SA Graan Julie 2014 - page 3

1
July2014
Ontmoet ons
medewerkers...
j
olanda Nortjé (bestuurder:
Laboratorium, Suider-Afrikaan-
se Graanlaboratorium) het
op ‘n plaas naby Devon in die
Hoëveld van Mpumalanga groot-
geword. Sy was daar op laerskool
en toe op Hoër Volkskool in
Heidelberg, gevolg deur ‘n B.Sc
Agric Voedselwetenskap-graad aan
dieUniversiteit vanPretoria.
Haar loopbaan begin in 1995 in die Reologiese-afdeling in
Tegniese Dienste van die Koringraad. In November 1997 word
sy, nádie stigtingvandieSuider-AfrikaanseGraanlaboratorium,
aangestel as analis en is ná byna 17 jaar steeds daar werksaam.
“Die plaaskind inmy voel tuis in die landboubedryf. Mywerk is
vol uitdagings en ek leer steeds elkedag iets nuuts.”
Sy is getroudmet Corrie en in haar vrye tyd geniet sy dit om te
lees, fliek te kyk enmusiek te luister. Vir hierdie uitgawe het sy
“‘nKwaliteit-oorsigvandie2012/2013-seisoen semielie-oes”op
bladsy 80geskryf.
S
uid-Afrika het vir die 2014/2015-bemarkings-
jaar ‘nuitvoerbare surplusmielies van
byna 1,8miljoen tongeproduseer. GraanSA
projekteer dat 600 000 tonhiervangeelmielies
enongeveer 1,2miljoen tonwitmielies is. Ons sal
voortdurendnuweuitvoermarktemoet ontwikkel
om seker temaak dat die jaarlikseuitvoersurplus
uitgevoerword voordatmielies indieNoordelike
Halfrondlandegeoesword. Volgens
WESSELLEMMER
en
WANDILESIHLOBO
(albei vanGraanSA) kan Iranpotensieel ‘n
belangrikeuitvoerbestemming vir Suid-Afrikaanse
mieliesword indiendie land aandiebuiteland se
sanksievereistes voldoen.Meer op
bladsy 88
.
M
et kunsmis as produksie-inset wat om en
by 35% van ‘ngraan- enoliesadeprodusent
se lopendeproduksiekosterekeningbeslaan,
is dit baiebelangrik dat dieprysewat plaaslike
produsente vir kunsmismoet opdok,met dié van
die internasionale kompetisiemoetmeeding. Lees
CORNÉLOUW
(GraanSA) se artikel “Die randpla
Suid-Afrikaanse kunsmispryse” op
bladsy 46
.
H
oublaarmyner ‘ngevaar in vir koring engars
onder besproeiing?Wel, as ‘nmens in ‘n land
instapwaar blaarmyners opsigtelik teenwoordig is,
sal jou antwoordophierdie vraagonmiddellik “Ja”
wees.Maar is dit werklik so?
GODDYPRINSLOO
(LNR-Kleingraaninstituut) stel op
bladsy 84
onder-
soek in.
MEDEWERKERS
vir hierdie uitgawe
ErikAdriaanse, NicoBarnard, PietmanBotha, Cobus Burger,WilliamDeale, ChrisDannhauser,WayneDegnan, JanniedeVilliers, Jonathan Etherington, Petru Fourie,
Ruan Fourie, AndreasGransee, JanGreyling, Ronel Hendriks, Koos Kirsten, BenKrog,Wessel Lemmer, Hans Lombard, Corné Louw, RudiMassyn, JacquesMillen,
EugeneMuller, AndréNel, JolandaNortjé, PJ Pieterse,GoddyPrinsloo,Wandile Sihlobo, Chris Schmidt,Gerrie Smit, Hendrik Smith,Wayne Truter,Gerrie Trytsman,
Johan vanBiljon, Leon vanRensburg, André vander Vyver, DavidViljoenenWillemVoogt
l
aurika Rauch se liedjie “O so sentimenteel” was nog altyd een
vanmy gunstelinge. Ek is noumaar eenmaal ‘n sentimentele per-
soon. (Inteendeel, ek het ’n goeie skoot daarvan weg – soos wat
ons lesers sekerlik al uitmy redakteursbriewe agtergekomhet!) En
dit maak dat ‘nmens nogal ‘n opgaarder of versamelvoël raak. Ek
het ‘n versameling ou enemmelware; ou kameras, ou blou botteltjies,
muurhorlosies en aardbolle. As ek by ‘n antiekewinkel wil inloop of na
‘n kunstefees toewil gaan, sêmyman al: “Onthou, daar isniemeer plek
indiehuis nie!”
Baie dinge in ons huis is gekoppel aan ‘n herinnering in my/ons lewe
– hetsy aan ‘n ouma of ‘n ouerhuis of ‘n lekker vakansiewaar ons êrens
was. Baiedaarvan iswel weggepak in ‘n kas of ‘n tas, ongebruik. Net so
nouendanhaal ekdit uit endinknostalgies terugaandie “goeieoudae”.
So is my lessenaar se laaie vol tekeninge en “briefies” vanmy kinders
– ek kan dit net nie oor my hart kry om dit weg te gooi nie. En as ek so
besig is om te werk en ek kom onverwags op een van hulle tekeninge
af, kan ‘nmens nie anders as om te glimlag nie. Iemand skryf nou die
dag: “As dit by sentimentele waarde kom, is dit baie moeilik om iets
weg tegooi, want ‘nmens hegdieherinneringe van kosbareoomblikke,
gevoelens enmense aan die spesifieke item en alhoewel ‘nmens altyd
die herinneringe in jou hart sal saamdra, is die verlies van ietsmet sen-
timentelewaardemaar altyd swaar.”
Hierop sê ek: “Amen”.
In hierdie uitgawe
Vir hierdie Julie-uitgawe het ons ‘n spesiale fokus op bemesting. Kuns-
mis en kalk beslaan sowat ‘n kwart tot ‘n derde van die direk toedeel-
bare kostevanmielieproduksieen speel gevolglik ‘nbelangrike rol indie
winsgewendheid daarvan. Om die winsgewendheid aanvaarbaar te
hou, isdit noodsaaklikdat die kwaliteit vandie insettehoogmoetwees.
Dit isdus teverstanedat ‘nprodusent hoëkwaliteit kunsmisen kalk teen
die beste moontlike prys wil bekom om optimale graanproduksie en
grondbenutting te verseker.
Produsente moet weer onthou dat grondontledings die sleutel tot ‘n
suksesvolle bemestingsprogram is. Monsters wat korrek geneem is,
kanverseker dat kunsmis effektief toegedienwordomdieverwagteop-
brengs tebehaal. In
SAGraan/Grain
se spesiale fokusopbemestinghet
verskaffers die geleentheid om aan produsentemeer inligting oor hulle
produkte en dienste te verskaf sodat die produsent ‘n ingeligte besluit
oor sybemestingsplan vir dienuweplantseisoen kanneem.
Lees gerus Ronel Hendriks (ABM Afrika Divisie) se artikel “Die rol
van ‘biologiese kunsmis’ in volhoubare landbou” – bladsy 18; Cobus
Burger (SGS NviroCrop) se artikel op bladsy 22 “Kalk- en gipstoedie-
nings: Hoeveel enwatter tipe kalk is nodig om produksie te verhoog?”;
“‘n Paar gedagtes oor die bemesting van sojabone” van Nico Barnard
(Pannar Saad) – bladsy 26, asook “Die rand pla Suid-Afrikaanse kuns-
mispryse” – Corné Louw (Graan SA), bladsy 46; en Johan van Biljon
(Kynoch Kunsmis) se artikel “Pasop vir té slim raak” – bladsy 51. ‘n Te-
rugblikwordook gegeeoor FertASA se kongres (bladsy 35).
Lekker lees tot volgendemaand!
ESTIEDEVILLIERS,
redakteur
VOORPUNT
1,2 4,5,6,7,8,9,10,11,12,13,...100
Powered by FlippingBook