Background Image
Previous Page  90 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 90 / 92 Next Page
Page Background

88

Beste Grootneef

e

k en Buurman het vroeër vandeesweek oor die draad

staan en kuier. Dis droog man, die veld is sommer vaal.

Buurman vertel toe dat die ou NAMPO-gebou in Botha-

ville uiteindelik verkoop is.

Daardie middag moes ek gou-gou dorp toe. Daar gekom,

besluit ek om vinnig ‘n draaitjie deur die ou gebou te stap, net so

vir oulaas.

Die leë gange was nogal aardig. Die voetval van ‘n menigte besoe-

kers nou stil. In een van die ou kantore het ek vasgesteek en uitge-

kyk. Buite was dit ‘n perfekte somersdag met ‘n ligte oostewindjie

wat die takke en blare roer. ‘n Swerm mossies aan’t raas oor wie

onder watter dakbalk intrek.

En toe wonder ek, wie sal onthou van die groot geeste uit vergange

se dae, wie op hul tyd die pas in die ou gebou aangegee het? Van

die planne wat gemaak is en die brûe wat gebou moes word?

Want wie onthou vandag nog hoe moeilik dit was om ‘n eie mond-

stuk net vir graanboere staan te maak? Of toe PW die manne ontbied

het om te verduidelik hoe nóú met die

oes! Of dat oud-president Mandela, Trevor

Manuel en Terror Lekota een Sondagog-

gend in ’93, toe almal in die kerk was, kom

kuier het om meer van die graanboere te

leer? Dit was nog vóór die verkiesing in ’94,

waarna dit mode geraak het om ‘n kiekie

met die nuwe staatspresident te neem...

En wie onthou nog die TV-kanaal met

weeklikse uitsendings oor die mark en

met Sakkie Nigrini se weervoorspellings!

Vandag het elke huis ‘n PVR met ‘n duisend

programme om na te kyk, maar om in toeka

se dae ‘n eie TV-kanaal net vir lede staan te

maak, was nie net vir val uit die boom nie.

Wie was daardie mooi aanbieder nou weer?

En dalk het almal al vergeet hoe moeilik

dit was om al die planne vir ‘n vrye mark

binne twaalf maande in plek te kry, toe die

nuwe goewerment besluit het om landbou

te dereguleer en die Rade toe te maak! En

wie onthou nog ons eie Makelaarsdiens?

Net so om al die nuwe graanmakelaars se

kommissie eerlik te hou!

Nou ja, as jy so deur ‘n ou gebou stap,

hoor jy nie net die vloerplanke kraak

nie. As jy reg luister, hoor jy ook die stemme van die helde

wat help bou het aan die organisasie van vandag. Soos alles

in die lewe, gebeur niks vanself nie. Daar was hope moeite agter

elke poging, hoe nederig ook al.

Die voorgangers van toeka, het egter ook nie al die kennis van goed

en kwaad gehad nie. Oor sekere besluite, raak die gebou net stil.

Party planne werk mos en party nie.

Op pad terug plaas toe, dreun ‘n ou groen Cortina by my verby. En

jy kan aan die man agter die stuur sien dat hy aan die trek is. Die

agtersitplek vol tasse en ‘n rooi wasgoedmandjie vol hangers. En op

die voorste sitplek langs hom, ‘n potplant. Aan die handreling teen

die dak ‘n paar hemde wat heen en weer wieg met die ritme van die

ongelyk teerpad.

Ek dink toe by myself: Dis goed om nou en dan te trek ook. Want

dan kan al die goeters wat nie meer inpas nie, agtergelaat word.

Groete op die Oosgrens. En groete aan Neef Giel.

Kleinneef

E-POSSE

aan Groot neef

Fluisteringe uit ‘n ou gebou

Lesers is welkom om ‘n e-pos aan Kleinneef te stuur by

kleinneef@graingrowers.co.za

.

April 2015