Previous Page  6 / 116 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 6 / 116 Next Page
Page Background

4

d

ie afgelope tyd in die landboupolitieke omgewing

was glad nie aangenaam nie. Die intensiteit was hoog

en so ook die frekwensie van sake wat aandag vereis

het. Ons leiers is dun en oor groot oppervlaktes gesaai.

Party dae wonder ek of ons genoeg mense het om al die

gate toe te stop.

Dit voel soos in my kinderdae toe ons saam met my oupa water

gelei het en een van ons damwalle begin breek het: Soos jy die

een kant keer, loop dit by die ander kant uit en – om alles te kroon

– kom een van die honde en trap die hele spul plat – so met ’n lek

deur jou gesig.

Deur alles heen, is ons besig om opnuut te fokus en te dink aan ele­

mente vir ’n nuwe landbouplan. Een saak waaroor daar opnuut besin

moet word, is: Wat kom eerste? Daar is soveel van ons wat transfor­

masie sien as die eerste ding wat moet gebeur, dan is daar dié wat

werkskepping voorop wil stel. Tóg wil dit vir my lyk asof ekonomiese

groei die beginpunt van alles moet wees.

Transformasie ten alle koste sal die ekonomie benadeel en kan in

’n Zimbabwe-scenario eindig: ’n Getransformeerde niks-ekonomie.

Die kunsmatige skep van werksgeleenthede (veral in die staats­

diens), wurg die ekonomie dood en is nie volhoubaar nie. Wanneer

die ekonomie gesond is, groei dit outomaties. Dit is net soos ’n

tiener. Jy hoef nie vir enige gesonde tiener toestemming te gee om

te groei nie, hulle doen dit oornag – heeltemal vanself.

Wanneer ons ekonomie groei, sal dit soveel makliker wees om vol­

houbare transformasie te doen. Net só sal die mark dan vanself

volhoubare werksgeleenthede skep. Maar nog voor die groei begin,

moet daar beleggings wees en voor beleggings sal realiseer, moet

daar ’n positiewe beleggingsklimaat wees. Hierdie elemente is soos

’n gebou wat jy opsit. Ons kan nie die dak eerste opsit nie! Fondasies

kom eerste.

Waaruit behoort ’n nuwe landbouplan te bestaan? Ek sal eerstens by

die agterkant wil begin: Die detail van implementering – wie moet

wat wanneer doen en wie betaal daarvoor? Dan ook sommer hoe

gereeld ons dit gaan meet en waaraan ons elke element gaan meet.

Ons geskiedenis van talle en goeie planne sonder implementering

dwing my om dit te vra. Vir ander resultate as dit waaraan ons tans

gewoond is, moet ons anders te werk gaan. Meer van dieselfde is

net nie meer goed genoeg nie. Vir dié rede sal landbou ook hand in

eie boesem (en broeksak) moet steek.

Ons gaan mense en tyd moet toeken aan die implementering van

die plan en dit gaan ons geld kos. Dit is egter wat ek dink nodig is. Te

veel kere in die verlede het ons voor en agter die skerms help planne

skryf en dit dan net so aan die staat oorhandig om te implementeer.

As niks gebeur het nie, was ons eerste om te kritiseer. Dit is meer van

dieselfde! Hierdie keer gaan ons saam met die staat verantwoorde­

likheid moet neem vir die implementering.

Hoe langer die onsekerheid oor ons beleidsomgewing voortduur,

hoe ongunstiger bly die beleggingsentiment. Produsente en besig­

heidslui in die landbou sit en wag die tyd uit om te kyk waarheen die

hoender se eier gaan rol. As die hen behoorlik op die eier gaan sit en

dit troetel om uiteindelik uit te broei, sal die beleggings outomaties

kom. Maar as sy dit gaan los en dit net gaan aanhou rol en rol sal dit

op die vloer beland en is dit die einde van die drome oor ’n groei­

ende landbousektor – en daarmee saam die nodige transformasie

en werkskepping.

Landbouplan:

Wat kom eerste?

Jannie de Villiers,

HUB/CEO

Daar is soveel van

ons wat transformasie

sien as die eerste

ding wat moet

gebeur, dan is daar

dié wat werkskepping

voorop wil stel.

standpunt

point of view

Graan SA

Oktober 2018