Background Image
Previous Page  85 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 85 / 92 Next Page
Page Background

83

April 2015

Deesdae word daar al meer gebruik gemaak van DNS-identifikasie.

Alle mikroörganismes beskik oor ‘n gedeelte binne hul DNS wat

konstant dieselfde is regoor die meeste verskillende spesies. Ons

verwys in bakterieë na die 16S rRNS-geen en in fungusse na die

18S rRNS-geen.

Binne die onderskeie gene is daar dan klein gedeeltes waar die

nukleïensure verskil, met die meeste spesies wat oor hul eie unieke

volgorde beskik. Dit dien dan as’t ware as ‘n vingerafdruk om

die spesie te identifiseer. Uit so min as 0,1 g grond kan daar DNS

geïsoleer word, wat deur ‘n chemiese proses van polimerase-

kettingreaksie (PKR) vermeerder word.

Hierdie proses teiken die 16S rRNS- of 18S rRNS-geen en maak

miljoene kopieë binne ‘n uur of twee. Daarna kan die navorser óf die

DNS gebruik en op ‘n dun jel skei onder ‘n elektriese stroom óf ‘n

baie duur "tweedegenerasie-volgordebepaling"-tegniek volg.

Die jelmetode word meestal in Suid-Afrika gebruik aangesien dit

goedkoper is en steeds relevante inligting verskaf. Die jel toon ‘n

enkele band vir elke verskillende spesie. Die bande word uitgesny,

waarna die volgorde van die boustene van die DNS bepaal word

en vergelyk word met ander DNS-volgordes om ‘n identifikasie te

maak van die betrokke spesie.

Ook word die jel vergelyk met ander jelle, om sodoende ‘n vergely-

king te tref ten opsigte van die verskille in grondmikrobiodiversiteit

tussen verskillende grondmonsters.

Wat beteken al hierdie inligting vir jou as

produsent?

Grondmikroörganismes het ‘n uiters belangrike rol in die grond

aangesien hulle plantreste afbreek; ‘n bydrae lewer tot humus-

vorming; dien as tydelike stoorplek vir plantvoedingstowwe, soos

stikstof en fosfor, en dit beskikbaar stel vir plantopname; grond-

struktuur verbeter; en selfs die waterhouvermoë op ‘n indirekte

wyse verhoog.

Deur hierdie identifikasie- en kwantifiseringstegnieke te gebruik,

is dit moontlik om mikrobiese aktiwiteit vergelykings te tref tussen

verskillende tipes grond, verskillende boerderymetodes en ver-

skillende bewerkings.

Soos gesien kan word uit die rol van grondmikroörganismes, soos

hierbo uiteengesit, is die mikpunt dan juis om ‘n hoë mikrobiese

aktiwiteit te bevorder aangesien dit die grondkwaliteit verbeter wat

dan die produktiwiteit en graanopbrengs kan maksimeer. Dus kan

ons nog voordat ons na die plante kyk alreeds ‘n goeie idee kry van

wat in die grond aangaan.

Vir iets wat nie met die blote oog gesien kan word nie, is dié or-

ganismes nogal belangrik of hoe?

Vir meer inligting oor grondmikroörganismes in

landboupraktyke, kontak gerus vir Owen Rhode by

rhodeo@arc.agric.za .

1: Mikrobiese tellings op voedingsagarplate.

2: Geamplifiseerde bakteriese DNS op ‘n agarose jel.

3: Ensiem-analise op grondmonsters.

1

2

3