Background Image
Previous Page  10 / 108 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 10 / 108 Next Page
Page Background

Het jy die grootste NAMPO Oesdag nog belééf?

g

raan SA-lede se gemoedstoestand by dié jaar se

NAMPO Oesdag was uit die staanspoor behoorlik iets

om oor huis toe te skryf. Die goeie luim wat die onlangse

uitstekende oeste in die noorde, ooste en weste ver-

gesel het, is sommer vroeg-vroeg elke oggend by die

NAMPO Park-ledehek ingedra.

In Graan SA se poging om elke jaar ‘n meer positiewe en beter

ervaring aan ons lede te bied, verseker die moeitelose en

doeltreffende elektroniese kaartjiestelsel geen oponthoud nie. Die

eksklusiewe ledeparkering is maar één van die talle voordele wat

Graan SA-lede tydens die NAMPO Oesdag ontvang.

Reeds vertroud met die eksklusiewe gholfkarretjie-ritte, geborg deur

Absa AgriBesigheid, is lede met ‘n aangepaste roete na die splin-

ternuwe ingang van die ledelokaal vervoer. En wat ‘n belewenis was

dít nie!

Hierdie jaar is die gebruiklike Graan SA-ledelokaal en uitstalruimte

nuut onthul as die Graan SA NAMPO Belewenissentrum, waar elke

besoeker die organisasie se fokusareas kon besigtig – alles onder

een dak. Daarbenewens kon belangstellendes die fliekteater

besoek vir ‘n visuele voorstelling van Graan SA en sy bedrywighede,

insluitend die landbou-ontwikkelings- en skoleprogram, navorsings-

inisiatiewe, bewaringslandbouprogram, NAMPO geskiedenis en

vele meer.

Bo en behalwe al dié nuwe ontwikkelinge, het Graan SA ook met

trots ‘n NAMPO kenteken (logo) bekend gestel vir die toekoms,

met verskeie NAMPO handelsmerkklere- en promosie-items wat te

koop aangebied is, kon elke Oesdagganger hul eie stukkie NAMPO

huis toe vat.

Met die intrapslag is lede by die ledelokaal met heerlike aromas

van die John Deere Financial-geborgde koffie begroet en meer

as 3 000 cappuccino’s en warm sjokolades is deur ons

baristas

bedien. Dit is reeds die derde jaar dat mnre Sifiso Shoba en Sibu

Babuyile ons met die wonderlikste koffie bederf – soveel so dat

hulle al deel is van die NAMPO familie.

Lede kon deur die dag ligte versnaperinge en ‘n gebruiklike koue

lafenis vir die kele na middagete geniet en is die netwerkgeleent-

hede met medeprodusente en die Graan SA-ekonome goed

benut. Bykomend daartoe is lede op hoogte gehou van die jong-

ste markverwikkelinge met die vertoning van lewendige Safex-

markinligting.

Steeds met ‘n gedrewe fokus en missie om die beeld van landbou

te bevorder, het Graan SA sy sosiale mediaplatforms ten beste

benut om die NAMPO Oesdag aan lede en die publiek bekend te

stel. Die organisasie het in die oploop na NAMPO met die meeste

van die meer as 700 uitstallers hande gevat om alles wat die

51ste Oesdag gaan bied, te bemark. Deurentyd is die klem

op interessante en deelbare inhoud geplaas, met die doel om

gesprekvoering te stimuleer.

Beide videografika en kort tekste van wat op NAMPO Park gebeur

het, is uitgesaai en gedeel – met ‘n skerp fokus op die bevordering

van Graan SA se beeld. Dié hoogtepunte en kort video’s het

deurentyd verseker dat lede wat self nie die Oesdag kon bywoon

nie, niks misgeloop het nie.

Die Graan SA

Facebook

-blad het ‘n rekordtotaal van 1 005 142 inter-

aksies, 62 900 videokyke, 2 095 909 indrukke en ‘n 1 909 toename

in aanhangers tydens die week gehad. Graan SA se

Twitter

-blad

het 123 500 twiets gehad, 279 hertwiets en 383 skakel-klieks,

terwyl die Graan SA

Instagram

-blad 5 452 interaksies op 103 foto’s

ontvang het.

‘n Hele paar bekende gesigte het NAMPO besoek en minister

Senzeni Zokwana (Minister van Landbou, Bosbou en Visserye),

die immergewilde Cheetahs-rugbyspan, me Annette Steyn (die DA

se skaduminister van Landbou, Bosbou en Visserye), sowel as

mnr Mike Mlengana (direkteur-generaal: Landbou, Bosbou en Vis-

serye) het die Graan SA-ledelokaal besoek. En om alles te kroon,

is ons vroulike besoekers behoorlik met die

VIA

-vroueprogram

bederf wat in vol sterkte weer na NAMPO teruggekeer het.

Indien jy enige van die gebeurtenisse misgeloop het, besoek gerus

die NAMPO Oesdag

Facebook

-blad of die Graan SA

YouTube

-

rekening vir ‘n kykie na die video-opnames. Graan SA het groot

waardering vir ons lede se ondersteuning en sien uit daarna om

al ons lede volgende jaar, 15 tot 18 Mei, in die ledelokaal terug

te verwelkom.

ALZENA GOMES,

skakelbeampte, Graan SA en foto’s:

ESTIE DE VILLIERS,

redakteur,

SA Graan/Grain

ALZENA GOMES,

skakelbeampte, Graan SA

LEDE-LANDSKAP

‘n 180°-blik op ons lede en tak-akt iwiteite

8

Julie 2017

Kyk wie het by Graan SA gekuier!

Die Conradies van Hartswater was sommer

al Dinsdag vroegoggend by die ledelokaal:

Danelle, Werner, Michelle en Muller.

Willie Linde (Bloemfontein), Barry Graaff,

SW Graaff en Dawie Cloete (al drie van Frankfort)

geniet vroegoggend ‘n koppie koffie.