Previous Page  9 / 116 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 9 / 116 Next Page
Page Background

Kyk intussen uit vir tydskrif

se elektroniese weergawe

Vandag (3 September) het ek

SA Graan/Grain

in die pos gekry...

die Julie-uitgawe. Dis so ’n oulike, insiggewende en in ons huis, welkome

tydskrif, wat regtig gelees, gebêre en herlees word. Ek is net gefrustreerd dat

ons tydskrif alewig so byna twee maande laat is...Lyk my die posdiens faal ons

meer en meer.

Hoekom ek dit nou eers noem? ’n Mens kla nie sommer oor klein lastighede nie

– daar is belangriker goed. Sou u dit oorweeg om die tydskrif dalk elektronies

aan ons te stuur? Maar ek wil ook graag die gedrukte boek byderhand hê!

Dankie vir jul lekkerlees-blad.

Groetnis uit ’n dor, droë Albertinia waar die reën vandag ’n dag nader is as wat

dit gister was.

Rolene Oosthuizen

Baie dankie vir jou e-pos, Rolene. Ons is bewus van die Julie-uitgawe se uitpos

wat teen ’n ekstra slakkepas gevorder het, weens die destydse staking by die

Poskantoor. Kyk gerus in die eerste week van die maand op Graan SA se web­

tuiste vir die nuwe tydskrif, wat as ’n e-boek daar verskyn. Lede van Graan SA

ontvang die nuutste uitgawe kraakvars via die Joyn app of die Telegram app.

Die tydskrif gaan ook eersdaags met sy eie Facebook-bladsy spog. Hou dié spasie

dop…Red.

Graan SA/Sasol fotokompetisie

Ds koos kirsten

woord

Uit die

h

oe lank sal dit nog aanhou? Al die korrupsie, geld­

verduistering, diefstal en al die ander misdaad. Elke

dag se nuusberigte is vol van nog nuwe voorvalle van

misdade en bedrog. Ons leef in ‘n tydperk wat geken­

merk word deur magsvergrype, grondgrype, geldgrype

en die grype na enige iets wat waarde het. Hoe lank nog?

Nou blyk dit boonop dat die land se ekonomie glad nie so gesond is

as wat aanvanklik gedink is nie. Dit dra daartoe by dat werkloosheid

toeneem en mense se skuldvlakke verhoog. Hoe lank nog? Hoe

lank kan dinge so aanhou voordat daar iets drasties gaan gebeur?

Niemand weet nie! Ons as Christene moet nie vra hoe lank nog

nie, maar wat staan ons in hierdie omstandighede te doen? Ons

moet in die eerste plek nie teen die omstandighede rondom ons

vaskyk nie, maar ons oog op Jesus Christus aan die regterhand

van God gevestig hou (Kol. 3:1). Hy sit immers as Koning aan die

regterhand van die Vader en regeer oor die hele wêreld. Niks

gebeur sonder sy wil of sonder dat Hy dit toelaat nie. Hy sal eendag

terugkom om oor almal te oordeel. Alles is in sy hande.

Verder moet ons ook onthou dat Hy ook oor ons regeer. Hy is en

bly ons Here en Koning en hou ook ons lewens in sy hande. Dit

maak dus nie saak hoe goed of sleg dit gaan nie, by Hom is ons

veilig. Niks in tyd of ewigheid kan ons van sy liefde skei nie.

Die land kan ten gronde gaan, oeste kan misluk, geld kan waarde

verloor, alles kan onbekostigbaar word, maar die genade en liefde

van God verloor nie hulle waarde nie. Niemand kan dit van jou steel

of roof nie. Daarby verseker die Here ons dat Hy nie wispelturig

is nie. Hy is nie nou so en môre anders nie. As Hy vandag sê dat Hy

jou liefhet, sê Hy dit môre ook – en tot in ewigheid.

Ons moet ons nie blind staar teen die misdaad en onreg van die

dag nie, maar verder kyk en die dinge raaksien wat ewigheidswaarde

het. Daarop moet ons ons harte en gedagtes rig.

7

October 2018

18%

Trekkerverkope van 487 eenhede in Augustus is

aansienlik minder (byna 18%) as die 591 eenhede

wat verlede Augustus verkoop is.

7%

Stroperverkope van nege eenhede is drie eenhede

minder as die twaalf eenhede wat verlede Augustus

verkoop is. Vir die jaar tot dusver is stroperverkope

nou ongeveer 7% laer as verkope verlede jaar.

Verskeie faktore het bygedra tot dié afname in die mark.

Die faktore sluit onder andere in: Die laat mielie-oes,

kommer oor kontantvloei onder produsente, uitdagings

met bankfinansiering en politieke onsekerhede.

– Persverklaring van die Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie

op 11 September 2018

Gee gerus jóú mening van die kantlyn af:

estie@infoworks.biz

083 490 9449

Afname in mark

Kantlyn

Op die