Background Image
Previous Page  3 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 3 / 116 Next Page
Page Background

1

August 2015

MEDEWERKERS

vir hierdie uitgawe

Alfred Andrag, Pietman Botha, Annemarie Bremmer, Abrie Coetzee, Chris Dannhauser, Jannie de Villiers, Jan du Preez, Colin Fairweather, Petru Fourie, Alzena Gomes,

Nico Groenewald, Nico Hawkins, Nerissa Hechter, Elmarie Helberg, Isadora Isaacs, Jakes Jacobs, Mary James, Tinashe Kapuya, Koos Kirsten, Francois Koekemoer,

Louise Kunz, Louis Lagrange, Cheryl Langbridge, Corné Louw, Faffa Malan, Olivia Manonga, Niel Marais, Shadrack Moephuli, Etienne Nel, Jolanda Nortjé, Marianne Peake,

Grant Pringle, Felix Reinders, Marius Ras, Ruth Schultz, Wandile Sihlobo, Gerrie Smit, Hendrik Smith, Johann Strauss, Tim Stuenkel, Monty Swart, Adri Theron, Vicki Tolmay,

Wayne Truter, Gerrie Trytsman, Derick van der Walt, Anita van Zyl, Roean Wessels en Willem Voogt

‘n

Kunstefees laat my hart sommer vinniger klop. Buiten vir al

die vertonings en opvoerings waarna ‘n mens kan gaan kyk,

hou die stalletjies vir my ‘n groot bekoring in. Tydens die af-

gelope Innibos kunstefees in Nelspruit het ek en ‘n vriendin

deur die honderde stalletjies gedrentel – dit is mos nou nie eintlik ‘n

man se ding nie – en ons verkyk aan al die uitstallers se kreatiewe hand-

werk en ware wat te koop aangebied word.

Hekelwerk beleef ‘n bloeitydperk. (Tot die uwe het uiteindelik geleer

hekel en is besig om ‘n ouma-blokkies-kombers te hekel – of moet ek

eerder sê te knoei...Dit is maar moeilik as Ma oor die foon moet ver-

duidelik hoe ‘n kort- of ‘n langbeen nou weer gehekel moet word!)

By een van die stalletjies was daar sulke gehekelde, gestyfde mandjies

waarin ‘n mens tydskrifte kan bêre. Dit het my weer herinner aan my

oupa se susters wat so gehekel het. Tannie Ann het plastieksakke in

repies opgeknip en dan daarmee gehekel – plekmatjies of handsakke.

Sy sou vandag baie “in” gewees het met haar “herwinnings”-hekelwerk.

Tannie Anlie het weer haar hekelwerk met suikerwater gestyf. My ma

het so ‘n rooi, soet-gestyfde mandjie in die linnekas gehad. (Moet eerder

nie vra hoe ek weet dit was gesuiker nie...Hoekom druk kinders alles in

hulle monde?!)

Met dié dat Augustusmaand vrouemaand is, het ons spesiaal vir hier-

die uitgawe met drie vroue in landbou gaan gesels: Lungelwa Kama

(wenner van die GraanSA/Syngenta Kleinboer van die Jaar-toekenning),

Mariana Purnell (Agbiz Grain) en Jenny Mathews (voorsitter: GFADA).

Gaan loer gerus na die profiele op bladsy 90 tot bladsy 92.

Augustusmaand het ons ook tradisioneel ons fokus op werktuie en toe-

rusting in die tydskrif. Meganisasietoerusting bly een van die duurste

aspekte van ‘n boerdery en die vervanging of uitbreiding van kapitaal-

goedere is ‘n besluit wat nie ligtelik geneem kan word nie. Om produ-

sente te help om ‘n ingeligte besluit te maak oor wat hulle te doen staan

met die komende seisoen se meganisasiebeplanning, bied die tydskrif

aan werktuig- en toerustingmaatskappye die geleentheid om produ-

sente meer te vertel van hulle produkte.

Ons het ook by kenners op dié gebied gaan aanklop oor: Hoe verhoog

jy meganiseringseffektiwiteit sonder om geld te spandeer? (bladsy 17);

Kom ons wring krag uit ons trekkerbelegging (bladsy 22); Landbouma-

sjineriemark in ‘n neutedop (bladsy 24), Laat presisieboerderytegnologie

vir jou werk en jou nie grys hare gee nie (bladsy 40); en Bewerkingsfoute

wat die afgelope seisoen gemaak is (bladsy 56).

Trek gerus ‘n warm, gehekelde kombersie vir die knieë nader en geniet

dié uitgawe van

SA Graan/Grain

voor die koolstoof of kaggel.

Groetnis tot volgende maand!

ESTIE DE VILLIERS,

redakteur

VOORPUNT

Ontmoet ons

medewerkers...

A

lzena Gomes is gebore

en getoë in Pretoria. Sy

het joernalistiek aan die

Pretoria Technikon studeer,

maar het uit die staanspoor meer

in skakelwese belang gestel. Sy het

professionele akkreditasie by die

Public Relations Institute of South

Africa (PRISA) bekom en haar BTech

in skakelwesebestuur voltooi. Sy is tans besig om haar BA(Hons)

in geïntegreerde organisatoriese kommunikasie te voltooi.

Ná 12 jaar in die konsultasiebedryf is sy in 2014 aangestel as

skakelbeampte by Graan SA en is verantwoordelik vir interne

en eksterne kommunikasie- en skakelaktiwiteite, sowel as vir

die korporatiewe identiteit, die bemarking- en mediastrategie,

sosiale media en die webblad. Alzena is met Tony getroud en

het twee oulike dogtertjies. In haar vrye tyd is sy besig om te

oefen vir haar eerste marathon en vir ontspanning geniet sy

Formule 1-resies en ‘n goeie boek.

N

ERISSA HECHTER

(Radium Engineering)

looks on

page 56

at common soil preparation

mistakes. Since the effect of soil preparation

occurs under the soil, it is very difficult to detect

faults. Normally a producer will only experience

a drop in yield and not necessarily relate it to soil

preparation mistakes. The first and biggest mistake

producers make, is not making use of a good soil

profile pit. In this pit the necessary actions that

are needed can be detected.

K

undiges voorspel dat die vraag na koring in

ontwikkelende lande met 60% sal toeneem

teen 2050. Indien ons in die toekoms die beskik-

baarheid van bekostigbare brood wil verseker,

moet koring as gewas nou bevorder en beskerm

word. Die huidige inkrimping van die koringbedryf

in Suid-Afrika bied die geleentheid vir navorsers

om te vra of koringnavorsing tans op die regte

onderwerpe fokus. Word daar optimaal gebruik

gemaak van beskikbare befondsing en kundigheid

om koringverbouing te bevorder?

VICKI TOLMAY

(LNR-Kleingraaninstituut) neem die belangrike

aspek op

bladsy 82

onder die loep.

D

ie afgelope seisoen se droogtetoestande het

winsgewende graan- en oliesaadproduksie in

die grootste dele van Suid-Afrika onder hewige

druk geplaas. Met die nuwe seisoen om die draai,

lyk die situasie egter heelwat beter as gevolg van

voorraadvlakke wat besonder laag is en plaas-

like pryse ondersteun. Volgens

PETRU FOURIE

(Graan SA) het dié styging van produsentepryse

wat die afgelope jaar voorgekom het, tot gevolg

dat produsente met beter vooruitsigte ten opsigte

van winsgewendheid kan beplan watter gewasse

aangeplant kan word. Meer op

bladsy 60

.

D

uring the 2014 harvesting season (April to

August), a representative sample of each

delivery of maize at the various silos was taken

according to the prescribed grading regulations

and forwarded to the Southern African Grain

Laboratory (SAGL).

JOLANDA NORTJÉ

(SAGL)

takes a look on

page 102

at the maize crop quality

of the 2013/2014 production season.