Previous Page  11 / 116 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 11 / 116 Next Page
Page Background

9

October 2018

Latsky (hoof van Oakdale Landbouskool), Rian Joubert (finansiële

direkteur van JDI), John Hudson (hoof van Nedbank Agri-Dienste)

en Jackie van der Poll (Leeuwendrift Plaas) gelei. Vorster het ewe

gepas hulde gebring aan die eerste aanbieding van NAMPO Kaap

en hoe ’n sukses dit was – en het afgesluit met: “

Nasie in Gesprek

is hier om te bly! Ongeag die koue en wind, was die gees tydens

die skou fenomenaal en volgens die organiseerders is die verwagte

bywoningsyfer van 10 000 besoekers ver oorskry.”

De Villiers het tereg opgesom dat, alhoewel die nuwe vennootskap

dalk ‘n uitdaging aan die Graan SA-span gebied het, dit vir hulle

‘n ongelooflike ervaring was. “Dit was vir die span lekker om so

‘n uitdaging aan te vat en dit is wonderlik hoe hierdie uitdaging

uiteindelik sukses meegebring en aan ons nuwe energie verskaf

het.” Hy het verder die belangrikheid van Graan SA se betrokkenheid

in die gemeenskap beklemtoon en bevestig dat Graan SA ’n kwali­

teit skou vir sy produsente wou aanbied, sodat hul volhoubaarheid

op grondvlak verder verbeter kan word.

Waar daar aanvanklik gehoop is dat daar ongeveer 8 000 besoekers

oor die drie dae by NAMPO Kaap sou aandoen, was die organiseer­

ders verras oor die 16 300 besoekers wat uiteindelik opgedaag het.

Ter afsluiting bedank ons graag die Graan SA-span, sowel as die

Graan SA-hoofbestuurslede (mnre Jaco Minnaar, Andries Theron,

Richard Krige, André Kirsten en Chris Schoonwinkel) vir hul bydrae

tot ‘n uiters suksesvolle skou. Hou hierdie spasie dop, want 2019

se NAMPO Kaap gaan groter, beter en lewendiger wees. Ons sien

daarna uit om ons lede volgende jaar terug te verwelkom.

1: Die span agter al die reëlings van NAMPO Kaap. Voor: Jan-Hendrik Human (Bredasdorp Park Werkskomitee), Gert Aggenbach (Bredasdorp Park

Werkskomitee), AP van Zyl (Bredasdorp Park Werkskomitee) en Chrystal Engel (Bredasdorp Park NPC). Middel: Hailey Ehrenreich (Graan SA),

An-Jolene Snyders (Bredasdorp Park Werkskomitee), Marina Kleynhans (Graan SA), Alzena Gomes (Graan SA), Carmen Visser (Graan SA), Louise

Strydom (Graan SA), Rialeen Lombard (Graan SA) en Liana Stroebel (Graan SA). Agter: Wim Venter (Graan SA), Toit Wessels (Graan SA), Dirk Hanekom

(Bredasdorp Park NPC), Bennie Zaayman (Graan SA), dr Dirk Strydom (Graan SA), Dirk Uys (Bredasdorp Park NPC), Christiaan Neethling (Bredasdorp

Park Werkskomitee), Francois Pratt (Bredasdorp Park Werkskomitee) en Henk Aggenbach (Bredasdorp Park NPC).

2 tot 5: Die Graan SA-ledelokaal was dié plek om gesien te word en hier het Graan SA-lede ware Kaapse gasvryheid geniet.

6: Aanvanklik is gehoop dat ongeveer 8 000 besoekers NAMPO Kaap sou besoek...die organiseerders was verras oor die 16 300 besoekers wat

uiteindelik opgedaag het!

7: ’n Eerste vir Kaapse produsente was die aanbieding van die gewilde

Nasie in Gesprek

-reeks. Hier is Barend Sulvester (Kaap Agri Akademie),

Theo Vorster, Magda du Toit (Korporatiewe Kommunikasie: Bayer), Alfreda Mars (Middelpos Plaas), prof Johann Kirsten (direkteur: Bureau for

Economic Research) en Sylvester Lubambo (Harvest Time Investments).

8: Die vroueprogram, wat oor al drie dae aangebied is, het groot aftrek gekry. Retha de Villiers het daagliks die vroueprogram geopen en

Rooies Wessels was die aanbieder van die program.

3

4

5

2

6

7

8

1