Background Image
Previous Page  14 / 68 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 14 / 68 Next Page
Page Background

12

Landbougemeenskap

bid saam

D

ie Fanie Ferreira-saal het behoortlik uit sy nate gebars soos

gemeenskappe, produsente en plaaswerkers wat onder

dieselfde knellende droogte gebuk gaan, met ‘n universele

doel bymekaargekom het. Met die moeilike ekonomiese

en klimaattoestande het Graan SA ‘n biddag vir Suid-Afrika en vir

landbou op 27 November verlede jaar op NAMPO Park gehou. Jonk

en oud het dié inisiatief ondersteun.

Gewilde sanger, Heinz Winckler, het die lofprysing gelei waarna

Dawie Spies ‘n boodskap oor hoop en God se genade gelewer het.

Kleingroepe is ook gevorm waar daar onder andere vir die land se

ekonomie, misdaad, landbou en die klimaat gebid is.

1,2,3 en 4: Die groepbidsessies het verskeie relevante gebedstemas

behels.

5: Heinz Winckler lei die lofprysing.

6: Gesellige samesyn voor die diens begin. Jannie de Villiers

(uitvoerende hoofbestuurder: Graan SA), Andries Theron

(visevoorsitter: Graan SA), Corné Louw (senior ekonoom: Graan SA),

Werner Jerling (Pretoria), Jaco Breytenbach (hoofbestuurslid:

Graan SA) en Cobus van Coller (hoofbestuurslid: Graan SA).

7: Dawie Spies gee ‘n boodskap van hoop en genade.

8: Kobus Steenekamp (besigheidsbestuurder: Monsanto SA),

Jannie de Villiers, Dawie Spies en Heinz Winckler.

GRAAN SA

ELMARIE HELBERG,

SA Graan/Grain

medewerker

1

2

3

6

5

4

7

8