Previous Page  24 / 143 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 24 / 143 Next Page
Page Background

22

Jaarverslag 2018

annual report 2018

plaas besondere druk op die winsgewendheid van produsente en

dit is weer eens bevestig dat heelwat werk nodig is om die plaaslike

produsente volhoubaar en winsgewend op uitvoerpariteitsvlakke te kry.

Die wisselkoers het beduidend verswak en die Brent-ruolieprys het

drasties gestyg – wat tot gevolg gehad het dat insette skerp gestyg het.

Graan SA het heelwat tyd belê in die bevordering van die bedryf

deur:

Insetkostes te monitor, gegewe internasionale bewegings en neigings.

Invoertariewe op insette te verwyder.

Internasionale en plaaslike navorsingkoördinering vir die bevordering

van produksie.

Markinligting te versamel en te versprei om produsente in staat te stel

om beter bemarkingsbesluite te neem – wat insluit ad hoc-verslae,

daaglikse markverslae, video’s asook gesprekke by boeredae.

Konsultasie met die regering rakende die regulatoriese omgewing

en om te verseker dat die plaaslike mark uitvoermarkte het en nuwe

uitvoermarkte ontwikkel.

Graan SA het met behulp van die Mielieforum ’n uitvoerstrategiese

beplanningsdag gehou waar al die rolspelers bymekaargekom het.

Die goeie nuus is dat addisionele markte vir handel oopgemaak kon

word. Iran is een van die markte wat onlangs geopen is. Die mark bied

groot geleenthede, omdat Suid-Afrika ’n logistieke voordeel geniet. Die

uitdaging in terme van uitvoere vir die seisoen was onder andere dat die

plaaslike prys, weens verskeie redes, nie mededingend op die globale

mark was nie.

Buiten vir die daaglikse markinligting wat die afdeling aan al die

lede en die publiek beskikbaar stel, het die afdeling op verskeie vlakke

versoeke en onderhandelings vir nuwe markinligting behartig. Die

statutêre rapportering van intensies vir die invoer en uitvoer van mielies

is vir die eerste keer gepubliseer. Intensies vir die in- en uitvoer van

koring sal hopelik ook eersdaags op dieselfde basis gerapporteer word.

Die maandelikse verwerkingsyfers, op provinsiale vlak, word gepubliseer.

Die aanvraag vir verwerkingsyfers het opnuut aan Graan SA die

geleentheid gebied om die verwysingspunt van graanverhandeling te

analiseer en met daardie feite, opnuut te onderhandel. Die liggings-

differensiaal bly ’n knelpunt vir produsente en met onderhandelings

het Graan SA dit reggekry dat sojaboonverhandeling die status quo

handhaaf en dat ’n onafhanklike studie gedoen word oor die huidige

bepaling en werking van die differensiaalstelsel op alle gewasse. Die

verbintenis van handelaarsverslag (

Commitment of Traders Report

)

word ook deur die Finansiële Diensteraad (FSB) ondersoek en kan

hopelik met die goedkeuring van dié raad binnekort gepubliseer word.

Die opleiding en die verspreiding van markinligting bly ’n priori­

teit binne Graan SA. Daar is op ’n gereelde basis Safex-kursusse vir

produsente, landboubesighede asook finansierders aangebied, om

sodoende ’n bydrae te lewer dat goeie bemarkingsbesluite geneem

word. Die vryemarkstelsel kan slegs optimaal funksioneer indien vol­

doende markinligting vir alle rolspelers in die waardeketting beskikbaar

is. Graan SA het ook ’n vennootskap met die Buro vir Voedsel en

Landboubeleid (BFAP) aangegaan om meer spesifiek te bepaal hoe

mededingend die Suid-Afrikaanse graanbedryf gemeet teen globale

mededingers is. Dit skep nuwe insig in terme van waar fokusareas

geskep moet word, maar ook om met insetverskaffers en owerhede in

gesprek te tree. Die inligting wat BFAP beskikbaar stel, het Graan SA

reeds op verskeie vlakke in onderhandelings ondersteun.

Volhoubare produksie bly ’n belangrike saak – en saadtegnologie

vorm deel hiervan. ’n Aansoek vir ’n statutêre teling- en tegnologiehef­

fing (R65/ton) is reeds in 2016 ingedien om beskikbaarheid van

saadtegnologie te verbeter. Dit sal telers vergoed vir vordering met be-

trekking tot nuwe kultivars, maar om ook nuwe tegnologie na Suid-Afrika

pressure on the profitability of producers, and it has been confirmed

once more that considerable work is needed to get local producers

sustainably and profitably at export-parity levels. The exchange rate

weakened considerably, and the price of Brent crude oil increased

drastically, which led to inputs rising sharply.

Grain SA has invested considerable time in promoting the

industry by:

Monitoring input costs, given international movements and trends.

Removing import tariffs on inputs.

Co-ordinating international and local research to promote production.

Gathering and distributing market information to enable producers

to make better marketing decisions – including ad hoc reports, daily

market reports, videos and presentations at farmers days.

Consulting with the government on the regulatory environment to

ensure the local market has export markets, and develops new

export markets.

Grain SA, with the aid of the Maize Forum, held an export strategy

planning day where all the role-payers gathered. The good news

was that additional markets for trade could be unlocked. Iran is one

of the markets that was recently unlocked. This market offers great

opportunities, as South Africa has a logistic benefit. The challenge in

terms of exports this season included that local prices were – for various

reasons, not competitive in the global market.

In addition to the daily market information that the division distributes

to all members and the public, the division also dealt with requests and

negotiations for new market information at various levels. The statutory

reporting of intentions for the import and export of maize was published

for the first time. It is hoped that intentions for importing and exporting

wheat will be reported on the same basis soon. The monthly processing

figures, at provincial level, are published.

The demand for processing figures offered Grain SA a renewed

opportunity to analyse the point of reference for grain trading and

negotiate afresh on the basis of those facts. The location differential

remains an obstacle to producers, and Grain SA managed to negotiate

for soybean trading to maintain the status quo, and for an independent

study to be conducted on the current establishment and operation of

the differential system on all crops. The Commitment of Traders Report

is also being investigated by the Financial Services Board (FSB) and it

is hoped that, with the approval of this board, it will be published soon.

The training and distribution of market information remains

a priority in Grain SA. Safex courses were regularly offered to

producers, agribusinesses and financiers to make a contribution

towards good marketing decisions. The free-market system can

only function optimally if sufficient market information is available

to all role-players in the value chain. Grain SA also entered into a

partnership with the Bureau for Food and Agricultural Policy (BFAP) to

more accurately measure how competitive the South African grain

industry is compared to global competitors. This creates new insights

in terms of where focus areas have to be created, and where to become

involved in discussions with input providers and authorities. The

information provided by the BFAP has already supported Grain SA

in negotiations at various levels.

Sustainable production remains an important issue, and seed

is an important part of this. An application for a statutory breeding

and technology levy (R65/ton) was submitted in 2016 to improve the

availability of seed technology. This will compensate breeders for

progress with respect to new cultivars, but also for attracting new