Background Image
Previous Page  10 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 10 / 116 Next Page
Page Background

Augustus 2015

8

WILLEM VOOGT,

bestuurder: Bemarking en Finansies, Graan SA

LEDE-LANDSKAP

‘n 180°-blik op ons lede en tak-akt iwiteite

Graanprodusent van die Jaar-ϐinaliste

beïndruk sover ons gaan

d

ie 2015 Graan SA/Syngenta Graanprodusent van die

Jaar-soektog het afgeskop met ‘n knal en die paneel

van beoordelaars het reeds aan die einde van Mei be-

soek afgelê by hierdie jaar se finaliste. Tydens die be-

soeke het die paneel van noord na suid na wes gereis

ter voorbereiding vir vanjaar se toekenningsaand, wat

plaasvind op Vrydag, 16 Oktober 2015.

Sedert die daarstelling van dié gesogte toekenning 16 jaar gelede,

het dit reeds vele genomineerde produsente se lewens beïnvloed

en die vriendskapsbande wat tydens die nominasie- en beoorde-

lingsproses gesmee word, is van onskatbare waarde. Tydens die

beoordelingsproses word die produsente besoek deur ‘n kundige

paneel van beoordelaars wat ondermeer insluit ‘n agronoom, ‘n

landbou-ekonoom en ‘n grondkundige – wat reeds as Graan SA se

Landbouwetenskaplike van die Jaar benoem was – asook graanpro-

dusente wat op die Graan SA-Hoofbestuur dien.

Alhoewel van die finaliste diversifiseer, word klem gelê op effek-

tiewe en doeltreffende verbouing van graan en word die primêre

beoordeling uitsluitlik op graanproduksie gedoen. Produsente se

doeltreffendheid en effektiwiteit word gemeet aan verskeie kriteria,

wat ondermeer agronomie, hulpbron-, finansiële- en bemarkings-

bestuur insluit. In ooreenstemming met Graan SA se strategiese

doelwitte, speel finaliste se betrokkenheid in die gemeenskap en

beleidsomgewing ook ‘n rol. Verder word produksiepraktyke, plaag-

en onkruidbeheer, meganisasie en arbeidsbestuur ook onder die

vergrootglas geplaas. Die Graanprodusent van die Jaar-toekenning

bied aan Graan SA die geleentheid om ten toon te stel wat presies

van ‘n produsent verwag word om ‘n sukses van graanproduksie te

maak. Die belangrikheid van die toekenning vir die organisasie kan

nie genoeg beklemtoon word nie. Dit gee Graan SA die geleentheid

om erkenning te gee aan graanprodusente wat met uitnemendheid

boer. Daarbenewens, dien finaliste as uitmuntende rolmodelle en

‘n goeie voorbeeld vir die jonger geslag van produsente. Laastens,

word die beeld van die graanprodusent na buite bevorder deurdat

die vervaardigingsvlak van graan in Suid-Afrika met trots aan die

breër publiek en politici bekend gestel word.

Hierdie jaar se finaliste spruit uit diverse graanproduksiegebiede en

die geografiese ekstreem-areas waar graan onder uiteenlopende

omstandighede geproduseer word, is weer eens uitgelig. Die 2015

Graanprodusent van die Jaar-finaliste, afkomstig van die Spring-

bokvlakte in die noorde met besproeiing en droëlande, droëlande

in die winterreënvalstreek heel suid en slegs besproeiingslande in

die weste, dui daarop dat die grootte van die boerdery nie belangrik

is nie, maar wel die doeltreffendheid waarmee die beskikbare hulp-

bronne effektief in die onderskeie gebiede aangewend word.

Ons bedank hiermee ook ons borge wat bydra tot die sukses en

voortbestaan van hierdie gesogte toekenning en stel met trots ons

2015 finaliste voor.

ALZENA GOMES,

skakelbeampte: Graan SA

1: Trotse pa Vickie Bruwer, tweede van

regs, saam met sy seuns, van links na

regs: Hannes, Gerhard en klein Vickie.

2: Mielies, koring en lusern vorm ‘n

integrale deel van die gewasverbouing op

hierdie plaas.

3: Die Bruwers op die voorstoep van

ouboet Gerhard se huis in gesprek met

die paneel.

4: Die paneel luister aandagtig na klein

Vickie se beskrywing van een van die

besproeiingsuitlegte.

Genade Boerdery van Douglas in die Noord-Kaap

1