Background Image
Previous Page  106 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 106 / 112 Next Page
Page Background

Augustus 2017

104

L

NR-Kleingraan het onlangs ‘n baie suksesvolle beplannings-

vergadering gehou, waar rolspelers van oor die hele land

byeengekom het. Hierdie vergadering word elke jaar

aangebied om aan die kleingraanbedryf die geleentheid

te bied om insae te verkry in die nuutste navorsing wat by LNR-

Kleingraan gedoen word.

Afgevaardigdes van die Wintergraantrust, verskeie universiteite,

die nasionale en provinsiale Departemente van Landbou van die

onderskeie provinsies, die Landbounavorsingsraad, instansies

soos Graan SA, Grain Farmer Development Association (GFADA),

Technology Innovation Agency (TIA), die Suid-Afrikaanse Graan-

laboratorium (SAGL), die Kamer van Bakwese, die Meulenaarskamer,

die Verbruikersraad en nog vele ander, het vergader om die

aktiwiteite van LNR-Kleingraan onder die loep te neem.

Die doel van die vergadering is om die navorsingsbehoeftes van

die bedryf te identifiseer, om navorsing te koördineer en om te

verseker dat die navorsingsfokus van LNR-Kleingraan behoefte-

gedrewe en in lyn is met dié van die totale kleingraanwaardeket-

ting. Die klem het veral op behoefte-gerigte navorsingsprojekte,

koördinering tussen die verskillende rolspelers, koste-effektie-

we dienslewering en navorsingsdienste aan die kleingraanbe-

dryf geval.

Tydens hierdie vergadering is daar verslag gelewer oor die

vordering met huidige navorsingsprojekte, terwyl sewe nuwe

navorsingsprojekte voorgelê is. Hierdie navorsing sluit in:

Nuwe virusse in koring.

Die effek van swamdoders op blaarsiektes, opbrengs en kwaliteit

van koring in die Wes-Kaap.

Molekulêre bepaling van onkruiddoderweerstand – die nuwe

projek sal fokus op breëblaaronkruide sodat die diens wat tans

ten opsigte van grasonkruide gelewer word, verder uitgebrei

kan word.

Effek van onkruiddoders op verskillende koringkultivars en om

moontlike opbrengsverliese wat mag voorkom, te bepaal.

Om chemiese en genetiese beheer van Karnal Brand en Fusarium

te bepaal.

Om Russiese koringluis-weerstandbiedende teelmateriaal vir

die toekoms te bewaar sodat plantetelers toegang daartoe

sal hê.

Om materiaal met weerstand teen meeldou te ontwikkel.

Sodanige materiaal moet steeds van goeie kwaliteit wees sodat

plantetelers hierdie materiaal kan gebruik om beter kultivars

daar te stel.

Navorsing ten opsigte van kiemplasma-ontwikkeling, kultivar-

ontwikkeling, produksiepraktyke en plantbeskerming van die

afgelope jaar is geëvalueer en gemeet teenoor internasionale

standaarde. Die komitee het die projekverslae eenparig goedgekeur

en die voorlegging van nuwe navorsingsbehoeftes ondersteun.

Verteenwoordigers van GFADA en TIA het ook geleentheid gehad

om voorleggings te maak ten einde die vergadering oor hul

aktiwiteite in te lig.

Die verteenwoordigers van die onderskeie onderafdelings van

die kleingraanbedryf het ‘n mandaat aan LNR-Kleingraan verskaf

om voort te gaan met hierdie tipe navorsing en om bestaande

vennootskappe selfs verder te versterk.

AKTUEEL

DRS ANNELIE BARNARD

en

VICKI TOLMAY,

LNR-Kleingraan, Bethlehem

1: Verteenwoordigers van die koringbedryf wat die vergadering bygewoon het. Voor: Lebogang Jack (READ-NW), Lesego Kok-Ngonyama (FSDARD),

Gloria Macucuwa (DAFF-PRS), Madineo Mnisi (Wintergraantrust), Mariana Purnell (Wintergraantrust), Marie van der Merwe (SANCU), Wiana Louw

(SAGL) en Ishmael Tshiame (GFADA). Middel: Dr André Malan (LNR), Kobus Lategan (DALRRD), dr Nthabiseng Motete (LNR), dr Pilot Nchabeleng

(FSDARD), dr Toi Tsilo (LNR), Gerhard Engelbrecht (K2 Saad Bemarking), prof Hussein Shimelis (Universiteit van KwaZulu-Natal) en dr Anofi Asafa

(Universiteit van die Vrystaat). Agter: Jaco Breytenbach (Graan SA), Willem Engelbrecht (K2 Saad Bemarking), Schalk van der Merwe (FSDARD),

dr Willem Boshoff (Universiteit van die Vrystaat), prof Sakkie Pretorius (Universiteit van die Vrystaat), Willem Botes (Universiteit van Stellenbosch),

Willem Kilian (LNR), Neo Masithela (Wintergraantrust), dr Barend Wentzel (LNR), Boikanyo Mokgatle (Nasionale Kamer van Meulenaars),

dr Johan Strauss (Departement van Landbou: Wes-Kaap), Geoff Penny (SA Kamer van Bakwese), dr Justin Hatting (LNR) en dr Tarekegn Terefe (LNR).

2: ‘n Kleingraan-beplanningsvergadering is op 12 en 13 Junie vanjaar op Bethlehem gehou.

3: Dr Xolisa Melamane (TIA) besig met ‘n voorlegging oor befondsingsgeleenthede by die beplanningsvergadering.

1

2

3