Background Image
Previous Page  104 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 104 / 112 Next Page
Page Background

Augustus 2017

102

‘n Blik op die toekoms

van die rooivleisbedryf

D

ie Rooivleisbedryfsforum evalueer tans die voorstelle

wat tydens die onlangse strategiese werkswinkel vir die

rooivleisbedryf gemaak is, met die oog daarop om dit te

implementeer en aansoek te doen vir ‘n statutêre heffing

om die betrokke funksies te finansier.

Die volgende heffingsaansoek vir die rooivleisbedryf sal teen

November 2018 by die Nasionale Bemarkingsraad ingedien word

vir goedkeuring.

Die doelwit is om kostedoeltreffende ingrypings, wat ‘n bydrae

sal lewer om ‘n doeltreffende toekomsstrategie vir die rooivleisbe-

dryf daar te stel, te bewerkstellig.

Die Rooivleis Produsente Organisasie (RPO) is bemoedig deur

die feit dat die RPO-kongres en RPO se uitvoerende raad, die

rooivleiswerkswinkel en die Rooivleisbedryfsforum tot ‘n groot

mate saamstem oor wat die kritiese aangeleenthede in die bedryf

is wat aangespreek behoort te word.

Daar is konsensus dat die volgende funksies in die toekomstige

heffing ingesluit behoort te word:

Die Rooivleisbedryfsforum sal namens die hele bedryf ‘n ska-

kelfunksie verrig in terme van nakoming, transformasie sowel as

navorsing en ontwikkeling.

Dieregesondheid, dierewelsyn, biosekuriteit, vleisveiligheid en

regulatoriese beheer, sowel as handelspromosies (invoere en

uitvoere) moet ingesluit word.

Eie sake sluit in verbruikersbewustheid, produksie-ontwikkeling

en sektor-spesifieke prioriteite en skakeling.

Tydens die nasionale RPO se laaste kongres is daar besluit dat die

volgende funksies in terme van die statutêre heffing verrig

moet word – dit is in lyn met die riglyne wat by die

werkswinkel aanvaar is:

Die vorming van uitstekende verhoudings met regerings-

departemente wat ‘n invloed op die rooivleiswaardeketting het.

Ondersteuning van nasionale strukture wat geskep is om die

rooivleisbedryf te ondersteun, soos die Landbou-aksieplan en

die Nasionale Ontwikkelingsplan.

Ondersteuning van en samewerking met nasionale forums

soos die Dieregesondheidsforum, die Nasionale Veediefstal-

voorkomingsforum, die Landbouhandelsforum en die Predasie-

bestuursforum.

Toegewyde en volhoubare pogings moet aangewend word vir

optimale winsgewendheid in die waardeketting, gebaseer op

vrye markbeginsels en minimum inmenging.

Versameling en verspreiding van bedryfsinligting.

Die forum moet a-polities wees.

Daar is voorgestel dat die Rooivleisbedryfsforum die volgende

funksies sal hê:

Bevordering, beskerming en toepassing van die regte en be-

lange van sy lede en ondersteuning van of teenkanting teen

enige wetgewing wat deur die nasionale, provinsiale en plaas-

like regerings of internasionale organisasies ten koste van die

Rooivleisbedryfsforum se lede ingestel kan word.

Die bevordering en stimulering van produksie-ontwikkeling,

verwerking en verbruikersopvoeding rakende die vraag na

rooivleis, afval, rooivleisprodukte en die rooivleisbedryf as ‘n

geheel.

Die aanstelling van trustees op die Vleisbedryfstrust sowel as

die Rooivleisnavorsing- en Ontwikkelingstrust.

Die aanstelling van direkteure om op enige maatskappye te

dien wat gevorm mag word om dienste aan die rooivleisbedryf

te verskaf.

Nominasie van bedryfsverteenwoordigers aan die beplan-

ningskomitees van Rooivleisnavorsing en Ontwikkeling Suid-

Afrika.

AKTUEEL

GERHARD SCHUTTE,

Rooivleis Produsente Organisasie