

35
Graanekonomie en Bemarking
Grain economy and marketing
In die oorsigjaar het aktiwiteit op die @GrainSA Twitter-rekening
aansienlik vanaf 6 261 tot 9 416 toegeneem. Benewens twiets tydens
alle groot Graan SA-geleenthede soos Kongres, NAMPO, die Feesdag
en die Graanprodusent van die Jaar, word die rekening ook gebruik om
daaglikse markverslae en brandstofverslae te versprei.
Met die integrasie van Graan SA se sosialemedia- en webplatform
is oorkruisdeling vereenvoudig. Die Graan SA Facebook-blad bly
die gewildste platform en lede bly op ’n daaglikse grondslag met die
organisasie en ander sosialemedialede in verbinding. Interaksie met
gemeenskapslede sowel as die impak daarvan het wesenlik toegeneem.
Gebeure en geleenthede
Graan SA het weer eens verskeie gebeurtenisse aangebied en die
geleentheid gebied om met die media, regeringsverteenwoordigers,
verskaffers, landboubesighede, vennote en die algemene publiek
te kommunikeer en netwerke te bou. In ’n besige funksiekalender
het Graan SA in die oorsigjaar ’n aantal nuwe projekte begin en
vennootkappe met bestaande projekte gesluit.
NAMPO Oesdag
’n Nuwe rekordbywoningsyfer tydens NAMPO 2018 en die terugvoer
van die uitstallers dat hulle oor die algemeen goeie sake gedoen het,
getuig van die optimisme van die landbousektor, ten spyte van al die
onsekerhede wat Suid-Afrikaanse produsente in die gesig staar. Tydens
Graan SA se 52ste NAMPO Oesdag vanaf 15 tot 18 Mei 2018 het 82 817
besoekers deur die hekke gestroom. Met ’n keuse uit 746 uitstallers kon
elke besoeker die familie-atmosfeer en plaasgasvryheid wat so eiesoortig
is aan die Oesdag ten volle geniet. Die privaat landingstrook by NAMPO
Park het met gemak 361 vliegtuie en helikopters hanteer wat besoekers
heen en weer karwei het.
NAMPO 2018 het ’n gediversifiseerde uitstalling met ’n verskeiden-
heid nuwe tegnologieë, produkte en dienste op een terrein aangebied.
Graanprodusente kon vergelykings tref en ingeligte besluite neem met
die oog op volhoubare produktiwiteit en winsgewendheid. Graan SA
fokus op ’n beter eerder as ’n groter NAMPO Oesdag en bevorder en
streef hierdie landboufamilie-ervaring deurlopend na. NAMPO het ver-
skeie besoekers uit Afrika, buurlande en plaaslike politici getrek, en die
internasionale paviljoen groei steeds. Die Oesdag het heelwat publisiteit
gekry en bring stedelike Suid-Afrika steeds nader aan landbou. Die
Graan SA en NAMPO Belewenissentrum het die organisasie se aktiwitei
te en fokusareas bekend gestel en die NAMPO-handelswareverkope,
wat na die NAMPO-saal verskuif is, was uiters suksesvol.
Graan SA het weer vir die derde agtereenvolgende jaar sy jaarlikse
leerderprogram aangebied, met ’n sterk verbintenis tot leerderontwik-
keling op die gebiede van sosialemediabemarking en kommunikasie vir
toekomstige groei en bemagtiging. Leerders van die NAMPO Com-
bined Agricultural School op Bothaville het die geleentheid gehad om ’n
digitalemedia-kortkursus by te woon en terselfdertyd as interns by die
NAMPO Oesdag te werk sodat hulle hul nuwe kennis kon uitbrei en toe
pas. Die doel van die kursus en daaropvolgende internskap was om die
leerders te leer om sosiale media doeltreffend te gebruik as ’n manier
om in die plaaslike gemeenskappe ’n bietjie ekstra sakgeld te verdien.
NAMPO Kaap
Die eerste NAMPO Kaap is vanaf 12 tot 14 September 2018 in
samewerking met die Bredasdorp Park NPC op Bredasdorp aangebied.
16 245 besoekers het hierdie gesogte geleentheid oor die drie dae
bygewoon. Met behulp van die beste wat NAMPO in die noorde kan
aanbied, het Graan SA ’n uitstalling soos geen ander in die suide nie
met 306 uitstallers aangebied. Die immer gewilde Nasie in Gesprek-
forum, ’n geïntegreerde deel van NAMPO, het ’n ateljee opgestel wat
op insiggewende gesprekke en onderwerpe vir die produsent en die
landbou-uitdagings van die dag gefokus het.
During the year under review, activity on the @GrainSA Twitter
account increased substantially from 6 261 to 9 416. In addition to
tweeting during all major Grain SA events, such as Congress, NAMPO,
Day of Celebration and the Grain Producer of the Year, the account is
also utilised to disseminate daily market and fuel reports.
With the integration of the Grain SA social media and web platforms,
cross sharing has been simplified. The Grain SA Facebook page
remains the most popular platform, with members interacting with
the organisation and fellow social media users on a daily basis. Both
interactions with community members as well as its impact have
increased substantially.
Events and occasions
Grain SA once again hosted a multitude of events and leveraged the
opportunity to communicate and network with the media, government rep-
resentatives, suppliers, agri-businesses, partners and the public at large.
Entering into a couple of new ventures and partnering with existing ones,
Grain SA had a busy event calendar for the year under review.
NAMPO Harvest Day
A new record attendance figure achieved during NAMPO 2018 and
the feedback from the exhibitors that they mainly did good business
testify to the optimism of the agricultural sector despite all the uncer-
tainties facing South African producers. Grain SA’s 52nd NAMPO
Harvest Day saw 82 817 visitors streaming through the gates from
15 to 18 May 2018. Having a choice of 746 exhibitors, each visitor
fully enjoyed the family atmosphere and farm hospitality that are
so unique to the Harvest Day. The private airstrip at NAMPO Park
handled 361 aeroplanes and helicopters, ferrying a variety of visitors
there, with ease.
NAMPO 2018 offered a diversified exhibition with a variety of new
technology, products and services on one site. Grain producers could
make comparisons and informed decisions with a view to sustainable
productivity and profitability. Grain SA focuses on a better, rather than
bigger NAMPO Harvest Day and continuously pursues and promotes
this agricultural family experience. NAMPO received various visitors
from Africa, neighbouring countries and local politicians together with
an ever increasing international pavilion. The Harvest Day was well
publicised bringing urban South Africa ever closer to agriculture. The
Grain SA and NAMPO Experience Centre showcased the organisation’s
activities and focus areas and the NAMPO merchandise sales, which
moved to the NAMPO Hall, proved extremely successful.
Grain SA once again hosted its annual learner programme for the
third year running, with a stern commitment to learner development in the
fields of social media marketing and communication for future growth and
empowerment. Learners from the NAMPO Combined Agricultural School
in Bothaville, had the opportunity to attend a digital media short course
and, at the same time, work as interns at the NAMPO Harvest Day, in
order to both expand and apply their newly acquired knowledge. The aim
of the course and subsequent internship was to train the students in the
safe and effective use of social media as a medium of earning some extra
pocket money in their local communities.
NAMPO Cape
The inaugural NAMPO Cape was hosted from 12 to 14 Septem-
ber 2018 in co-operation with the Bredasdorp Park NPC in Bredasdorp.
16 245 visitors attended this prestigious event over the three days.
Taking the best of what NAMPO has to offer up north, Grain SA
presented a showcase like no other in the south with 306 exhibitors.
The ever popular Nation in Conversation forum, an integral part of
NAMPO, set up a studio focused on insightful conversations and
topics for the producer and the agricultural challenges of the day.
Kommunikasie en openbare betrekkinge
Communication and public relations