Background Image
Previous Page  89 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 89 / 92 Next Page
Page Background

87

Ford Ranger XL-Plus: Vir harde werk

– sterk, maar veilig

d

ie Ford Ranger-bakkiereeks is einde 2011 in Suid-Afrika

geloods. Op daardie stadium was dit groot nuus, omdat

Toyota met sy Hilux en Isuzu met sy KB-reeks die bakkie-

mark oorheers het en ‘n nuwe toetreder om die een-

tonigheid te breek, was nodig.

Met sy loodsing was die Ranger duurder as sy kompeteerders,

maar Ford SA het die hoër prys verdedig, deur daarop te wys dat

die Ranger tegnologies meer gevorderd en beter waarde bied as

sy kompetisie.

Dit gesê, is ‘n mens maar skepties oor enige nuwe produk en dit

geld ook vir bakkies. ‘n Man wil eers van die kant af kyk, jou buur-

man eers een laat koop en dan hoor hoe dit vaar. Nou, ná drie jaar,

kan ‘n mens weer kyk na hoe die Ranger vaar en die antwoord is:

“Baie goed”.

Die dubbelkajuit 4x4 Ranger was in 2012 een van die finaliste van

die Motor van die Jaar-kompetisie en alhoewel dit toe nie bekroon

is met die toptoekenning nie, is dit goed om te weet dat in sy klas

van dubbelkajuitbakkies, dit gereken was die beste in sy klas.

In 2014 is Suid-Afrikaners genooi om met hulle selfone en deur die

internet te stem wat volgens hulle die beste voertuig in Suid-Afrika

in 2014 is. Dit was toe geen luukse sportmotor nie, maar die Ford

Ranger-dubbelkajuitbakkie. In November 2014 het die Ford Ranger

ook meer verkope as die Hilux gehad. Hilux het weer die kroon in

Desember en daarna geneem, maar die Ranger is nie ver agter met

sy verkope nie. Dit wys net dat ná drie jaar, het die Ranger sy merk

gemaak en word nou gerespekteer as die beste bakkie in Suid-Afrika.

Ford sit ook nie op hul louere nie en het einde 2014 nuwe modelle

uitgebring om by tye en nuwe uitdagings te pas. Sodoende is die

XL-Plus-modelle bekend gestel. Die XL-Plus is ‘n spesiale weergawe

wat ontwerp en gebou is om geharder te wees en om in rowwer

terrein as die ander Ranger-bakkies te kan beweeg. Dit is veral ideaal

vir die landbou- en mynbedryf waar daar nie altyd teer- of ordentlike

grondpaaie is om by die werk wat gedoen moet word, soos die

oprigting van heinings in die veld, te kom nie.

Die XL-Plus-weergawes is as ‘n volledige dubbelkajuitbakkie beskik-

baar. Die voornemende koper kan egter ook die XL-Plus koop as ‘n

enkel- of dubbelkajuit, maar sonder die laaibakgedeelte. Dit wil sê,

basies net die onderstel met die kajuit. Sodoende kan die koper sy

eie doelgerigte voertuig met die XL-Plus as basis self bou.

Die XL-Plus kom net met 4x4-aandrywing uit en word suiwer deur

Ford se hoëverrigting 2.2 TDCi-enjin aangedryf. Hierdie enjin het

‘n kraglewering van 110 kW teen 3 700 rpm en ‘n wringkrag van

375 Nm, wat beskikbaar is in tussen 1 500 en 2 500 omwentelinge.

Die XL-Plus het ‘n sesspoed handratkas en al die XL-Plus-modelle is

ook toegerus met ‘n elektroniese agter-ewenaarslot.

Wat regtig lekker is van die XL-Plus-modelle, is dat jy gawe speel-

goed saamkry as deel van die pakket. Speelgoed soos ‘n tweede

battery waarmee jy ‘n klomp goed kan aandryf. Al die sitplekke het

as bonus ook swaardiensoortreksels sodat as jy vuil gewerk is, jy

nie die sitplekke self vuilsmeer nie.

Dan is daar 17 duim sterk staalwiele wat met alle terrein-bande

gesool is en ook sentrale sluiting vanaf die sleutel, ‘n baie goeie

klankstelsel, elektriese vensters en lugverkoeling. Speelgoed wat

mens nie in ‘n hardebaardbakkie verwag nie.

Om die XL-Plus sterk te maak, is die raamwerk versterk sodat hier-

die bakkies tot 3,5 ton sal kan sleep. Die XL-koper kan ook opsioneel

‘n swaarder voorste buffer laat opsit asook die laaibak met ‘n rub-

berlaag laat bedek.

Alhoewel sterk gebou, is daar nie gesny op veiligheid nie. Juis om-

dat XL-bakkies deur slote en ander ongelyke terrein sal moet

kan beweeg is die veiligheidspesifikasies hoog om die eienaar

gemoedsrus te gee dat die bestuurder en passasiers van ‘n XL-Plus

so veilig as moontlik binne die kajuit beskut is.

ABS en EBS is standaard. Daar is lugsakke vir beide die bestuurder

en voorste passasier asook ‘n knieghoogte lugsak om die bestuurder

se bene te beskerm.

Die XL-Plus-bakkies ry lekker sterk en stewig en gee die heeltyd aan

die bestuurder daardie gerusstellende “in beheer”-gevoel. Dit is ‘n

voertuig wat jou selfvertroue gee om te gaan waar ander bakkies nie

maklik kan gaan nie.

‘n Verdere pluspunt van die XL-Plus is dat dit, soos met die ander

Ranger-bakkies, ook in Suid-Afrika deur Ford SA gebou word. Dit

XL-Plus word inderdaad só goed gebou, dat dit ook na Australië en

Nieu-Seeland uitgevoer word.

Die diensintervalle is 15 000 km vir al die modelle in die reeks en

die waarborg geld vir vier jaar of 120 000 km. ‘n Diensplan van vyf

jaar of 90 000 km is ook by die prys ingesluit.

Die Ford Ranger XL-Plus-dubbelkajuit kos R391 900.

GERRIE SMIT,

lid van die SA Motorskrywersgilde

WIELE

vir die plaas

Die geharde Ford Ranger XL-dubbelkajuit soos dit van die

handelaarsvloer af kom.

April 2015