Previous Page  3 / 116 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 3 / 116 Next Page
Page Background

1

October 2018

Medewerkers

vir hierdie uitgawe

Dr Erik Adriaanse, Alfred Andrag, dr Gerhard Backeberg, dr Annelie Barnard, Willem Botes, Andries Botha, Elizabeth Botha, Willem Botha, dr Maryke Craven,

Mariëtta Cronjé, Erika de Villiers, Jannie de Villiers, prof Hannalene du Plessis, Hennie du Toit, dr Annemie Erasmus, Petru Fourie, Alzena Gomes, Stephano Haarhoff,

dr Ronél Hendriks, Christin Hunter, Isadora Isaacs, Schalk Jacobsz, ds Koos Kirsten, Chris Kleingeld, Sakkie Koster, Louise Kunz, Corné Louw, Johan Loxton, Karina Muller,

Charné Myburgh, dr André Nel, Frederik Nel, Jolanda Nortjé, Louis Olivier, Owen Rhode, Janet Rowley, dr Jeanetta Saayman-du Toit, Lindi Smit, Roelof Smit, dr Hendrik Smith,

Marleen Smith, Diandra Steenekamp, dr Philip Theunissen, Luan van der Walt, prof Johnnie van den Berg, Madelein van Heerden en dr Requier Wait

m

y ervaring met besproeiing (weliswaar tuinbe­

sproeiing) was nog net rampspoedig! My pa en sy

werkers het in my kleintyd sommer self besproei­

ing in die plaastuin aangelê – ek was seker so Sub A

(deesdae se Graad 1).

Ek onthou hoe opgewonde ek was nadat ek van die skool af gekom en

gesien het dat die hele tuin vol slote gegrawe is. Met my rooi skoolrok

het ek al in die slote geloop en op een plek waar die sloot onderdeur

die muur gegaan het, het ek ewe rats bo-oor geklim – net om aan die

ander kant hulpeloos in die lug te hang! My skoolrok het aan die muur

vasgehaak en daar hang ek toe soos ’n stuk wasgoed in die wind! Piet,

een van ons jarelange werkers, het dadelik nader gehardloop en my

afgetel. Ek dink ek het so rooi soos my skoolrok gebloos!

Die ander keer was ek ook bloedrooi, maar van woede. Ons het ’n

“deskundige” duisende rande betaal om besproeiing in ons tuin te

installeer – net om agter te kom hy weet net so min daarvan soos ons­

self! Op een plek waar die pype ’n 90˚-draai maak, het hy sommer die

pyp gebuig – geen elmboogpasstuk gebruik nie! Ons moes iemand an­

ders ’n klomp geld betaal om sy knoeiwerk te kom regmaak!

In dié uitgawe fokus ons juis op besproeiing, maar ek is seker ons

lesers se ervaring hiervan is heelwat positiewer as my eie.

Lees gerus wat Schalk Jacobsz (bladsy 18) sê oor die instandhouding

van gronddamme. Die lewensverwagting van dié damme is dikwels

beperk, omdat die materiaal kwesbaar vir verwering deur die elemente

en vertrapping deur diere is. Volgens hom is die instandhouding, soos

met soveel ander strukture op die plaas, dus noodsaaklik.

’n Span deskundiges van Van’s Lab verduidelik op bladsy 26 waarom

die bewaring van ons grond- en waterhulpbronne so belangrik is en

beskryf die rol wat presisielandboutegnologie in die volhoubare ge­

bruik van die natuurlike hulpbronne speel. Volgens hulle lê die uitda­

ging tans daarin om elke vierkante meter met plekspesifieke grond- en

waterbestuur te bewaar. Dit word ultra-presisie genoem.

Ons het ook by Martiens Prinsloo van Hoopstad gaan inloer. Hy pas

die spreekwoordelike “’n boer maak ’n plan” prakties op sy plaas toe.

Tydens vanjaar se NAMPO Oesdag Boerepatentekompetisie het hy

’n spilpuntwiel met ’n lang lewe en ’n besproeiingspyp met ’n langer

leeftyd ingeskryf. Meer oor dié vindingryke planne op bladsy 29.

Laat weet ons gerus watter slim planne of nuwe tegnologie jy op jou

besproeiingsgronde toepas. Lekker besproei tot aanstaande maand!

Estie de Villiers,

redakteur

voorpunt

Ontmoet ons

medewerkers...

P

laasveiligheid is ’n uitdaging wat alle produ­

sente in die gesig staar. Die werklikheid van

plaasaanvalle is skrikwekkend en ’n mens word

geskok deur elke voorval – ongeag hoeveel maal

jy daarmee gekonfronteer word.

KARINA MULLER

(

SA Graan/Grain

medewerker) het met kenners op

die gebied van plaasveiligheid gesels en het ’n lys

van wenke uit die gesprekke saamgestel, wat op

bladsy 36

gepubliseer is.

G

ronddamme is ’n bron van water vir rekreasie,

besproeiing en veesuiping. Die lewensver­

wagting van die damme is egter dikwels beperk,

omdat die materiaal kwesbaar is vir verwering

deur die elemente en vertrapping deur diere. Dit

is noodsaaklik dat aandag gegee word aan die

instandhouding van dié damme. Op

bladsy 18

verduidelik

SCHALK JACOBSZ

(SW Jacobsz

Ingenieurs Konsultante) waarna om op te let.

W

heat contributed 79% to the total winter

cereal crop production in South Africa during

the 2017/2018 production season. The Southern

African Grain Laboratory (SAGL) received and

analysed 304 samples to provide as best possible

a proportional representation of the production of

wheat in all the different production regions. On

page 96

JOLANDA NORTJÉ

(SAGL) takes a look at

local and imported wheat quality.

D

roëbone is ’n koelweerpeulgewas wat as

wisselbougewas suksesvol saam met mie­

lies verbou kan word. Volgens

CHRIS KLEINGELD

(Droëbone Produsente-Organisasie) is beplan­

ning egter van uiterste belang by die produksie

van droëbone in ’n wisselboustelsel, aangesien

droëbone en ander graangewasse se chemiese

onkruiddoderbestuursprogramme dikwels bots.

Meer op

bladsy 55

.

l

ouis Olivier

(besturende direkteur

van Vaalharts Katoen) is self ’n pro­

dusent wat tans op 350 ha-besproei­

ing in die Vaalharts-gebied met

pekanneute, gars, lusern en katoen

boer. Hy het ook ’n veevertakking en

produseer Bonsmara-speenkalwers.

Werksbevrediging lê vir hom in die opwinding en dinamiese aard van

die katoenbedryf. “Die kontak met produsente oor die hele sentrale

streek heen en die groot waarde in die wisselwerking tussen my en

produsente is nooit vervelig nie. Tans is die poging om saam met die

produsente na ’n alternatief te soek, die grootste lekker,” vertel hy.

Hy is getroud met Marinda en hulle het twee seuns, Luther en GP,

wat saam met Louis boer. Sy stokperdjies sluit gholf, duine ry in

Namibië en jag in. “Lekker kuier in die veld saam met vriende en fami­

lie is ook hoog bo aan die lys,” sê hy.

Lees gerus sy artikel

Katoen: Moontlikheid as wisselbougewas

op

bladsy 52

.