Background Image
Previous Page  9 / 68 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 9 / 68 Next Page
Page Background

7

WAARHEID

Om die

te sê...

KANTLYN

Op die

Suid-Afrika ervaar tans die derde droogste seisoen – wat aangeteken is – sedert 1960. Volgens reënvalsyfers wat deur die

Suid-Afrikaanse Weerdiens aangeteken is, is dit die droogste seisoen sedert die uitmergelende droogte van 1991/1992.

South Africa is currently experiencing the third driest season – which has been recorded – since 1960. According to rainfall that

was recorded by the South African Weather Service, this is the driest season since the grueling drought of 1991/1992.

Gee gerus jóú mening van die kantlyn af:

estiedv@mweb.co.za

083 490 9449

30,84%

Die wisselkoers het vanaf Desember 2014 tot Desember 2015 met

30,84% verswak: Vanaf R11,48 tot R15,02 teenoor die VSA-dollar.

– Corné Louw,

Inset-oorsig

, bl 41 van dié uitgawe

February 2016

NB DATUMS IN 2016

2 en 3 Maart:

Graan SA Kongres op NAMPO Park

17 tot 20 Mei:

Graan SA se NAMPO Oesdag op NAMPO Park

Dagsê Kleinneef

Jislaaik en hoe verlang ek nie nou terug na my grootword-

dae daar in die dorre Ceres-Karoo nie! Ek verwys nou na

jou skrywe in

SA Graan/Grain

Januarie 2016.

Daardie soort droogtes waarvan jy praat en wat ons nou so knel, ken

ek maar al te goed. As die Karoo droog is, is hy nie vaal nie, hy is swart.

En van knipmesse ken ek ook, want Pappa het altyd so ‘n vlymskerp

knipmes, ‘n Joseph Rodgers as ek reg onthou, in sy kakiebroek se sak

gedra. Van beesbiltonge het ons nie juis geken nie, maar so ‘n paar

steenbokbiltongetjies het ons saans saam met plaasbrood, botter en ‘n

beker warm melk geniet.

Wanneer die droogte ons skape afgemaai het en die lammers het gevrek

of moes dalk keelaf gesny word, het jy ‘n ordentlike mes nodig gehad.

Om ekstra geldjies te verdien, het Pappa tuie gemaak en daarvoor het jy

ook ‘n baie skerp messie nodig, want riempies sny moet baie noukeurig

gedoen word – almal ewe breed, of liefs ewe smal. “As jy lammers merk,

sukkel jy nie met ‘n parraslagter nie!” hoor ek nou nog Pappa se stem.

Nee wag, voor ek te liries raak, sê ek liewer totsiens en mag die reën

spoedig kom: Hier is ‘n groot nasie wat gevoed moet word. Ons glo

alles sal regkom, want die Here is getrou en Hy sal sorg!

Groetnis van huis tot huis!

Ria van Wyk

Worcester