Background Image
Previous Page  84 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 84 / 92 Next Page
Page Background

April 2015

82

‘n Kykie in die

grondmikrobiologielaboratorium

W

aarom wil ons weet wat die mikrobiese aktiwiteit in

grond is?

Grond is lewend. Dit is juis hierdie biologiese kompo-

nent wat, tesame met die fisiese en chemiese eienskappe, ‘n

hoëkwaliteit grond verseker mits al drie komponente in die korrekte

verhouding met mekaar is. Die biologiese komponent word ge-

woonlik op die agtergrond geskuif, waarskynlik omdat dit nie so

maklik kwantifiseerbaar is nie.

Grondmikrobes speel ‘n belangrike rol in grondkwaliteit en plant-

produktiwiteit deur die prosesse wat hulle in die grond laat plaas-

vind. In die lig hiervan moet ons kyk na die verskillende organismes

in die grond en wat elkeen se funksie is.

Bakterieë is in staat om ‘n wye verskeidenheid organiese samestel-

lings af te breek. Dit sluit in suikers, proteïene, aminosure, olie(s),

onkruiddoders en insekdoders, om maar ‘n paar te noem. Bakterieë

is ook aktief betrokke by die stikstofsiklus – waar sommiges stikstof

omskakel vanaf die atmosferiese vorm (N

2

) na ‘n biobeskikbare vorm

wat deur plante opgeneem kan word.

Ander kan ammoniak omskakel in nitraat (nitrifikasie), terwyl nitraat

ook omgeskakel kan word na stikstof (denitrifikasie) wat in die

atmosfeer vrygestel word. Bakterieë stel dus die voedingstowwe

(hoofsaaklik stikstof) in plantreste vry vir opvolggewasse. Verder

dien dit ook as ‘n tydelike stoorplek vir hierdie voedingstowwe wat

dit dan teen verliese beskerm.

Aktinomisete is bakterieë wat filamentagtig en dikwels hoogs ver-

tak, soos fungi, vertoon. Hulle kan komplekse organiese samestel-

lings, soos sellulose, lignien en chitien degradeer en is meestal

betrokke by die finale afbreekfases van hierdie samestellings. Dit is

die oorblyfsels van hierdie materiale wat humus vorm en ‘n uiters

waardevolle rol in grond speel.

Fungi sluit in giste en swamme. Alhoewel sommige fungi plantsiek-

tes veroorsaak, speel verskeie fungi oor die algemeen ‘n groter rol

in algehele grond- en oeskwaliteit. Hulle is ‘n baie belangrike groep

degradeerders omdat hulle in staat is om dele van plante en diere

te degradeer wat nie deur bakterieë afgebreek kan word nie. Die

draadagtige stringe van fungi, bekend as hifes, help verder ook om

die grondstruktuur te stabiliseer. Sommige fungi is predatore en

kan onder meer aalwurms in die grond beheer. Ander fungi speel

weer ‘n belangrike rol om siektekomplekse, soos wortelvrot by

mielies, te onderdruk.

In landbou het bestuurspraktyke ‘n effek op die grond se biologiese

komponent. Praktyke soos ploeg versteur en vernietig byvoorbeeld

die swamme in die grond, wat dan weer onder meer lei tot ‘n af-

name in erdwurmgetalle. Ons weet ook dat praktyke, soos dekgewas

en kompos, “goeie” biologie aanmoedig om probleme met grond-

gehalte te oorbrug.

Soos reeds genoem, lewer grondmikrobes ‘n bydrae tot die biolo-

giese gehalte van ‘n grond. Deur dus die invloed van bestuursprak-

tyke op die mikrobiese populasie in die grond te bestudeer, kan ‘n

aanduiding gegee word van die grondgehalte in die breë sin sowel

as watter landboupraktyke volhoubaar is.

Grondlaboratoriumtegnieke

Aangesien mikroörganismes nie met die blote oog gesien kan word

nie, is daar verskeie tegnieke wat gebruik kan word in die bestude-

ring en kwantifisering van mikroörganismes. Dit sluit onder meer in

die kweking van mikroörganismes (bakterieë en fungi), die bepa-

ling van grondensiem-aktiwiteit en die bepaling van diversiteit met

behulp van DNS-tegnieke.

Wat is die doel van kweektegnieke?

Die gebruik van agarplate (voedingsmedium) om grondverdunnings

te maak en kolonies te tel is ‘n baie handige indikator van mikrobiese

aktiwiteite in ‘n spesifieke grondmonster. Hierdie tegniek het ten

doel om die hoeveelheid kolonievormende eenhede te bepaal.

Die grondmonster word in ‘n reeks verdun en elke verdunning word

uitgeplaat op ‘n steriele agarplaat wat dan geïnkubeer word totdat

kolonies gegroei het. Die agarplaat dien as voedselbron vir die

mikroörganismes..

Daarna word die kolonies getel, wat ‘n aanduiding gee van die hoe-

veelheid mikroörganismes wat in die grond voorkom. Aangesien

mikroörganismes baie selektief kan wees met betrekking tot hul

voedselbron, kan ongelukkig slegs sowat 1% van alle spesies op dié

manier gekweek word.

Waarom toets ons landbougrond vir

ensiemaktiwiteite?

Mikroörganismes soos bakterieë en fungi produseer ensieme, dus

kan ons deur die ensiemaktiwiteit in die grond te meet ‘n aandui-

ding kry van die mikroörganismes se aktiwiteit in ‘n spesifieke

grond. Daar is verskillende grondensieme waarvoor getoets kan

word, maar ons fokus op vier ensieme, naamlik dehidrogenase,

ß-glukosidase, fosfatase en urease.

Elke ensiem hou verband met ‘n ander funksie in die grond.

Dehidrogenase meet die mikrobiese oksidatiewe kapasiteit van

grond en gee dus op sy beurt ‘n aanduiding van die lewensvatbare

organismes in die grond.

ß-glukosidase is betrokke tydens die versuikering van sellulose.

Fosfatase transformeer organiese en anorganiese fosforverbin-

dings in die grond.

Urease speel ‘n belangrike rol in die stikstofsiklus en hou verband

met mikrobiese biomassa.

As ‘n geheel kan die analisering van hierdie ensieme ‘n vinnige aan-

duiding gee van veranderinge in die grond. Dit word dus as ‘n tipe

sensor of indikator gebruik vir mikrobiese aktiwiteit en grondvrug-

baarheid. Hierdie analises word uitgevoer onder optimale reaksie-

toestande en gee ‘n aanduiding van die maksimum ensiemaktiwiteit

in die grond en dus van die mikroörganismes in die grond.

Waar pas DNS-profiele in?

Deoksiribonukleïensuur (DNS of soos die Engelsman sê DNA) is

die bousteen van alle lewe op aarde. Dit bestaan uit vier molekules

of te wel nukleïensure waarvan die volgorde bepaal of jy mens, ‘n

bees, ‘n mielie of ‘n bakteriese sel is asook alles wat verder lei tot

die uniekheid van lewe.

AKTUEEL

CHARNÉ MYBURGH

en

OWEN RHODE,

LNR-Instituut vir Graangewasse