Tog kreun die tapkarre in die noorde onder die vragte mielies wat

gestroop word en begin die koring, gars en kanola in die Wes-Kaap

kop uitsteek as tekens van ‘n nuwe seisoen. Die weeskind van die

land se ekonomie, die landbou, is bykans ál sektor wat kop opge-

tel het en positiewe groei getoon het. Dit was darem sekerlik te

wagte na verlede jaar se uitmergelende droogte.

Menige dae laat al die politieke nuusgebeure op die lamppale my

dink aan veldslae in die Bybel, waar die vyande hulself vernietig en

onderling só baklei dat daar op die ou einde geen geveg was nie,

maar net buit oorgebly het.

Wat staan ‘n mens te doen as al hierdie dinge gebeur? Hou vas

aan die waarhede waarin jy glo. Ons as landbouers weet dat daar

nog altyd ‘n einde aan elke droogte of laagtepunt in die geskiede-

nis was.

Só glo ek ook dat daar ‘n einde aan hierdie “droogte”tydperk in

Suid-Afrika se geskiedenis gaan kom. Wanneer dit kom, weet ons

nie, maar ons kan bly uitkyk vir die tekens in die natuur wat dui op

‘n nuwe seisoen.

‘n Wyse ou man se kommentaar die ander dag oor al die gebeure

was dat daar altyd ‘n tydperk van onthulling moet kom en open-

baarmaking van die verkeerde vóór die belydenis en herstel kan

kom. Dit is waar ons nou is. Dit is niks ongewoons nie; ten minste

kom dinge aan die lig. Dit maak dit ook nie noodwendig beter nie,

maar dit gee hoop.

Ons graanprodusente se oë gaan die volgende maande op die mie-

lie-uitvoersyfers wees, met die hoop dat dit iewers in die toekoms

beter pryse kan meebring, sowel as op die weer in die Wes-Kaap.

Die voortsetting van die gronddebat ná die NAMPO Oesdag, te-

same met die groot vergaderings van die regerende party (beleid

einde Junie en leierskap in Desember), sal ook so met een oog dop-

gehou moet word. Die realiteit van ‘n nuwe politieke bedeling ná

2019 se verkiesing, raak al hoe meer van ‘n werklikheid soos die

wurms uit die blikke klim en onderlinge gevegte toeneem.

Graan SA het al verskeie scenario’s ondersoek met die hoop op ‘n

beter landbouvriendelike beleidsomgewing. Ten spyte van alles

moet produsente aanhou om hul potlode skerp te maak en seker te

maak dat al hul besluite op die plaas ekonomiese sin maak.

Terug na die wrakwerf van mense in ons land: Kyk uit vir die manne

en vroue daar in jou omgewing en luister na hulle. Menige keer is

luister beter medisyne as raad gee. Hou vas aan die waarhede en

dít waarin ons vas glo. Lekker boer!

Hou vas aan die waarhede

JANNIE DE VILLIERS,

uitvoerende hoofbestuurder/CEO

Ons as landbouers

weet dat daar nog

altyd ‘n einde aan

elke droogte of

laagtepunt in die

geskiedenis was.

STANDPUNT

POINT OF VIEW

Graan SA

Julie 2017