Background Image
Previous Page  86 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 86 / 92 Next Page
Page Background

April 2015

84

Saadhanteringstelsel bring spoed en

gerief tot by jou drumpel

“P

ioneer het die pas aangegee – dít is die toekoms. Ander

saadmaatskappye sal nou moet uithaal om by te bly,”

so sê kommersiële produsent, mnr Willie de Klerk

van WA de Klerk Boerdery in Mpumalanga, wat as

proefkonyn vir DuPont Pioneer se opwindende nuwe ProBox-saad-

hanteringstelsel opgetree het.

Hierdie baanbrekerstelsel, wat die doeltreffendheid en produktiwi-

teit op produsente se plase kan verbeter, is op 29 Januarie tydens

‘n glansgeleentheid in Johannesburg bekend gestel. Kommersiële

klante kan nou mielie- en sojaboonsaad in groot maat by Pioneer

koop in ‘n houer wat 40 (25 kg) eenhede van 25 kg elk bevat.

Die ProBox-stelsel, wat uit groot saadhouers en ‘n waentjie, wat

in samewerking met Agricad ontwikkel is, bestaan, sal nie net vol-

doen aan produsente se behoeftes vir verbeterde produktiwiteit,

groter gemak en gerief by die hantering van saad in groot maat op

hulle plase nie, maar ook aan die saadbedryf se behoefte om meer

beskerming vir die saad te bied.

“Produsente is druk besig om die produktiwiteit en winsgewend-

heid in hul bedrywe te verbeter in ‘n moeilike ekonomiese om-

gewing,” het mnr Tony Esmeraldo (direkteur: DuPont Pioneer

Suid-Afrika) tydens die ProBox-bekendstelling gesê.

Met dié stelsel is dit geriefliker vir produsente om saad te vervoer,

oor te dra en te stoor op hulle plase. Dit is spesiaal in Suid-Afrika vir

die plaaslike toestande ontwikkel. Die ProBox-houers, wat glad en

soomloos aan die binnekant is om te verseker dat dit in minder as ‘n

minuut heeltemal leeggetap kan word, stapel maklik op mekaar, is

maklik om te hanteer en om af te laai. Dit kan met ‘n vurkhyser opgetel

en geskuif word en sodra die herbruikbare houer leeggemaak is, kan

dit gestoor en ná planttyd teruggegee word.

Mnr Heinz Oellermann (verkoopsbestuurder: DuPont Pioneer) het

genoem dat Pioneer wil verseker dat hulle saad reg hanteer word

aangesien dit ‘n lewendige organisme is en dit is waarom hulle hierdie

stelsel ontwikkel het. Volgens hom is die waentjie ook ontwerp dat

dit sodoende vinnig skoongemaak kan word. Die waentjie met die

saadhouers kan eenvoudig langs ‘n planter geparkeer word, waarna

die saad met ‘n awegaar na ‘n planter se

central feeder

vervoer word.

Hierdie proses duur maar sowat vier tot vyf minute en ‘n pro-

dusent kan ongeveer 60 ha op ‘n dag hiermee plant. “Omdat die

waentjie deur Agricad in Suid-Afrika vervaardig is, is onderdele

maklik bekombaar en kan dit plaaslik herstel word. Die waentjie

kan vier ProBox-houers vat wat gelyk is aan 160 sakke saad,”

sê Oellermann. Met dié stelsel kan saad ook tydens die plantproses

behandel word.

Dié stelsel is nou by DuPont Pioneer vir grootskaalse kommersiële

produsente beskikbaar.

AKTUEEL

ELMARIE HELBERG,

medewerker,

SA Graan/Grain

Wat sê die produsente?

WA Boerdery in Mpumalanga, wat

hoofsaaklik mielies plant, het die

ProBox-stelsel tydens die vorige sei-

soen uitgetoets. WA en Willie de Klerk

deel hul bevindings met ons:

Ons het ongelooflik baie gespaar in

terme van arbeid en spoed.

Wat sojabone betref, is dit veral

veelsydig aangesien die sojabone

geënt kan word soos wat dit na die

planter vervoer word.

Ons kon met een vol waentjie am-

per 250 ha teen ‘n 50 000-stand

plant.

Die houers is heeltemal bestand

teen muise.

‘n Arbeidsvermindering van 80%

is haalbaar.

1: WA de Klerk (produsent), Heinz Oeller-

mann (verkoopsbestuurder: DuPont Pioneer)

en Willie de Klerk (produsent) by die ProBox-

saadhanteringstelsel.

2: Peter Wood (agent: Pioneer Bergville) wys

sy maatskappy se produk aan Clinton Frey,

Trevor Bower, Gary Wood en Dewald Fick, al-

mal produsente in die Winterton-omgewing.

3: Hierdie Ottosdal-produsente was baie be-

indruk met die ProBox-stelsel: Pieter Dreyer,

Izak Potgieter (agter) en Johan Strydom.

By hulle staan Gary Farr (areabestuurder:

DuPont Pioneer, KwaZulu-Natal).

1

2

3