Background Image
Previous Page  3 / 108 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 3 / 108 Next Page
Page Background

1

July 2017

MEDEWERKERS

vir hierdie uitgawe

Dr Erik Adriaanse, dr Annelie Barnard, dr Danie Beukes, Cobus Burger, Cathy de Villiers, Jannie de Villiers, Willem de Waal, Leon du Plessis, Willem du Plessis,

dr Jaco Erasmus, Alzena Gomes, dr Pieter Haumann, Simon Hodgson, Willem Jonker, Koos Kirsten, FJ Lessing, Corné Louw, Michelle Mokone, Venessa Moodley,

Charné Myburgh, dr André Nel, Owen Rhode, Etienne Schoeman, Ruth Schultz, Gerrie Smit, dr Hugo Smit, dr Hendrik Smith, dr Dirk Strydom, Gerrie Trytsman,

dr Johan van Biljon, Luan van der Walt, At van Schalkwyk en Arno van Vuuren

k

yk, ek het gedink wiskunde in Matriek was nie kinder-

speletjies nie...totdat ek die afgelope maand my

Graad 4’tjie moes help met voorbereiding vir haar eerste

eksamen. Om nie eers van die Engels te praat nie...hope-

lik sal ek na dese ook

tenses

en

parts of speech

onder

die knie hê! Tot die geskiedenis is anders as wat ons ge-

leer het...

Destyds in Standerd 2 het ons woerts-warts ons huiswerk gedoen.

Ma het jou ‘n paar vrae gevra om te kyk of jy jou werk ken en daar

trek jy – buitetoe: Speeltyd. Niks van ‘n getelevisie-kykery of

tablet

-

spelery nie.

Met dié dat ons in dié uitgawe ‘n lywige fokus op bemesting het,

het my gedagtes weer teruggedwaal na kleintyd se spelery in die

stoor op die sakke kunsmis wat amper tot bo teen die dak opgesta-

pel was. Hoe vuil ‘n mens se hande van die stof was – as jy dit teen

mekaar gevryf het, het jy sulke bruin wurmpies gerol. En hoe suur

die kunsmis geproe het as jy ‘n korreltjie in jou mond sit. (Moenie

vra hoekom ek dit gedoen het nie! ‘n Kind ondersoek seker maar

alles.) Met dié dat die soeklig op bemesting val, het ons Corné

Louw (senior ekonoom, Graan SA) genader vir sy insette. Volgens

hom word alle plaaslike produksie-insette wat in die graan- en

oliesadebedryf gebruik word, hoofsaaklik ingevoer. “Alle land-

bouchemikalieë, die meeste landboumasjinerie, meer as 80% van

ons kunsmisgebruik én ons brandstofpryse word derhalwe op

invoerpariteit bereken,” het hy gesê.

“Internasionale insetpryse en die wisselkoers het daarom ‘n groot

impak op die vorming van plaaslike insetpryse. Die tydsberekening

ten opsigte van die tyd wat invoere plaasvind en die wisselkoers wat

geld, is derhalwe bepalend. Een ding is seker: Die volatiliteit in die

wisselkoers maak beplanning van aankope ‘n groot uitdaging.” Met

die kosteknyptang wat elke dag al hoe harder knyp, word produ-

sente gedwing om al hoe meer effektief te wees en te verseker dat

alles wat op die plaas gedoen word, ‘n verskil maak. Omdat insette

soos bemesting van ‘n produsent se groter uitgawes is, word dit

gewoonlik eerste ondersoek. Die kenners waarsku egter: Dit is juis

hier waar die risiko lê. Die belangrikheid van die regte bewerkings

en bemesting vir elke plaas kan nie genoeg beklemtoon word nie.

Om te verseker dat elke korrel of druppel kunsmis wat op die plaas

gebruik word, in graan omgesit word, moet die basiese beginsels

verstaan word om optimaal te produseer. Juis daarom het

SA Graan/

Grain

vir ons spesiale fokus op bemesting (bladsy 19 tot bladsy 59)

in hierdie uitgawe met kundiges in die bedryf gesels om seker te

maak dat ons ons lesers ten beste inlig.

Op bladsy 68 bespreek Corné en Michelle Mokone (landbou-eko-

noom, Graan SA) ook die nuutste somergraansaadpryse. Volgens

hulle is dit verblydend om te kan sê dat daar heelwat nuwe kultivars

die kommersiële saadmark in die 2017/2018-seisoen betree, wat dus

vir produsente beskikbaar is om te plant. So, maak skerp daardie

potlode en begin sommetjies maak vir die nuwe produksieseisoen.

Sterkte en lekker lees tot aanstaande maand!

ESTIE DE VILLIERS,

redakteur

VOORPUNT

Ontmoet ons

medewerkers...

d

R HENDRIK SMITH

(grond-

kundige) is op Jan Kemp-

dorp gebore en het aan

Ben Viljoen Hoërskool

op Groblersdal gematriku-

leer. Hy het BSc (Agric), Grondkunde

en Plantvoeding by Tukkies, daarna

BSc (Agric) Honneurs in Grondkunde

by die Universiteit van die Vrystaat, MSc (Agric) in Grond-

kunde by Tukkies en later ‘n multidissiplinêre PhD by die

Commonwealth Open University voltooi. Hy het by die

destydse Departement van Landbou (wat later die Landbou-

navorsingsraad geword het) by die Instituut vir Grond, Kli-

maat en Water begin werk, kontrakwerk by die Departement

Plantproduksie en Grondkunde by Tukkies gedoen, was

subkontrakteur vir Terrasoil, het ‘n draai by Digby Wells

Environmental gemaak en is tans werksaam by NviroTek

Laboratoriums as onafhanklike grondkundige met die fokus

op grondgesondheid en misstofaanbevelings. Hendrik is

getroud en het een dogter. Hy doen graag landloop in sy

vryetyd en maak messe as stokperdjie. Lees sy artikel

Grondgesondheid

:

Wat is dit en hoe word dit gemeet?

op

bladsy 56

.

I

n Maart vanjaar is daar weer by Graan SA se

Kongres gebruik gemaak van elektroniese

stemapparate. Dit het elke afgevaardigde die

geleentheid gebied om sy stem te laat tel, maar

ook om ‘n gevoel te kry van hoe die graanomge-

wing lyk. Die inligting word nie net by Kongres

gebruik nie, maar is vir Graan SA ook belangrik in

terme van strategiese beplanning. Op

bladsy 16

deel

DR DIRK STRYDOM

(Graan SA) ‘n paar van

die interessante statistieke en tendense.

D

ie

Bemestingshandleiding

het ‘n integrale deel

van die kunsmisbedryf in Suid-Afrika geword.

Toe die Misstofvereniging van Suid-Afrika tot stand

gekom het, was dit nodig om bemestingsaanbe-

velings te standaardiseer. Navorsing is uitgevoer

om bemestingsriglyne vir die belangrikste ge-

wasse op te stel.

DR PIETER HAUMANN

(Fertasa)

bespreek op

bladsy 54

die opdaterings wat vanaf

die 2007-uitgawe na die 2016

Bemestingshandlei-

ding

plaasgevind het.

W

êreldwyd is dit ‘n algemene verskynsel dat

produsente op die een of ander wyse van

die kundigheid wat by vakkundiges opgesluit lê,

gebruik maak. Hierdie spesialiste het gewoonlik

almal ‘n waardevolle kombinasie van teoretiese

kennis en praktiese ervaring in hul mondering.

Op

bladsy 86

verduidelik

ARNO VAN VUUREN

(NWK Beperk) waarom ‘n spanbenadering tussen

‘n landboukundige en ‘n produsent essensieel

is vir sukses.

T

he Sasol Agricultural Trust was founded in

March 2012 by Sasol Chemical Industries.

The Trust received donations from the founder

to the amount of R30 million. According to

LEON DU PLESSIS

(L&L Agricultural Services)

the main objective of the Trust is to improve the

competitiveness and sustainability of the agricul-

tural industries, by funding market and production-

related research, market information, market

access, enterprise development, education and

training programmes and scholarships, bursaries

and awards for agricultural studies. Read more

on

page 92

.