Background Image
Previous Page  6 / 68 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 6 / 68 Next Page
Page Background

4

d

ie voortdurende hitte en boodskappe van ons graan-

produsente gedurende die Desembervakansie het my

in die eerste week van Januarie dié jaar genoodsaak

om in die motor te klim en self te gaan kyk wat aangaan.

Hoe sou ek die Minister kon adviseer as ek dit nie

eerstehands gesien het en dít wat in die lande aangaan self beleef

het nie? Dit was nie maklik nie. Een van my uitstaande persoon-

like doelwitte van 2015 was: “

Take a trip to break your heart

.” Dit is

presies wat ek gedoen het: 1 248 km en 258 foto’s later. Ek het tot

die besef gekom dat ek maar min verstaan het van wat dit presies

beteken toe ek dié woorde in Januarie verlede jaar in my stiltetyd-

joernaal neergeskryf het.

Ek het dit so stilletjies as moontlik probeer doen, amper soos

Nehemia wat in die aand die mure van Jerusalem gaan inspekteer

het. Teen die middel van die tweede dag het die media my opge-

spoor en wou almal weet wat ek sien. Ek het in Sannieshof onder

‘n boom, waar dit 37°C was, my gedagtes en emosies probeer

verwoord. Hoe kan ‘n mens al sy emosies in woorde omsit sodat

ander dit ten volle kan verstaan? Wie is ek om te probeer om pro-

dusente se emosies oor hul plase en hul mense te omskryf en die

diere wat nie verstaan waar die gras en water is nie?

Langs die pad gee my “drywer” (jongste seun)

vir ‘n man wat in die bloedige son al sowat

20 km gestap het om op die dorp te kom, ‘n

botteltjie koue water, terwyl ek die beste

foto van mielies wat in die hittegolwe verlep,

probeer neem.

In elke dorp waardeur ons ry, sien ek hoe die

hoeveelheid groen Jojo-tenks toegeneem

het. Die persoon wat nog twyfel dat water

ons volgende krisis is, moet maar self mooi

gaan kyk. Elektrisiteit kan ons vervang en self

genereer, maar water?

Ek hoor van die nuwe rekordtemperature in

die Swartland en die Weskus en bedags hou

ons die gordyne van die huis toe, sodat die

huis “koel” kan bly – nes my ouma Dollie

dit altyd Desembervakansies op Brandkop

gedoen het.

Hoe nou gemaak? Wat is die boodskap van die versengende hitte

en droogte? Wie moet dit hoor en wie moet wat daaromtrent doen?

Dit is die gedagtes wat oor en oor in my kop maal.

Elke landbouer en elke landboubesigheid en -organisasie gaan hier-

die jaar groot druk beleef. Saam staan en saam oorleef – dit is wat

ons sal moet doen.

Wat behels dit vir ons as Graan SA? Ons sal moet seker maak dat

ons al die nodige inligting het en dat ons kennis dra van die presiese

behoeftes van ons lede sodat ons behoorlik namens hulle kan praat

oor wat nodig is om in 2016 te kan oorleef. Ons sal nog daar wil

wees as die mense in die toekoms oor die 2016-droogte praat. Dan

sal ons vertel hoe ons dit oorleef het en wat ons gedoen het, sodat

ander weer moed ingepraat kan word.

Ek het nie enige slim raad om met julle te deel nie, behalwe my

geloof in God. Hy gee die goeie jare en ook die swaar jare. Kom

ons bly Hom vertrou en op Sy beloftes staan. Hy het klaar die straf

vir ons gedra en is nie besig om ons te straf nie, maar is besig om

vir ons iets te probeer sê. Kom ons vind saam uit wat dit vir elkeen

van ons is en handel dan in gehoorsaamheid.

‘n Hartverskeurende reis

JANNIE DE VILLIERS,

uitvoerende hoofbestuurder/CEO

Hoe nou gemaak? Wat is die

boodskap van die versengende

hitte en droogte? Wie moet

dit hoor en wie moet wat

daaromtrent doen?

STANDPUNT

POINT OF VIEW

Graan SA

Februarie 2016