Background Image
Previous Page  106 / 108 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 106 / 108 Next Page
Page Background

104

Beste Grootneef

o

nlangs breek ek ‘n broodjie met ‘n buurman wat ‘n

volle kwarteeu aan sy boerdery gewy het en nou besluit

het om klaar te maak en aan te beweeg.

So met die uitruil van stories oor wie, wat en waar,

raak dit vir ‘n oomblik stil oor ‘n glasie wyn – soos dit

maar gaan as twee goeie vriende op hul lekkerste kuier. Ek vra

hom toe wat hy van sy boerdery sal onthou. Sy antwoord was: “Dat

dit so gou verbygegaan het.”

Ou Neef, dit was ‘n antwoord oor tyd wat die kaf van die koring

geskei het. Want in die drukgang van oorlewing op ‘n plaas, kan

die waardering dat elke dag eintlik ‘n toegif van genadegawes is,

oor tyd vervaag. Buurman se besluit om ‘n plaashek finaal te sluit,

laat ‘n mens die wêreld effe anders sien, met ‘n nuwe bewustheid

van dit wat kosbaar is.

Ou Neef, trek daardie vars oggendlug díép in jou borskas in. Kyk

en lúíster na die voëls se gesang wanneer die dag breek. Verwon-

der jou aan die Skerpioen wat hom in die wintermaande in die

hemelruim tuismaak. Lúíster na die windpomp se kraak in die

aandwind. Hóór die gerinkel van breekgoed

soos jou ander helfte aandete begin regsit.

Rúík daardie winterbredie met beesvleis en

naeltjies wanneer jy die kombuis instap. ‘n

Mens doen dinge anders wanneer die besef

insink dat niks vir altyd is nie.

En los die TV vir een aand af. Want Trump

se

tweets

gáán die wêreld verwar. Iemand

gáán ‘n pad met brandende bande versper.

Die mielieprys gáán halsstarrig laag bly. Die

politici sál in die Praathuis redekawel of die

staat gekaap is of nie.

Maar waardeer die plaas se vrede vanaand.

Môre sal weer sorg vir sy eie kwaad.

Ou Neef, geniet die skadu van die boom

waaronder jy sit, want jy weet nie of ‘n storm

dit vannag omwaai nie. Geniet ‘n vriend se

handdruk, want jy weet nie of jy hom weer

volgende jaar by NAMPO sien nie. Want as die

sand deur die uurglas se nekkie geval het, is

die oomblik verby.

Afskeid begin eintlik reeds met geboorte.

Want dan begin jou tydsrekening uitloop. As

jy sterk is dalk ‘n 70, as jy baie sterk is, dalk

‘n 80 kalenderjare op die kerfstok. Moet nooit

ongeërgd met geleende tyd werk nie. Jy kan dit nie soos lugtyd

optop

nie.

Soms vang ‘n herinnering jou onverhoeds. Losgewoel in die ge-

moed met die “Oukraalliedjie” van Groep 2, die geur van vars be-

skuit of ‘n dak wat in die laat nag kraak, net soos destyds op

Liefdefontein. Jy, nou ‘n duisend myle daarvan weg, onthou skielik

hoe dit was, jonk en onervare oor die lewe wat voorlê.

Afskeid en herinnering loop soos vinkel en koljander, die een lyk

soos die ander. Vir bakens van herinnering dra 'n mens gedurig

goed aan om ‘n afskeid te herdenk. Soos ‘n klippie uit Praag, ‘n stom-

pie van Waenhuiskrans of ‘n spekboompie van Willowmore. Net om

te onthou dat jy dáár was en ‘n oomblik se vreugde op ‘n vreemde

plek ervaar het.

Daarom dan seker dat Buurman met die laaste sluit van die plaas

se hek, ‘n

kênfruit

-bottel vol plaasgrond saamgeneem het, om in

sy nuwe huisie op die kaggelrak te staan.

Groete op die Oosgrens!

Kleinneef

E-POSSE

aan Groot neef

Om afskeid te neem

Lesers is welkom om ‘n e-pos aan Kleinneef te stuur by

kleinneef@graingrowers.co.za

.

Julie 2017