SA Graan Julie 2014 - page 6

Julie 2014
4
e
k dink ek begin so iets verstaan
van produsent-wees wanneer
die wind wes waai en die graan-
plantjies is nog net so kniehoog-
te en die son brand. Kort voor
die verkiesing het die wind wes
begindraai inPretoria.
Alle gesprekke met die regering het óf oor
grondhervorming óf oor swartbemagtiging
gehandel. Die onderhandelaars (aan beide
kante) was nie meer oop om na mekaar te
luister nie en daar is aanvaar dat baie van die
uitsprake en droë westewinde ná die verkie-
sing in reënbuie sal verander.My belewenis is
dat dit beslisniediegeval isnie, inteendeel die
windewaai baie erger.
Die volgende vier jaar gaan besonder moei-
like jare in Pretoria wees. Huidige politieke
doelwitte en landbou se ekonomiese realiteite
gaan bitter moeilik versoenbaar wees. Daar is
slimmense wat sê dat ‘n mens nie van leier-
skap baie leer as dit goed gaan nie, maar wel
as dit baiemoeilik gaan. Dit is nou sulke tyd.
Ons het almal se ondersteuning nodig om ons energie en fokus op
die regte sake te hou. Die Minister van Landelike Ontwikkeling en
Grondhervorminghet soewedie ander dagop televisiegesêdat die
grondsake van ‘n rasgedrewebasis na ‘n klasgedrewebasis verskuif
het. Aswit en swart produsente almal vir die regeringdieselfdeding
sê: “Ons kan nie 50% van ons plase vir onswerkers verniet weggee
nie!” dangaanditmeer oor ryk en arm as oorwit en swart.
Hoedit ookal sy, daar isnie ‘nmanierwaaroponspolitiekedoelwitte
van ekonomiese realiteite kan skei nie. Wonder so in my binneste
of dieminister al met sy kollega van Tesourie oor sy voorstelle ge-
praat het?
Daar is nie ‘nmanier waarop Suid-Afrika (nogal tydens ‘n resessie),
dit kanbekostigomdie landbousektor tevernietignie. Voedselseker-
heid is die enkele faktor wat regerings tot ‘n val kan bring – sommer
oornag. Ek kan nogal aan ‘n hele paar ouens daar in die parlement
dinkwat sit en lippe aflek vir diedag as daar niemeer genoeg kos in
die silo’s is nie.
Virmy bly die vraag: “Wat staan ons nou te doen?”Om noumekaar
te beskuldig enmet klippe te gooi, sal nie help nie. Graan SA het in
Februarie 2014 ‘n klompie leierprodusente byeen gehad om te kyk
of daar nie dalk iewers ‘n haas uit die hoed gepluk kanword om die
grondhervormingsprobleemop te los nie.
Daar was baie planne ja, maar die sogenaamde
silver bullet
het ons
ontduik. Ek kan nie anders as om te dink dat die enigste oplossing
maar sleggaanweesvir al diepartyenie.Dit is tweepartye,waarvan
eenal diepolitiekemaghet eneenal dieekonomiesemag. Leierskap
kanwel maak dat ons nie albei indie proses vernietig ennet ‘n slag-
veld vir ons kinders agterlaat nie.
Hierdie situasie laatmydink aan ‘ndag langs dieHartsrivier in 1982.
Daar was ‘n vloed en ‘n trekker en sleepwa met ‘n klompie plaas-
werkers is deur die water meegesleur. Hierdie luitenant moes met
sy troepe al langsdie rivier indie slik gaan stapennamoontlikeoor-
lewendes soek. Dieeerstepersoonwat onsgekryhet, het halfpad in
die rivier inaan ‘nboomvasgehaak. Almal het dit gesienen saamge-
drom, maar niemand het ingespring nie. Almal het rondgekyk en
raad gegee, maar niemand het iets gedoen nie, totdat die luitenant
beginuittrek het en ingespringhet.
Die tyd het aangebreek dat ons nuwe en ou landbouleiers nou hand
opsteekendiesaakbeginhanteer terwillevanonsalmal se toekoms.
Kom ons ondersteun hulle en bid vir wysheid en verantwoordelik-
heidomdie saak by te lê.
Daar is ‘n droogte in Pretoria
JANNIEDEVILLIERS,
uitvoerende hoofbestuurder/CEO
Huidige politieke
doelwitte en landbou se
ekonomiese realiteite
gaan bittermoeilik
versoenbaarwees.
STANDPUNT
POINTOFVIEW
GraanSA
1,2,3,4,5 7,8,9,10,11,12,13,14,15,16,...100
Powered by FlippingBook