Background Image
Previous Page  10 / 68 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 10 / 68 Next Page
Page Background

ALZENA GOMES,

skakelbeampte: Graan SA

LEDE-LANDSKAP

‘n 180°-blik op ons lede en tak-akt iwiteite

Waardevolle lesse met nuwe era-boere

gedeel tydens Kaapse toer

g

raan SA se Graanprodusentontwikkelingspro-

gram het in November verlede jaar ongeveer

15 nuwe era-boere op ‘n toer deur die Suid- en

Wes-Kaap geneem. Die doel van hierdie toer was

om die boere meer blootstelling aan verskeie

boerderypraktyke, bestuurstyle asook aan die

waardeketting en verskeie bedryfsrolspelers te gee.

Boere wat hierdie toer meegemaak het, is hoofsaaklik

graanboere vanuit Velddrif, Piketberg, Moorreesburg, Hope-

field, Darling, Ceres, Elim, Spanjaardskloof en Slangrivier en

het van groot tot kleiner boere ingesluit. Die groep het in die

Paarl ontmoet vanwaar die toer afgeskop het. Die atmosfeer

van opgewondheid in die bus was tasbaar met nuwe ont-

moetings asook ou vriende wat mekaar vir die eerste keer in

‘n lang tyd weer gesien het.

Die Wes-Kaap-gedeelte van die toer het besoeke aan

Meadow Voere, Koos Blanckenberg (van Klipheuwelplaas),

die Sasko Meule, dr Johann Strauss (Wes-Kaapse Departe-

ment van Landbou se Langgewensproefplaas) en Tomi’s

Slagpale ingesluit.

‘n Besoek is ook afgelê aan mnr Ismail Motala (vrugteprodu-

sent en voorsitter van AFASA), waarna die toer na die Suid-

Kaap beweeg het. Hierdie besoeke het prof Robin Meeske

en sy navorsingspan (by die Wes-Kaapse Departement van

Landbou se Outeniquaproefplaas), mnr Jan-Hendrik Joubert

(van die plaas Uitkyk), mnr Dirk van Papendorp (mentor van

die Suurbraak Grain Farmers) asook mnr Pietie Uys (buite

Swellendam) ingesluit.

Die omvang van teoretiese en praktiese inligting, bestuurs-

praktyke asook beginsels wat hierdie produsente en rolspelers

in só ‘n kort tydperk aan die nuwe era-boere oorgedra het, is

voorwaar indrukwekkend. Die eerlikheid van alle vrae en ant-

woorde was opvallend – wat baie waarde tot elke besprekings-

punt toegevoeg het en tot dieper insig gelei het.

Die temas wat soos ‘n goue draad deur die hele toer geloop

het, was die beginsels van bewaringsboerdery, goeie be-

planning, samewerking en om alle besluite op gesonde be-

sigheidsbeginsels te baseer. Graanprodusente en rolspelers

in die bedryf met jare ondervinding het verder waardevolle

raad wat hulle tot vandag self toepas gedeel, naamlik om

aan te hou vrae vra, te lees, te leer, om aanpasbaar te wees

en om dit wat jy doen, altyd op die eersgenoemde beginsels

te baseer.

LIANA STROEBEL,

ontwikkelingskoördineerder: Graan SA

Hoogtepunte van die toer

‘n Paar opmerkings van persone wat die toer bygewoon het:

“Vir my was dit ‘n hoogtepunt om gesprekke met ander produsen-

te te hê en te besef dat hulle dieselfde uitdagings as ek ervaar en

die besef dat as ons saamwerk, ons hierdie uitdagings kan oorkom.”

– Samantha Smiles, DEHS Farming

“Ek het die toer baie leersaam gevind en idees gekry wat ek kan ge-

bruik. ‘n Hoogtepunt vir my was om te sien hoe hierdie kommersiële

produsente bereid is om inligting te deel.” – Andries van der Poll,

Klipdrift

“Die hoogtepunte van die toer was vir my om te besef dat boerdery

met presisie bedryf kan word; dat mens geduldig moet wees; hoe

ons saam met Moedernatuur moet werk om die volhoubaarheid van

die grond te verseker en hoe ons die grond kan bestuur om natuur-

like grondstowwe te behou.” – Hamilton Klaase, Welbeloon

“Dit was baie interessant en ek het baie geleer. Die besoeke wat ek

die meeste geniet het, was ons besoeke aan Koos Blanckenberg en

Jan-Hendrik Joubert.” – Abraham Nathan, Knolkop

“Ek het dit baie geniet, het baie geleer en sal nog meer wil leer. By

Sasko Meule was dit vir my baie interessant om te sien hoe hulle die

meel maal en verpak.” – Lukas Cleophas, Knolkop

“Daar is beslis idees en praktyke wat ons kan saamneem na ons

boerderye toe en wat ons kan toepas. Wat vir my uitgestaan het,

is die goeie samewerking tussen die broers by Koos Blanckenberg.

Ek het baie by die proefplase geleer en verstaan ook nou beter

waarheen die bemesting gaan en die voordele wat dit inhou. Daar

was by elke besoek iets wat van toepassing was op ons plaas.”

– Hilton Papier, Theewatersvlei

“Ek kyk nou met ander oë na ons besigheid en bewaringsboerdery is

‘n móét. Ek sal die goue reëls wat ek geleer het, gaan toepas en elke

dag my beste gee.” – Preline Swart, Swart Boerdery

“Die toer was baie leersaam. Dit was goed georganiseer en by elke

besoek was daar baie praktiese sowel as tegniese inligting beskik-

baar. Inligting wat ek kan terugneem plaas toe, sluit in: Dat bewa-

ringsboerdery die toekoms is; dat ons vir die natuur moet omgee;

dat mens ‘n leier moet wees in dit wat jy doen; dat mens moet vra,

bel,

Google

, dink, beplan en geniet wat jy doen.” – Byno van Huffel,

Meulenhof

Februarie 2016

8