Background Image
Previous Page  104 / 108 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 104 / 108 Next Page
Page Background

Hino 500 4x4 ook nou

vir sandpaaie

e

en van die groot aandagtrekkers op die onlangse NAMPO

Oesdag was die nuwe enkelagterwiel-formaat 4x4 Hino

500.

Hierdie model was voorheen net met dubbele agterwiele

beskikbaar, wat dit uitstekend vir goeie paaie gemaak het,

maar dit was nie prakties vir sand- en plaasgrondpaaie nie. Nadat

Hino Suid-Afrika egter verskeie versoeke van eienaars van die 1322

4x4-model in die 500-reeks vragmotors ontvang het om ook enkel-

agterwiele vir hierdie model uit te bring, het Hino besluit om die daad

by die word te voeg. Hierdie model is by NAMPO geloods.

Die enkelagterwiele waarmee hierdie model nou beskikbaar is,

verbeter sy veldryvermoë en maak dit makliker om hom in sand-

toestande te hanteer. Sy brandstofverbruik is ook verbeter deurdat

die vragmotor nou minder wiele hoef te dryf.

Instede daarvan om aan Euro 2-vereistes te voldoen soos wat

voorheen die geval was, voldoen die enjin van die nuwe 500-model

aan Euro 3-vereistes. Die nuwe brandstof-inspuitingstelsel wat op

die Hino J 08E-enjin aangebring word, beteken dat dit toegerus kan

word met ‘n wetlik-vereiste snelheidsbeperker. In die geval van die

Hino 500 1322 is die topsnelheid tot 80 km/h beperk.

Dit is nie ook nie nodig om die 4x4-model toe te rus met ABS-remme,

wat op die ander modelle in die reeks beskikbaar is nie. Daar is steeds

‘n keuse om ook die dubbele agterwiele te verkry.

GERRIE SMIT,

lid van die SA Motorskrywersgilde

WIELE

vir die plaas

102

Die Hino 1322 4x4-model in die 500-reeks het

nou enkelagterwiele en ‘n spoedbeperker.