Previous Page  58 / 68 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 58 / 68 Next Page
Page Background

Februarie 2019

56

Hawer maak voervloeiprobleme

iets van die verlede

H

awer (

Avena sativa

) is ‘n veelsydige kleingraan wat in die verlede

grootliks vir die graanmark aangeplant is. Weens die gewas se

goeie voedingswaarde word dit deesdae grootliks as ‘n weidingsge-

was aangeplant.

Veeprodusente kan hawer, wat ‘n hoë voedingswaarde het en oor

relatiewe goeie hergroei-eienskappe besit, aanplant om voldoende

groenvoer vir die winter te produseer. Wintergraangewasse soos

hawer word jaarliks regdeur Suid-Afrika in groot hoeveelhede

aangeplant as winterweiding vir skape, bokke en beeste. Kleingrane

sluit die volgende gewasse in: Hawer, korog en stoelrog, koring en

gars. Hawer kan in verskillende groeiklasse gedeel word, naamlik

lentetipes (kortgroeier), intermediêre tipes (mediumgroeier) en win-

tertipes (langgroeier). Hawer wat in die lentetipe groeiklas val,

is nie baie kouebehoeftig nie en sal vinniger weigereed wees as

wintertipes.

Hierdie tipes produseer egter nie groot volumes voer nie en moet

ook digter gesaai word, aangesien hul stoelvermoë laer is as dié

van wintertipes. Indien weiding baie vinnig benodig word, sal dit

raadsaam wees om ‘n gedeelte van die aanplanting met lentetipes

te plant. Intermediêre en wintertipe hawer het ‘n lang kouebehoefte

(vernalisasieperiode) voordat dit reproduktief raak. Intermediêre en

wintertipe hawer produseer groter volumes voer as gevolg van hul

stoelvermoë en kan tot laat in die seisoen produseer.

Plantdatums moet verkieslik versprei word om te verseker dat al

die aanplantings nie gelyktydig gereed is om bewei te word nie.

Beplanning is van uiterste belang. Die saaidigthede van lentetipes

onder droëlandtoestande is 25 kg/ha tot 50 kg/ha en onder

besproeiing 75 kg/ha tot 125 kg/ha (afhangende van die mate van

besproeiing). Intermediêre en wintertipes se saaidigthede is ook

25 kg/ha tot 40 kg/ha onder droëlandtoestande en 75 kg/ha tot

125 kg/ha onder besproeiing (afhangende van die mate van

besproeiing). Die vestigingstyd sal van streek tot streek wissel, maar

is normaalweg van middel Februarie tot middel Mei. In die koue

areas eindig planttyd einde April. Hawer kan ook met verskeie

gewasse (insluitende peulgewasse) gekombineer word om pro-

duksie te verhoog en die verskeidenheid voerinname deur vee te

verhoog. Hierdie gewasse sluit in Japannese radyse, weiwieke en

Persiese klawer.

Kultivars

Agricol is bekend as die leier in somer- en winterweidingsgewasse.

Produsente kan staatmaak op die volgende hawerkultivars vir

volhoubare voervloei hierdie winter:

Pallinup en Dunnart

Hierdie lentetipe hawers is gewoonlik weigereed ses tot agt weke

na plant. Hulle word gekenmerk deur dikker plante wat minder

spruite produseer. Pallinup en Dunnart kan gebruik word vir

beweiding, kuilvoer en hooidoeleindes. Pallinup en Dunnart se

graan is ook geskik vir die maak van ontbythawer.

Overberg

Wat ‘n intermediêretipe hawer betref, is Overberg in ‘n klas van sy

eie. Die kultivar het ‘n laer kouebehoefte as ‘n egte wintertipe en sal

ook vroeër begin produseer. Overberg is geskik vir produksie onder

droëland en besproeiing.

Magnifico

Hierdie egte wintertipe hawer het ‘n hoë kouebehoefte en produseer

normaalweg smaaklike weiding vanaf Mei tot einde September.

Een van die kultivar se groot voordele is sy hoë-opbrengspotensiaal.

Magnifico kan gebruik word vir beweiding, kuilvoer en hooiproduksie.

Kleingrane

Die volgende kleingrane is ook belangrik vir winterweiding:

Stoelrog (Agriblue en Echo)

Dit is ‘n eenjarige wintergraangewas wat laat in die somer gevestig

kan word. Stoelrog word meestal gebruik as groenvoer vir die winter

tot vroeë lente. Daar bestaan drie tipes stoelrog, naamlik kort,

medium en lang rotasietipes.

Korog (Rex, Ag Beacon, Ag Marcell en Cloc1)

Hierdie kruising tussen koring en rog word hoofsaaklik as ‘n wei- of

voergewas gebruik. Korog kan geklassifiseer word as ‘n lente- of

wintertipe kleingraan wat aangepas is by die meeste omgewings-

toestande en grondtipes. Rex, Ag Beacon en Ag Marcell is Agricol

se lentetipe korogkultivars terwyl Cloc1 ’n ware wintertipe is.

Navrae

Skakel gerus een van ons takke vir verdere navrae:

Brackenfell

021 981 1126

Cradock

087 365 0010

George

044 878 2408

Howick

033 330 2765

Kimberley

053 841 0675

Piketberg

087 365 3025/6

Port Elizabeth

041 373 9894

Potchefstroom

018 294 7470

Pretoria

012 803 6033

Swellendam

087 359 3236.

PROMOSIE-ARTIKEL

JOUBERT SWANEPOEL,

Agricol

Hawer gereed vir beweiding.

Grafiek 1: Piekproduksiefases van verskillende kleingrane gebaseer op ‘n

middel Maart-plantdatum.