Background Image
Previous Page  17 / 68 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 17 / 68 Next Page
Page Background

Grain Guide

now available

in English on web

Nuut aan boord

Graan SA skud vere

reg vir Kongres

A

fter numerous requests from readers it was decided to

publish an English

Grain Guide

on the Grain SA website

this year. The

Grain Guide

contains handy contact details

and essential short ‘how to…’ and step by step articles on

relevant subjects for grain producers.

Please scan the relevant QR code or go to

www.grainsa.co.za/

grainguide2016/

for the English version and

www.grainsa.co.za/

sagrain/graangids2016/

for the Afrikaans version.

G

raan SA het die afgelope jaar weer besin oor die struktuur

en hulpbronne wat nodig is vir die volgende groeifase

van die organisasie. Dit is daarom vir Graan SA aange-

naam om aan te kondig dat dr Dirk Strydom vanaf

1 April vanjaar by ons bestuurspan sal aansluit as bestuurder van

die Graanekonomie- en Bemarkingsafdeling.

Strydom is tans die hoof van die Landbou-ekonomie departement

van die Universiteit van die Vrystaat. Hy is welbekend in landbou-

kringe en in die graanbedryf. Hy sal voortaan vir die bestuur van

alle landbou-ekonomie-, bemarkings- en openbare betrekkinge-

aangeleenthede binne Graan SA verantwoordelik wees.

D

ie Graan SA Kongres word beplan vir 2 en 3 Maart

vanjaar op NAMPO Park.

Die Kongres sal fokus op nuwe realiteite in ‘n veran-

derende klimaat. Gegewe die huidige droogtetoestande en die

impak daarvan op graan- en oliesadeproduksie in Suid-Afrika, sal

dit ook ‘n sentrale tema vir bespreking tydens Kongres wees.

Nuwe realiteite vir ‘n vryemarkomgewing en die impak van

moontlike nuwe statutêre maatreëls en wetgewing, sal ook

tydens ‘n besprekingsessie hanteer word.

Die Kongres word saamgestel uit 372 afgevaardigdes uit

31 streke. Ongeveer 200 gaste en verteenwoordigers van die

media woon ook jaarliks die Kongres by.

Navrae

Navrae oor kongresreëlings kan gerig word aan Nico Vermaak by

086 004 7246.

ADRI THERON,

SA Graan/Grain

contributor

ALZENA GOMES,

skakelbeampte: Graan SA

NICO VERMAAK,

bestuurder: Korporatiewe Dienste, Graan SA

Afrikaanse

Graangids 2016

English

Grain Guide 2016

Dr Dirk Strydom

Afgevaardigdes tydens verlede jaar se Graan SA Kongres.

15

GRAIN SA