Previous Page  60 / 68 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 60 / 68 Next Page
Page Background

Februarie 2019

58

Genoomredigering

op

internasionale vlak bespreek

’n

Konferensie van die Organisasie vir Ekonomiese Same-

werking en Ontwikkeling (OESO) oor genoomredigering,

met spesifieke klem op toepassings in landbou en die

implikasies daarvan vir gesondheid, omgewing en

regulering, is verlede jaar in Parys in Europa gehou. Graan SA is

deur dr Marinda Visser (bestuurder: Navorsing en Beleidsentrum)

verteenwoordig.

Die konferensie het onder meer aandag geskenk aan die OESO se

beleid rakende landbou, omgewing en gesondheid. Gevolglik is daar

gepoog om ’n beter begrip van die regulatoriese oorwegings vir

genoomgeredigeerde produkte te bewerkstellig. Die regulatoriese

benaderings van ander lande is ook onder die loep geneem.

“Genoomredigering word reeds gebruik om die doeltreffendheid

van plant- en diereteelt, asook beheerde peste en siektes te verbeter

en oorerflike siektes en toestande by mense te behandel.

Genoomredigering, soos vele ander ontluikende tegnologieë, stel

egter belangrike beleidsuitdagings op nasionale en internasionale

vlak. Sommige van hierdie uitdagings verskil nie wesenlik van

dié wat voortspruit uit ouer genetiese modifikasietegnieke nie,” sê

dr Visser.

“In Suid-Afrika is daar nog geen uitspraak oor die regulering van

genoomredigering of ander nuwe teeltegnieke gelewer nie. ’n

Wetenskapsakademie van Suid-Afrika het egter al wel in opdrag

van die Departement van Wetenskap en Tegnologie voorstelle

in dié verband gemaak, maar verdere omvattende konsultasie is

nodig. “China en die VSA is tans die voorlopers in die gebruik van

genoomredigering in gewasse. In die Afrika-streek is Nigerië die

hoofkwartier vir verskeie navorsingskonsortia wat in dié verband in

Afrika betrokke is.

“Die VSA, die Verenigde Koninkryk en China is die lande wat die

meeste betrokke is by dierlike genoomredigering. Beperkings in

die wysiging van dieregene is nou, weens tegnologiese grense,

oorskry as gevolg van die meer geredelike beskikbaarheid van

genoomredigeringstegnieke,” sê sy.

Opmerkings

Die konferensie was nuttig in die verskaffing van ’n oorsig oor

genoomredigeringstegnieke, die huidige en potensiële gebruik

daarvan, asook die verskillende regulatoriese stelsels, prosesse

en wetgewing oor die saak. Risiko- en veiligheidsoorwegings, on-

beplande nagevolge, die opspoor en monitering van verskillende

benaderings en ook wyses waarop risiko's bepaal en beoordeel kan

word, het besondere aandag geniet. Dit wil voorkom asof ’n groot

aantal wetenskaplikes ten gunste van geen regulatoriese beheer van

hierdie tegnologie is nie.

Hoewel nie alle produkte van genoomredigering uitloop op gene-

ties-veranderde organismes (ooreenkomstig huidige definisies

van GMO) nie, was dit duidelik dat die debatte, besprekingspunte

en verwysings deeglik binne die sfeer van die genoomredigerings-

konsep val.

In lande waar regulasies wel afgekondig is, is duidelike intreevlakke

vir regulasies en die einddoel van “bioveiligheidsbeskerming”

steeds ’n uitdaging. Genoomredigering is ’n kwantumsprong vo-

rentoe gemeet teen die huidige GM-tegnologie, maar in Afrika

– en selfs in Suid-Afrika – word die veiligheid en die nodigheid van

GM-tegnologie steeds druk bespreek en beredeneer.

AKTUEEL

DR MARINDA VISSER,

bestuurder: Navorsing en Beleidsentrum, Graan SA

GRAIN TRUSTS

support sustainability

Part 3: Winter Cereal Trust

T

he principal object of the Winter Cereal Trust is to undertake

and/or financially support scientific, technical or industrial

research with regard to winter cereals in South Africa.

Secondary objects of the Trust are to further the winter cereal indus-

try in South Africa:

By supporting the maintenance of information required by the

industry in our country;

to broaden market access in respect of South African produced

winter cereals; and

by supporting the administration of the Wheat Forum or its suc-

cessor in title.

‘According to researchers, the achievements of the South African

agricultural sector rely on the development and application of ag-

ricultural research results. The complex interaction between the

changing behavioural patterns of crops and the external factors that

influence it, such as pests and diseases, adversely affects produc-

tion and quality and urges the need for new technology to keep the

agricultural sector profitable,’ says Mr Ishmael Tshiame, administra-

tor of the Winter Cereal Trust.

‘It is furthermore imperative that the infrastructure related to re-

search that has been developed over time must be maintained. Con-

sumer preferences must also be monitored continuously.

MARIËTTA CRONJÉ,

SA Graan/Grain

contributor