Previous Page  113 / 116 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 113 / 116 Next Page
Page Background

Gronddebat:

Nou is daar feite op die tafel

Mense wat omgee

V

oorheen benadeeldes besit nou 26,7% van die totale aantal

hektare landbougrond in Suid-Afrika. Dit is beduidend

meer as die 14,9% van landbougrond wat in 1994 in

voorheen benadeeldes se besit was.

Voorts besit wit produsente nou 73,3% van landbougrond, teenoor

85,1% daarvan in 1994.

Dít is van die bevindings van ‘n omvattende grondoudit wat deur

Agri Development Solutions (ADS) in samewerking met Agri SA

en

Landbouweekblad

gedoen is. Dié oudit, wat gefokus het op

transaksies ten opsigte van landbougrond tussen 1994 en 2016, is in

November verlede jaar bekend gestel.

Die oudit wys dat vraag en aanbod – gewillige verkoper en gewillige

koper – wel werk om grondhervorming te laat plaasvind. Die verslag

bevat ook inligting oor die persentasie landbougrond per provinsie

wat al aan voorheen benadeeldes oorgedra is.

ADS se navorsing het ook die waarde van die grond in ag geneem

en het bevind dat 29% van die waarde van landbougrond nou in die

besit van voorheen benadeeldes is. In sommige provinsies is tot

50% van die waarde van landbougrond nou in voorheen benadeeldes

se besit.

Voorts toon ADS se studie ‘n kommerwekkende afname in die

hoeveelheid beskikbare landbougrond in Suid-Afrika. In 1994 was

daar 79 miljoen hektaar landbougrond, maar dit het afgeneem tot

76 miljoen hektaar.

Mnr Dan Kriek (president, Agri SA) het gesê dat grondbeleid in

Suid-Afrika te lank gegrond was op persepsie en emosie eerder as

feite. “Gesonde, volhoubare beleidsformulering moet op ‘n feitebasis

geskied. Hierdie grondoudit verskaf nou feite. Verdere navorsing

oor watter soort grondhervormingsprojekte volhoubaar is en watter

in die hek gaan duik, sal onderneem word,” het Kriek gesê.

AKTUEEL

Cut losses with

PRECISION

Plant with

VISION

Process Monitor

for Air Seeders

‡

Area

‡

Speed

‡

Tacho up to 4 axles

‡

Alarm on each function

‡

Easy to install

‡

Bin / Tank full

‡

Bin / Tank empty

Proudly Made

in South Africa

Tel: 012 345 3193

Fax: 012 345 6763

Web:

www.electrolee.co.za

Email:

info@electrolee.co.za

Sales:

sales@electrolee.co.za

Planter Monitor

‡

Seed per 100m per row, seed population

‡

Hectares worked and much more

‡

Easy to install and maintain

‡

Fertiliser and turning of axles

‡

Can be applied to most planters

‡

Real tough, rust and water resistant

DIREKTORAAT: KORPORATIEWE SKAKELING, AGRI SA

JANET LAWLESS,

bemarkingsbestuurder: Sentrale streek, InteliGro

Produk-inligting

A

ltesaam tien 30 ton-vragmotors met voer is gedurende

Desembermaand vanuit verskeie InteliGro bedienings-

areas na ‘n droogte-geteisterde Steytlerville gestuur. Die

voer is geskenk deur InteliGro Gewasoplossingspesialiste

en produsente met omgee-harte.

Steytlerville Boerevereniging het die vragte ontvang en versprei

na daar waar dit die nodigste is. Hiermee ‘n opregte dank aan

almal wat hierdie skenkings moontlik gemaak het: Time Trucking,

Monsanto, Adama en ons produsente.

Steytlerville-omgewing se produsente ontvang

InteliGro Droogtehulp.