Previous Page  10 / 116 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 10 / 116 Next Page
Page Background

Oktober 2018

8

Alzena Gomes,

skakelbeampte, Graan SA

Lede-landskap

‘n 180°-blik op ons lede en tak-akt iwiteite

Man, dis lekker innie Kaap!

S

ó ’n skouspel het die Overberg lanklaas gesien en só ’n

landlappieskombers van groen, bruin en geel het die

NAMPO-span nog nie beleef nie! Dit was maar net die heel

eerste aanbieding van NAMPO Kaap op Bredasdorp Park.

Met die ondertekening van ’n samewerkingsooreenkoms met

Bredasdorp Park NPC vroeg in die jaar, het die NAMPO-span op

Bothaville reggemaak om ’n topgehalte landboutentoonstelling

van dieselfde kaliber as die Oesdag van 12 tot 14 September in die

Overberg aan te bied.

NAMPO Kaap het afgeskop in ’n winderige en koue week, maar dit

het geen produsent van die skou weggehou nie. Die Graan SA-

ledelokaal was dié plek om gesien te wees en het as platform gedien

waar Graan SA-lede kon ontmoet, ontspan en ware Kaapse gasvry­

heid geniet. Die ledelokaal vorm deel van die Absa Events Centre,

tesame met die BBP- en Media-lokale, sowel as die Absa-BBP-lokaal.

Die uiteensetting het ideale netwerkgeleenthede aan produsente

verskaf en die jongste nuus met betrekking tot plaasaktiwiteite kon

uitgeruil word, met ’n stomende koppie cappuccino, geborg deur

John Deere Financial, in die hand.

Graan SA se bestuurspan, wat goed verteenwoordig was, kon

sodoende uitstekende geleenthede benut om met produsente,

agente, akademici en sleutelrolspelers te skakel. Die ledelokaal was

bedrywig en die gesprekke insiggewend.

Nog ’n eerste vir Kaapse produsente was die aanbieding van die

gewilde

Nasie in Gesprek

-reeks. Die eerste bespreking met die tema

“Hoe om nuwe energie in landbou te skep”, het ’n ervare paneel

kundiges aan die woord gestel, wat mnre Francois Strydom (HUB

van die Senwes Groep en voorsitter van Agbiz), Jannie de Villiers

(HUB van Graan SA), Alan Winde (Minister van Ekonomiese Sake in

die Wes-Kaap), Chris Burgess (redakteur van

Landbouweekblad

) en

André Uys (HUB van Acorn Agri & Food Groep en Overberg Agri)

ingesluit het. ’n Sessie oor die rol van intensiewe veeboerdery in

volhoubare vleisproduksie het die eerste dag afgesluit.

Dag twee se gesprek – ’n indringende bespreking oor die toekoms

van die garsbedryf – is deur De Villiers gelei. Die paneel, wat

mnre Josh Hammann (direkteur van Agro Development Africa for

AB InBev [Suid-Afrika se grootste brouery), Erenst Pelser (HUB van

SSK), RD Erasmus (voorsitter van die Gars Spesialiteitskomitee)

en Gert Claasen (kommersiële garsprodusent en lid van die Gars

Spesialiteitskomitee) ingesluit het, het insig in die kompleksiteit

van die garsbedryf verleen en die verskeie unieke uitdagings, onder

meer opberging en verbouing, uitgelig.

Die volgende tema onder die loep was die ondersoek na opleiding

en opleidingsinstansies in landbou. Die week is gepas afgesluit

met ’n gesprek gefokus op die jeug. Gasheer Theo Vorster het die

lewendige paneelbespreking met onder andere dr Dirk Strydom

(bestuurder: Graanekonomie en Bemarking, Graan SA), mnre André

’n Arendsblik van hoe dit by die eerste NAMPO Kaap gelyk het en wie

en wat daar was. Kyk uit vir meer foto’s oor dié geleentheid in ons

November-uitgawe.