Background Image
Previous Page  108 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 108 / 112 Next Page
Page Background

Nissan Navara pronk

by NAMPO Oesdag

t

ydens die afgelope NAMPO Oesdag het Nissan met sy

nuwe Navara-reeks, wat in Maart vanjaar in Suid-Afrika

vrygestel is, gespog.

Nissan het ‘n spesiale uitstallingsruimte gehad, wat ‘n

kompakte 4x4-baan ingesluit het, om die nuwe Navara se

vermoëns ten toon te stel. Oesdaggangers kon danksy ‘n ontblote

Navara, waarvan die kajuit spesiaal vir die Oesdag verwyder is,

sien hoekom die Navara se nuwe onderstel so aangeprys word.

Tegnici het bygestaan om aan omstanders die nuwe agterste kron-

kelveerstelsel met vyf skakels te wys. Die Navara is die enigste

bakkie wat hierdie veerstelstelsel het. Hierdie stelsel kombineer die

vragdravermoë wat ‘n mens van ‘n bakkie behoort te verwag met

die rygerief wat met ‘n sportnutsvoertuig geassosieer word. Dit

verseker verbeterde padgedrag en selfs beter rygerief op grond-

paaie, asook beter vastrap deur vinnige draaie.

Nissan het ook tydens die Oesdag gewys dat die Navara-eienaar

meer bykomstighede tot sy beskikking het – meer as enige ander

bakkie in Suid-Afrika – om sy Navara nog meer indrukwekkend,

sterker en funksioneel te maak.

Onder die bykomstighede is verskillende bosbrekers, onder meer

dié wat die hele voorste stamper vervang en waaraan ‘n wen-as

gemonteer kan word, trekstange, seiltjies en sitplekoortreksels.

Vir dié wat ernstig is oor veldry, kan ‘n swaardiens-opgradering

vir die veerstelsel gekies word, asook pasgemaakte swart XD-

wiele met veelterreinbande.

Navara-modelle

Vir eers sal net drie vierwielaangedrewe dubbelkajuitmodelle in

die Navara-reeks beskikbaar wees, maar ‘n 4x2-model sal ook binne

‘n paar maande op die mark wees.

Die Navara het volle LED-kopligte en die hele reeks het ook dagry-

ligte. Die LE-modelle, die hoogste spesifikasievlak, het ook inge-

boude rigtingwysers in die kantspieëls. Dit het ‘n swart B-pilaar

en die dak is 20 mm laer om aërodinamiese doeltreffendheid te

verseker. Verder vorm getinte glas, kanttrappe en allooiwiele van

16 of 18 duim, afhangende van die spesifikasievlak, deel van dié

modelle.

Byna elke funksionele aspek van die bakkie is verbeter teenoor dié

van sy voorganger. Die vragdra-kapasiteit is aansienlik verhoog en die

nuwe model se sleepkapasiteit is 3,5 ton. Die leerraam-onderstel is

versterk deur die gebruik van hoë sterkte staal. Die gebruik van nuwe

tipes staalallooie en verbeteringe in die ontwerp en vervaardiging

het gesorg vir ‘n massavermindering van 176 kg.

Diemeeste hiervan het onder die enjinkap en in die kajuit plaasgevind,

maar die grootste vermindering het by die onderstel en die boonste

gedeelte van die bakwerk voorgekom.

GERRIE SMIT,

lid van die SA Motorskrywersgilde

WIELE

vir die plaas

‘n Nissan Navara met ‘n kappie van vlekvrye staal. Die voornemende eienaar kan dan ook ‘n driekwart- of

volle kombuiseenheid en LED-beligting binne laat byvoeg om dit kamp-vriendelik te maak.

106

Augustus 2017