Background Image
Previous Page  103 / 108 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 103 / 108 Next Page
Page Background

Maak seker watter kultivars

vir jou boerdery geskik is

S

aad bly een van die belangrikste insette met die oog daar-

op om opbrengste en produktiwiteit in die graanbedryf

te verhoog. Volgens mnr Corné Louw (senior ekonoom:

Insette, Graan SA) is dit essensieel dat produsente die

regte kultivars vir hul unieke omstandighede kies deur na op-

brengspotensiaal sowel as risikoverspreiding te kyk. (

Lees gerus sy

artikel hieroor op bladsy 68

.)

SA Graan/Grain

publiseer jaarliks in Maart en November spesiale

bylaes saam met die tydskrif, waarin die

LNR Kultivaraanbe-

velings vir sojabone, sonneblomsaad en mielies (droëland en

besproeiing)

en

LNR Kultivaraanbevelings vir koring (droëland en

besproeiing)

onderskeidelik versprei word sodat produsente ‘n

ingeligte besluit ten opsigte van kultivarkeuse kan maak.

Mielies, sojabone en sonneblomsaad

Saam met die November 2016-uitgawe van

SA Graan/Grain

is die

LNR Kultivaraanbevelings vir sojaboon, sonneblom en mielies

(droëland en besproeiing)

gepubliseer.

Hierin kon jy die volgende artikels lees:

Sojaboonkultivaraanbevelings vir 2016/2017;

Sonneblomkultivaraanbevelings vir 2016/2017; en

Resultate van die 2015/2016 Nasionale Mieliekultivarproewe.

Koring

Die invoegsel wat saam met die Maart 2017-uitgawe versprei is,

het die volgende artikels bevat:

Report on the 2016 Cultivar Evaluation Programme under irri-

gation: Four new wheat cultivars included in recommendations

;

Twee nuwe koringkultivars aanbeveel vir die Wes-Kaap in 2017;

en

Kultivarevaluasieproewe in die somerreënvalgebied weerspieël

beter seisoen in 2016.

Indien jy nie joune gebêre het vir latere verwysing nie, kan jy dit

aanlyn op Graan SA se webwerf gaan lees of aflaai. Besoek

www.grainsa.co.za

en kliek op “Publikasies” en kliek dan “SA Graan”

op die aftreklys.

ESTIE DE VILLIERS,

redakteur,

SA Graan/Grain

101

July 2017

5: Daar was perde op die terrein wat dagkomberse met Case se handelsmerk daarop aangehad

het, asook dié besondere mooi tafelversierings – ‘n weerspieëling van Case se kragtigheid.

6: Lee Smith was die motiveringspreker vir die dag. Lee is 17 jaar terug tydens ‘n gewapende roof-

tog geskiet. Waar dit eers vir die dokters gelyk het asof hy dit nie gaan oorleef nie, kan Lee vandag

sy bolyf beweeg en begin hy ook gevoel in sy linkerbeen terugkry. Tans is hy ook ‘n wêreld-arm-

drukkampioen wat mense inspireer met sy positiewe lewensuitkyk en passie om nog sterker te

word.

7a, 7b en 7c: Voorwaar ‘n

wow

-oomblik! Die Case IH 9240-stroper word onthul. Pieter Erasmus en

Lujuan Buitendagh (albei Northmec-areabestuurders) klink ‘n glasie op dié nuwe stroper, nadat dit

aan gaste bekend gestel is.

8: Die Magnum 380 CVT-trekker word vir die eerste keer aan gaste vertoon. Die bekende trom-

speler, Ghapi, was een van die gaskunstenaars en het die onthulling van die twee uitblinkprodukte

ingelei met sy energieke tromspel.

Foto: Verskaf

5

7b

6

7a

7c

8

In dié twee bylaes kan jy die jongste

LNR Kultivarevaluasies van die gewasse kry.

Skandeer dié kode en kyk na die

kultivaraanbevelings aanlyn.