Background Image
Previous Page  15 / 68 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 15 / 68 Next Page
Page Background

Tydskrif neem afskeid

van sy hoofjokkie

T

ydens

SA Graan/Grain

se jaarlikse Redaksiekomitee-

afsluiting in November verlede jaar, is daar afskeid geneem

van mnr Johan Loxton (bestuurder: Kommersiële Dienste),

wat sedert 1996 as deel van sy portefeulje die besturende

redakteur van die tydskrif was. Loxton het in 2015 afgetree.

Mnr Theo Ferreira (voorsitter: Redaksiekomitee, Graan SA) het

tydens die geleentheid sy dank en waardering teenoor Loxton,

wat die afgelope 19 jaar aan hoof van die tydskrif gestaan het, uit-

gespreek. Onder Loxton se hand het die tydskrif relevant gebly en ‘n

gewilde advertensiebestemming geword.

“Ons neem afskeid van ‘n man wat nie geskroom het om van koers

af te wyk nie sodat die tydskrif vandag in eie reg ‘n bestaan het.

Die tydskrif is finansieel onafhanklik – sekerlik een van die grootste

uitdagings vir só ‘n tydskrif.

“Ja, dit is sekerlik ‘n spanpoging, maar die jokkie van die span

neem die leiding en gee die

spark

wat aan almal in die span daardie

ekstra ‘woema’ gee. Johan, jy was sowaar daardie jokkie gewees;

jy het elke oomblik presies geweet waarheen jy met die tydskrif

op pad is en alle eer aan jou wat meer as die doel bereik het wat

jy vir jouself daargestel het,” het Ferreira afgesluit. “Jy het ‘n sterk

platform geskep waarop dié span net kan voortbou.”

Ferreira het ook die tydskrif se medewerkers bedank vir hulle

insette en harde werk om waardevolle inligting en kennis aan die

lesers van die tydskrif oor te dra.

In gesprek met Loxton

SA Graan/Grain

het met Loxton gaan gesels kort voor sy uittrede

by die tydskrif. Op ‘n vraag wat vir hom as hoogte- en laagtepunte

by die tydskrif uitstaan, antwoord hy sonder om te skroom: “Daar

was vir my baie hoogtepunte – veral elke keer as die tydskrif ver-

nuwe is en die standaard net weer verbeter het. Dit staan vir my uit.

“Dan natuurlik ook die positiewe terugvoer wat ons van ons lesers

en adverteerders gekry het. Ook die goeie sameweking met die

diensverskaffers, veral Kolbe Media en Infoworks. Die hele Redak-

siekomitee het ook altyd so positief saamgewerk.

“Daar was nie vir my regtig laagtepunte nie...dit was wel altyd ‘n

uitdaging om voortdurend te bly verbeter!

“Ek is die trotsste op die groei van die tydskrif – op alle gebiede – en

die erkenning wat dit geniet. Ons het gehou by die pilare waarop die

tydskrif oor jare gebou en gevestig is:

Fokus op kommersiële graan- en oliesadeprodusente en die

doel van die tydskrif: Om by te dra tot Graan SA se visie om te

verseker dat die produsent se boerdery winsgewend en vol-

houbaar is en bydra tot voedselsekerheid in die land.

Kwaliteit redaksionele inhoud.

Goeie samewerking met en goeie ondersteuning deur diens-

verskaffers.

Goeie finansiële bestuur.

Goeie produksiebestuur en kwaliteitskontrole.

Pad vorentoe

Die tydskrif word sedert 1 November 2015 deur Infoworks Media

Publishing bestuur. Mnr Johan Smit (bestuurder: Infoworks)

tree as besturende redakteur op en sal vanaf 1 April vanjaar aan

dr Dirk Strydom, die nuwe bestuurder: Graanekonomie en Be-

marking, rapporteer. Vir die interim ressorteer die tydskrif onder

mnr Nico Vermaak (bestuurder: Korporatiewe Dienste).

Die advertensiebemarking van die tydskrif word steeds deur

mnr Jurgen van Onselen van Kolbe Media hanteer en me Estie

de Villiers (redakteur) is oudergewoonte op haar pos om om te sien

na die maandelikse verskyning van die tydskrif.

Loxton is steeds op ‘n kontrakbasis verantwoordelik vir die organi-

sering van Graan SA se NAMPO Oesdag.

13

February 2016

GRAAN SA

ESTIE DE VILLIERS,

redakteur:

SA Graan/Grain

Blywende nalatenskap

Ek wil graag namens Graan SA vir Johan dankie sê vir die profes-

sionele manier waarop hy die tydskrif vir baie jare bestuur en met

groot stabiliteit in die markplek gevestig het.

Hy het ‘n baie bekwame span gelei om altyd nuwe denke in te

bring en seker te maak dat die basiese beginsels waarop die tydskrif

geskoei is vervul word. Die tydskrif is ‘n vaktydskrif om die produk-

tiwiteit van ons graanprodusente te verbeter. Die verhoudinge

met ons vennote het oor tyd gegroei om standvastigheid te bring.

SA Graan/Grain

speel ‘n belangrike rol in ons visie om produsente

ingelig te hou wat die nuutste navorsing en marktendense betref.

Personeel word vergoed vir hulle poging om hulle werk na behore

te doen, maar die

SA Graan/Grain

-tydskrif is ‘n blywende nalaten-

skap wat Johan vir die graanbedryf nalaat. Baie dankie.

– Jannie de Villiers (uitvoerende hoofbestuurder: Graan SA)

1: Theo Ferreira, Willem Voogt (toe nog bestuurder: Bemarking en

Finansies, Graan SA) en Johan Loxton tydens die Redaksiekomitee-

afsluiting verlede jaar op NAMPO Park waar daar ook afskeid van

Loxton geneem is en hy bedank is vir sy jarelange betrokkenheid

by die tydskrif.

2: Johan Smit, links, en Jurgen van Onselen (Kolbe Media), regs, het

‘n aandenking aan Johan Loxton oorhandig. ‘n Paar van die tydskrif se

voorblaaie, met Loxton se foto op die voorblad ingevoeg, is geraam en

aan hom oorhandig. Loxton het die komitee bedank vir hulle onder-

steuning en samewerking. Volgens hom was die Redaksiekomiteever-

gaderings van die lekkerste vergaderings om by te woon.

1

2