Previous Page  106 / 116 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 106 / 116 Next Page
Page Background

AKTUEEL

Fotokompetisie

SAGIS vier

20 jaar

104

D

ie Suid-Afrikaanse Graan Inligtingsdiens (SAGIS) het op

3 November verlede jaar hul 20 jaar-herdenkingsfunksie by

die Voortrekkermonument in Pretoria gehou.

ie funksie is bygewoon deur onder andere vorige voorsitters van

SAGIS, vorige direkteure met vyf jaar en langer diens op die direksie,

SAGIS se eerste hoofbestuurder en ander rolspelers in die bedryf.

SANET NAUDÉ,

SAGIS

Sprekers en rolspelers by die 20 jaar-funksie: Anton Nebe (vise-voor-

sitter, SAGIS), dr John Purchase (voorsitter, SAGIS), Mariana Purnell

(direkteur van SAGIS), Jannie de Villiers (vorige voorsitter en direkteur

van SAGIS) en Nico Hawkins (hoofbestuurder, SAGIS).

Foto: Willie Louw

N

et omdat ‘n foto op skerm perfek lyk, beteken ongelukkig

nie dat dit in gedrukte media dieselfde sal vertoon nie.

Wanneer dit by foto’s kom, is daar twee groottes wat ‘n im-

pak het op die drukkwaliteit, naamlik die fisiese grootte (in

cm of mm) en die resolusie of

dots per inch

(dpi).

‘n Foto kan ‘n groot fisiese grootte hê – groter as 500 mm x 500 mm

– met ‘n resolusie so laag soos as 72 dpi en steeds bruikbaar wees

vir gedrukte media. Só kan ‘n kleiner foto met ‘n hoër resolusie ook

gebruik word. Die ideale resolusie is egter 300 dpi.

Deesdae word daar meer verwys na die ppi wat

pixels per inch

beteken. Die pixels op jou digitale kamera of rekenaarskerm word

omskep in kolletjies op ‘n gedrukte foto. Hoe meer pixels per senti-

meter jy het, hoe skerper sal jou foto's wees. ‘n PPI van tussen

200 en 400 lewer die beste foto’s.

Danksy slimfone word daar deesdae heelwat meer foto’s geneem.

Alhoewel dit wonderlik is om jou herinneringe op skerm te sien of

daarmee op sosiale media te spog, is dit nie ideaal vir gedrukte

media nie. Ten spyte van ‘n hoë megapixel-telling, maak slimfone

van heelwat kleiner sensors gebruik – wat saamgeperste beelde

met ‘n lae ppi lewer. Alhoewel ‘n 8 megapixel iPhone teoreties

‘n beeld van 25 cm x 20 cm kan lewer, vind fotograwe dat ‘n gedrukte

foto groter as 10 cm x 15 cm-kwaliteit reeds swakker begin vertoon.

Hoe om jou fotogrootte te sien: Maak die lêer oop waar jou foto

gestoor is. Regs-klik op die foto, maar moet dit nie oopmaak nie.

Klik op

Properties

en maak dan die

Details

-gedeelte oop waar jy die

breedte, hoogte en pixels van die foto sal kan sien.

Maak dus seker dat jy in aanmerking kom vir die prysgeld deur

goeie kwaliteit foto’s in te stuur.

Bronne

https://www.digitaltrends.com/photography/printing-large-photos-the-right-way-

version-1426197297/.

https://www.andrewdaceyphotography.com/articles/dpi/. https://knowledgebase.constantcontact.com/articles/KnowledgeBase/5616-deter-

mine-an-image-s-file-size-and-dimension.

Kies só jou beste foto

SA GRAAN/GRAIN REDAKSIE

Chrismari van der Westhuizen van Loeries-

fontein het die eerste prys van R1 500 in die

vorige uitgawe se kompetisie gewen met

die foto van klein Mischa Batt wat met

gansies speel.