Background Image
Previous Page  109 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 109 / 112 Next Page
Page Background

Huidige modelle in die reeks spog almal met ‘n splinternuwe

2,3 liter viersilinder-dieselenjin, wat met twee turbo-aanjaers toe-

gerus is. Die eerste van hierdie turbo’s werk teen laer enjinsnelhede

om turbo-traagheid uit te skakel. Die tweede turbo-aanjaer skop

teen hoër enjinsnelhede in. Hierdie kombinasie van turbo’s sorg

vir meer krag teen alle enjinsnelhede en verhoogde brand-

stofverbruik.

Dié enjin lewer 140 kW teen 3 750 omwentelinge en wringkrag

van 450 Nm, wat tussen 1 500 en 2 500 omwentelinge beskikbaar

is. Die gemiddelde brandstofverbruik is 6,5 liter per 100 km en

dit maak ‘n tenkafstand van meer as 1 000 km met die 80 liter-

brandstoftenk moontlik.

‘n Vierwielaandrywingstelsel kombineer ‘n oordraratkas met ver-

skeie elektroniese hulpmiddels, wat veldryvermoë aansienlik ver-

beter. ‘n Draaiknop in die middelste konsole stel jou in staat om

van twee- na vierwielaandrywing oor te skakel: Die bestuurder kan

teen ‘n snelheid van tot 100 km/h tussen hoë- en laestrek skakel.

In albei vierwielaandrywingsmodusse word die nuwe vastrap-

ewenaarstelsel in werking gestel. Hierdie stelsel bestuur krag-

verspreiding en wielremming tussen die voor- en agterasse en

tussen die linker- en regterkant van die voertuig – afhangende

van vastrap en snelheid. Hierdie stelsel werk ook met die Vehicle

Dynamic Control – die vastrapbeheer waarmee die Navara toegerus

is – asook sluitweer-remme.

Dit alles bewerkstellig vasvoetigheid op die pad en in die veld.

Die luukser modelle het ook wegtrekhulp teen opdraandes en

hulp om teen steil afdraandes te ry. Dit alles word aan die vastrap-

ewenaar gekoppel.

Twee ratkaste is beskikbaar, naamlik ‘n handratkas met ses gange

en ‘n outomatiese een met ratverhoudings wat gekies is om die

wringkraglewering van die nuwe enjin optimaal te benut en ‘n

handratfunksie bied.

Die Navara bied een van die bes toegeruste binneruimte van alle

bakkies op die mark. Hoewel die afmetings nie veel van sy voor-

ganger verskil nie, maak die groter deure dit makliker om in en uit

te klim.

‘n Nuwe instrumentepaneel is een van die verrassings en die hele

reeks het ‘n raakskerm met satellietnavigasie as standaardtoe-

rusting. Die kaarte van hierdie stelsel is in 3D en bevat verkeers-

verslae en ‘n radio wat op een van 30 stasies ingestel kan word.

Daarby kan daar na videomateriaal in verskeie formate, onder meer

DVD, VCD, MP3 en MPEG 4-formaat gekyk word; terwyl USB-poorte

en Bluetooth-verbinding ook ingesluit is.

In die instrumentepaneel is daar ook ‘n uitleespaneel waartoe die

bestuurder toegang kan verkry deur middel van kontroles op die

stuurwiel. Die voorsitplekke van die nuwe Navara is nuut ontwerp

om liggaamsdruk op die sitplekoppervlakte te versprei en moeg-

heid oor lang afstande uit te skakel.

Verhitbare leersitplekke met ‘n elektriese verstelling aan die

bestuurderskant is teen ekstra koste op die luukse modelle

beskikbaar.

Die bakkie kry die Nissan Assured-waarborg en diensplan as

standaard. Die waarborg is geldig vir ses jaar of 150 000 km en

die diensplan vir drie jaar of 90 000 km. Die reeks bestaan uit

die volgende modelle: Die SE-dubbelkajuit teen R514 900, die

LE-dubbelkajuit teen R565 900 en die LE-dubbelkajuit met die

outomatiese ratkas teen R597 700. Die LE-modelle kan met

leerbekleedsel bestel word teen R13 000 ekstra.