Background Image
Previous Page  12 / 68 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 12 / 68 Next Page
Page Background

Februarie 2016

10

Openlik en eerlik tydens

Wes-Kaap-boeredae gesels

n

uwe era-graanboere in die Suid-

en Wes-Kaap het in Desember

verlede jaar twee boeredae (aan-

gebied deur Graan SA) by Fyn-

bos Estate buite Malmesbury

en op Wildebraam Bessieplaas

buite Swellendam bygewoon.

Albei vergaderings is goed bygewoon deur

nuwe era-boere, mentors, die Wes-Kaapse

Departement van Landbou asook verskeie

plaaslike bedryfsrolspelers. Die hoofdoel

van hierdie dae is om mense byeen te bring

om sake te bespreek, te dink en oplossings

vir plaaslike uitdagings te vind.

Geleenthede soos hierdie skep ook ‘n ge-

sonde platform vir nuwe era-boere om met

plaaslike insetverskaffers en rolspelers ken-

nis te maak en verhoudings te bou.

Ons was geëerd om uitstekende sprekers

te ontvang. Me Carol Levindal van die Wes-

Kaapse Departement van Landbou, het ‘n

insiggewende voorlegging gelewer rakende

die departement se strategiese doelwitte,

die kommoditeitsbenadering, die werking

van die departement se CASP-befondsing

en ook die moontlikhede en beperkinge

van hierdie tipe befondsing in perspektief

geplaas.

Mnr Barend Sylvester van Kaap Agri, het

meer van die landboumaatskappy se wer-

king en beskikbare dienste vertel, terwyl

prof Johan van Rooyen van die Sentrum vir

Agribesigheid Ontwikkeling en Leierskap

aan die Universiteit van Stellenbosch, ons

nuwe era-boere en mentors se denke ge-

prikkel het met insiggewende inligting ra-

kende verskeie benaderings tot mentorskap

en beskikbare programme om mentors te

ondersteun.

Mnr Noko Masipa, van Land Bank, het meer

van die bank se struktuur en strategie vertel,

mnr Willem Burger, kredietbestuurder van

SSK, het boere ingelig oor die koöperasie

se agtergrond, missie, finansiële statistiek,

uitstekende vordering met nuwe era-boere

se lidmaatskap, stelsels wat in plek gestel is

om hierdie boere te ondersteun asook wat

hul vir die toekoms beplan.

Mnr Dirk van Paperdorp, produsent en men-

tor van die Suurbraak Graanboeregroep, het

sy gedagtes, raad en ondervinding oor die

vreugdes, uitdagings en oorwinnings van

mentorskap gedeel.

Laastens het mnr Byno van Huffel, van

Meulenhofplaas buite Ceres en mnr Johan-

nes Hartnick, voorsitter van Oliebooms-

kraal Boerdery Koöperasie in Slangrivier,

terugvoer oor die Graan SA Wes-Kaapse

toer vir nuwe era-boere gegee en ook

op hul beurt die Departement van

Landbou en spesifiek me Joyene Isaacs

bedank vir die departement se onbaatsug-

tige bystand en die ondersteuning wat aan

nuwe era-boere in die Suid- en Wes-Kaap

verleen word.

Relevante vrae is deur verskeie rolspelers

by die onderskeie vergaderings gevra, wat

gesonde gesprekke en debatte aan die gang

gesit het. Boere het ook die geleentheid ge-

kry om hul bekommernisse en uitdagings

met rolspelers te deel.

Ons glo dat daar ‘n groot behoefte is aan

meer geleenthede soos hierdie, waar daar

rustig, openlik en eerlik gepraat kan word,

waar boere en rolspelers hul gedagtes

sonder oordeel kan deel, waar wanpersep-

sies uit die weg geruim word en waar op-

lossings en samewerking aan die orde van

die dag is.

Ons wil die Wintergraantrust graag hartlik

bedank dat hulle dae soos hierdie vir ons

moontlik maak. Dit is van groot belang vir

die graanbedryf om hierop te bou.

LIANA STROEBEL,

ontwikkelingskoördineerder: Graan SA

1: Boere in gesprek tydens die boeredag wat op Fynbos Estate,

Malmesbury gehou is.

2: Carol Levindal het ‘n insiggewende voorlegging rakende die Wes-Kaapse Departement van

Landbou se strategiese doelwitte gelewer.

3: Daar word aandagtig na prof Johan van Rooyen geluister.

4: Noko Masipa het meer van Land Bank se struktuur en strategie vertel.

5: Willem Burger lig boere in oor SSK se vordering met nuwe era-boere se lidmaatskap.

6: Andy Harmse van Suurbraak aan die woord.

1

4

2

3

6

LEDE-LANDSKAP

GRAAN SA

5