Background Image
Previous Page  102 / 108 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 102 / 108 Next Page
Page Background

Julie 2017

100

Produsente verwonder hul aan

blinknuwe stroper en trekker

S

owat 1 000 gaste, wat hoofsaaklik produsente van regoor

die land ingesluit het, kon op 3 Mei vanjaar nie hul oë af-

hou van die nuutste stroper en trekker wat Case by die

Equidome Event Hall in Kyalami, Midrand aan hul vertoon

het nie.

Die bekendstelling was deel van die Case IH-handelsmerk se

175 jaar-vieringe. Produsente kon dié oggend ‘n verskeidenheid

stropers, trekkers, spuite en landboutoerusting vanuit alle hoeke

besigtig, waarna dié landboureus se splinternuwe Case IH 9240-

stroper en Magnum 380 CVT-trekker aan hulle voorgestel is.

Een van die wêreld se grotes

Die Case IH 9240-stroper is die grootste model in die Case IH-

reeks en een van die grootste stropers in die wêreld. Met die

AFS-moniteringstelsel sowel as die stuuroutomaat (

auto-pilot

)-

funksie wat standaard verskaf word, neem die stroper totale be-

heer by die operateur oor. Ander tegnologie sluit in AFX Axial

Flow-tegnologie, ‘n 16 liter-FPT-enjin en ‘n vergrote sif-area.

Sterkste en grootste in sy klas

Die kajuit van die Magnum 380 CVT Trac-trekker is die grootste in

sy klas en werk teen 68 desibel, wat die stilste op die mark is. Die

FPT 8,7 liter-enjin bied ‘n kraglewering van 410 kW, wat die trekker

die sterkste in sy klas maak.

Van krag tot krag

Northmec is die enigste verspreider en invoerder van Case pro-

dukte. Mnr Johan van der Merwe (besturende direkteur: Northmec)

het tydens die bekendstelling ‘n oorsig gegee van Case se suksesse

oor die afgelope vyf jaar.

“Dit is vir my aangenaam om vandag aan julle te kan rapporteer

dat die 4 500 m

2

-moniteringsaanleg op 1 Junie vanjaar op die

14 ha-hoenderplaas wat ons gekoop het, geopen is. Voortaan sal alle

Case produkte eers by dié aanleg deur ‘n kwaliteitkontroleproses

moet gaan om seker te maak dat die produk wat op die plaas

afgelewer word, op ‘n sekere standaard is,” het hy gesê.

Verder is die Red Excellence-program ook al by verskeie takke en

handelaars bekend gestel. Standerton se tak is reeds opgegradeer

en voldoen aan die Northmec bedryfstandaard. Besondere fokus

word geplaas op onderdele. “Case se onderdele-pakhuis van

4 000 m

2

is meer as verdubbel in grootte na 9 000 m

2

.

“Northmec het ook die afgelope jaar sy markaandeel verdubbel.

Verbintenisse is met nog twee handelaars, VKB en Suidwes, gesluit

om Northmec se produkte te versprei.”

Volgens mnr Tony Sinclair (uitvoerende hoof: Capital Equipment

Group) plaas hulle oorwegend fokus op kommunikasie met kliënte

en lê hul sukses met topgehalte kliëntediens juis hierin. “Ons het

die afgelope paar jaar miljoene spandeer om personeel kommuni-

kasietegnieke aan te leer, sodat probleme so gou as moontlik opgelos

kan word,” het hy verduidelik.

Die eerste 20 persone wat op dié dag bestellings vir masjiene

geplaas het, wen ‘n reis na Amerika toe om die grootste trekker-

en stroperaanlegte te besoek.

AKTUEEL

Produk-inligting

RUTH SCHULTZ,

SA Graan/Grain

medewerker

1: Sowat 1 000 gaste, wat produsente en handelaars

ingesluit het, het die Case produkbekendstelling

bygewoon.

2: Deon van der Westhuizen (Bethal), Pieter Griesel,

Cobus van Coller, Dries du Preez en Hercu du Preez

(almal van Viljoenskroon) by een van die vele indruk-

wekkende Case trekkers wat dié dag uitgestal is.

3: Hanno Lombard en Fanie Nel (albei van Excelsior)

het die Case IH Magnum 310-trekker van nader gaan

beskou.

4: Jano Buitendag, Klaas Tromp, Bennie du Plessis,

Henk Schutte, Hannes Terblanche, Nico van der Merwe

en Muis Thornhill (almal van Thabazimbi) het deurgery

vir die Red Power Excellence-dag in Johannesburg.

1

3

4

2