Background Image
Previous Page  6 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 6 / 116 Next Page
Page Background

4

e

k het die ander dag ‘n interessante aanhaling raakgelees

wat my weer opnuut laat dink het oor die toestand waar-

in ons land en sy mense is. Vry vertaal het dit min of

meer só gelui: “Die nuwe wêreldorde word nie deur poli-

tieke prosesse of ekonomiese kragte gevorm nie, maar

deur individue wat bymekaarkom, iets saam besluit, dit

begin doen en die proses versprei.”

Is dit dan nie wat Graan SA doen nie? Ek beleef dit bykans daag-

liks. Ons werkgroepe kom bymekaar, bespreek die lede se proble-

me, besluit wat die oplossings is en begin dit dan implementeer:

Die eindresultaat is ‘n land met voedselsekerheid en volhoubare

produsente.

Ons oog moet op die bal bly! Die verkiesingskoors het sommer

vroeg al begin loop, veral as ons na die baie uitsprake oor grond-

hervorming luister. Tog is daar altyd diegene wat ook realisties na

alles kyk en ja, almal in die land is nie politici nie.

Ons moes die afgelope maand hoor van manne wat weet dat

Suid-Afrika nie die finansiering het vir die planne wat sommer

so lukraak in die parlement aangekondig word nie. ‘n Ander het

weer sommer so oor sy skouer gesê: “Suid-

Afrika verdien ‘n beter president. Die howe

sal nie dat hy sommer so met alles wegkom

nie.” Wat laasgenoemde betref, sal ons maar

moet sien.

So saam met die swak oesopbrengste in die

noorde wil dit tog lyk of ons die 1 miljoen ton-

kerf vir sojabone vir die eerste keer gaan oor-

tref – nog ‘n teken dat die mark sy werk doen.

Die prys en vraag is daar en die produksie het

gevolg. Die verwagte verbetering in die ge-

netiese materiaal sal vir dié bedryf nog ‘n ver-

dere hupstoot kan gee.

Ons vertrou dat die laat reëns in die Kaap sal

voortduur sodat hulle ‘n mooi oes kan afhaal.

Die weerprofete wil-wil alweer droogtes vir

die volgende jaar begin voorspel. As dit ge-

beur, sal dit meer as net ‘n ramp wees, maar as

gelowiges moet ons aanhou glo: Voorspoed

en nie teenspoed nie – dit is God se belofte.

Ek lees deesdae baie wat die ringkoppe oor die moeilike tye in leier-

skap te sê het. Een ding is seker – karakter presteer elke keer bo

kapasiteit uit. Vasbyt is beslis nie vir sissies nie.

Ons is nou by die 250 m-merk van die 400 m-grondhervormings-

wedloop. Die manne en vroue wat nie aanhou oefen het en nie

die spieruithouvermoë gedoen het nie, gaan nou teen die muur

vashardloop. ‘n Bekende bokser het eendag gesê dat as jy in die

vroeë, donker oggendure tydens oefening verneuk, sal jy in die

helder kolligte van die bokskryt voor baie mense uitgevang word.

Die druk is op, oral, en ons ware motiewe en karakter gaan nou

begin wys. Ek het Graan SA leer ken as ‘n groep produsente wat

nie tevrede is met die

status quo

nie, wat bymekaarkom, oplos-

sings soek en iets aan die omstandighede rondom hulle doen.

Ons leiers trek swaar en moet mekaar gedurig aanmoedig om uit

te hou en aan te hou. “Hoekom?” vra jy. Ter wille van ons kinders

en kleinkinders. Omdat ons nou die karakter moet weerspieël van

Hom wat ook ter wille van ons uitgehou en aangehou het totdat dit

volbring was. Dit is hoekom.

Dit is hoekom...

JANNIE DE VILLIERS,

uitvoerende hoofbestuurder/CEO

Ons leiers trek swaar en moet

mekaar gedurig aanmoedig om uit

te hou en aan te hou. “Hoekom?”

vra jy. Ter wille van ons kinders

en kleinkinders.

STANDPUNT

POINT OF VIEW

Graan SA

Augustus 2015