Background Image
Previous Page  88 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 88 / 92 Next Page
Page Background

Paasfees ís belangrik

Kontak Abrie Coetzee van Kamelia in Klerksdorp

by 018 468 5689 of 072 804 9841.

ABRIE COETZEE,

onthaal- en dekorspesialis

KUIER SAAM MET

Abrie

Ontbyt

‘n Fees vir Pase wag onder die oggendskaduwee in

die tuin. Ons dek ‘n Barok-sementbladtafel vir ontbyt.

Spierwit orgideë word met lemmetjiegroen en oranje

blomme gemeng. Dit gee ‘n gevoel van varsheid en

vernuwing. Kunstige porseleinhase kruip weg tussen

die rangskikkings.

‘n Verfrissende voorgereg van spanspek met ‘n gem-

merstropie gee ‘n prikkel op die tong.

Aan die punte van die tafel is geroeste staanders, ge-

vul met strooi en paaseiers. Uit die bome hang harte

en kruise wat Sy liefde as tema uitbeeld vir Pase.

‘n Omelet met speserye en gekapte groen en rooi

soetrissie word keurig opgedien.

In die agtergrond kabbel die water oor die rand van

die spuitfontein. Waterlelies dryf op die visdam-

metjie. Onthou: ‘n Ysterkoepel op sementpilare oor

‘n dammetjie, rond altyd die dammetjie af (in hierdie

geval is dit ‘n simbool van ‘n kerkkoepel).

Middagete

Middagete ter ere van Pase word uitgebeeld met flu-

weel, kruise en rooi rose, soos karmosyn.

Jacobynstoele en uitgewerkte tapisseriesitplekke

roep nonne wat in ‘n klooster bid met kruise.

Rooi glase glim en weerkaats die son. Hier gebruik ek

kammavolstruisleer onder die borde en wit servette

waarop ‘n mes en vurk gedruk is.

Paasete moet so voorgesit word dat ‘n mens enige

tyd die spel van goue harp en singende engele

verwag.

Kruise met mosaïekspieëls hang uit die bome en glas

klingel soos klokke. Geroeste koepels oor die borde

en rooi rose rond die prentjie af.

Die sagte reuk van jasmyn (‘n moet in enige tuin),

hang soos wierook oor die hele tuin en die natuur

bring hulde aan die Offerkruis.

April 2015

86