Previous Page  25 / 143 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 25 / 143 Next Page
Page Background

23

te lok. Terughouding van saad het tot gevolg dat nuwe tegnologie nie

die Suid-Afrikaanse mark betree nie, daarom kan die heffing meebring

dat internasionale rolspelers die tegnologie na Suid-Afrika bring. Na

menige gesprekke en selfs interdikte is die aansoek goedgekeur en sal

dit reeds in die 2019-produksieseisoen in werking tree. Die voordeel van

die program is dat van die tegnologie reeds binne Suid-Afrika getoets

is. Die verwagting is dat opbrengste met 10% kan verhoog as tegnolo-

gie vir produksie goedgekeur word, wat beteken dat produsente meer

volhoubaar kan wees.

In die wintergraanproduksiestreek was die 2018-seisoen meer

belowend as die 2017-seisoen. Die grootste gedeelte van die streek het

goeie reëns ontvang en daar was daarom verwagtinge van ’n voortreflike

oes. Dele van die Suid-Kaap het egter, met droogte vroeg in die seisoen,

’n uitdagende seisoen ervaar. Reën het daarom betreklik laat geval, wat

druk op produksie geplaas het. Later het besondere sterk winde en ryp-

skade in albei streke die verwagtinge van goeie oeste gedemp. Die om-

draaistrategie is steeds in proses en buiten vir die veranderinge soos die

graadprysdiskonto en die verslapping van kultivarvrystellingskriteria, wat

reeds plaasgevind het, word daar nog steeds gewerk aan faktore soos die

verbetering van die invoertariefstelsel, die verandering van die gradering

en die implementering van ’n prysdiskonto op buitelandse Safex-lewerings

asook verdere verslappings.

Graan SA is voorts besig om homself binne die garsbedryf daarvan

te vergewis dat prysbepalings regverdig plaasvind. Daar is selfs ’n regs­

opinie by die Mededingingskommissie ingedien. Wat kanola betref,

is uitdagings ervaar in terme van die ontkieming van saad. Graan SA

het ’n beduidende rol in die oplossing van die uitdagings vir produsente

gespeel. ’n Positiewe wending is dat die invoertarief op kanolasaad wel

verwyder is, wat beteken dat produsente in die toekoms invoertarief-

vrye saad kan aankoop.

Die uitbetaling van die dieselrabat is en bly ’n groot uitdaging.

Graan SA het nuwe voorstelle ingedien met betrekking tot die hantering

van die dieselrabat en moontlike toekomstige veranderinge. Verder

is daar op ’n deurlopende basis met sleutelpersoneel by die Suid-Afri-

kaanse Inkomstediens (SAID) vergader en het Graan SA dit reggekry

dat SAID se hoofkantoor vir ons ’n kanaal skep waardeur ons lede se

besware kan aanmeld, sou sodanige produsente nie deur middel van die

normale kanale regkom nie. Graan SA hou vol om lede te ondersteun

deur oplossings in samewerking met sodanige lede se ouditeurs te vind.

’n Groot aantal van die bogenoemde veranderlikes bly kommerwek­

kend vir die bedryf en gaan deurentyd steeds aandag geniet – ten

spyte van positiewe verwikkelinge en oplossings. Dit bly belangrik om te

verseker dat ons produsente effektiewe, betroubare inligting het om hul

aankoop- en bemarkingsbesluite te ondersteun en volhoubare produksie

te verseker. Die afdeling het ’n span kundiges wat die visie nastreef.

NAMPO

’n Nuwe rekord-bywoningsyfer is weer tydens NAMPO 2018 behaal

en die terugvoer van uitstallers is dat hulle oorwegend goeie besigheid

gedoen het. Volgens die kaartjieverkope het 82 817 besoekers deur die

hekke gestroom om die 746 uitstallers te besoek en die familie-atmosfeer

en plaasgasvryheid wat so eie aan die Oesdag is, te kom geniet. NAMPO

Park se privaat vliegveld het 361 ligte vliegtuie en helikopters – wat ’n ver-

skeidenheid van besoekers daarheen vervoer het – met gemak ontvang.

Na aanleiding van ’n studie wat deur die bemarkingspan onder

uitstallers gedoen is, was die terugvoer uiters positief en is die span

spesifiek gekomplimenteer met die professionele bestuur van die

Oesdag. Dit is vir Graan SA uiters belangrik dat die plaaslike ekonomie

ook by die geleentheid baat vind, en uitstallers het aangedui dat hul

gemiddeld R51 800 plaaslik aan verblyf, etes en arbeid spandeer het.

Dit is ’n totaal van R38,7 miljoen wat slegs deur uitstallers spandeer is.

Graanekonomie en Bemarking

Grain economy and marketing

technology to South Africa. Holding back of seed results in new

technology not entering the South African market, but the levy can

result in international role-players bringing the technology to South

Africa. After many discussions and even interdicts, the application was

approved and will come into effect in the 2019 production season. The

benefit of the programme is that some of the technology has already

been tested in South Africa. Yields are expected to increase by a

possible 10% if technology is approved for production, which means

that producers can be more sustainable.

In the winter grain production region the 2018 season was more

rewarding than the 2017 season. Most of the region received good

rains and resulting in expectations of an excellent crop. However,

parts of the Southern Cape experienced a challenging season

with the drought early in the season. Rain came relatively late, which

put production under pressure. Later, very strong winds and frost in

both regions dimmed expectations of good harvests. The turnaround

strategy is still in progress, and except for changes such as the grade

price discount and the relaxing of cultivar exemption criteria, which

have already occurred, we are still working on factors like improving

the import tariff system, changing the grading and implementing a

price discount on foreign Safex deliveries, as well as further relaxations.

Grain SA is also establishing that pricing in the barley industry

occurs in a fair manner. A legal opinion was even submitted to the

Competition Commission. As far as canola is concerned, challenges

were experienced in terms of the germination of seed. Grain SA played

a significant role in solving the challenges for producers. A positive

development is that the import tariff on canola seed was removed, which

means that producers can purchase import-tariff-free seed in future.

The payout of the diesel rebate remains a major challenge. Grain SA

submitted new proposals on dealing with the diesel rebate, as well as

possible future changes. Furthermore, meetings with key employees at

the South African Revenue Services (SARS) were held on an ongoing

basis and Grain SA managed to get the head office of SARS to create

a channel through which we can report objections from members if

they do not receive satisfactory solutions through the normal channels.

Grain SA continues to support its members by finding solutions in

collaboration with the auditors of these members.

A large number of the above variables remain of concern to the

industry and will receive continued attention – despite positive

developments and solutions. It remains important to ensure that our

producers have effective and reliable information to support them in

their purchasing and marketing decisions and to ensure sustainable

production. The division has a team of experts who pursue this vision.

NAMPO

A new record attendance figure was again achieved at NAMPO 2018,

and the feedback from exhibitors was that they generally did good

business. According to ticket sales, 82 817 visitors streamed through the

gates to visit the 746 exhibitors, and to enjoy the family atmosphere and

farm hospitality that are so unique to Harvest Day. The private airstrip at

NAMPO Park handled 361 light aeroplanes and helicopters, ferrying a

variety of visitors there, with ease.

A study done among exhibitors by the marketing team received

extremely positive feedback and the team was specifically commended

for the professional management of the Harvest Day. It is extremely

important to Grain SA that the local economy should also benefit from

the event, and exhibitors indicated that, on average, R51 800 was

spent locally on accommodation, meals and labour. This amounts to

a total of R38,7 million spent by the exhibitors only. Note that this

Graanekonomie en ledebemarking

Grain economy and member marketing