Previous Page  8 / 120 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 8 / 120 Next Page
Page Background

< 6

www.nampo.co.za

SPECIAL EDITION

AKTUEEL

NAMPO 2018

NAMPO Oesdag

beklemtoon nuwe tegnologie

Graan SA/Grain SA

Eerder beter as groter

Graan SA se NAMPO Oesdag is dinamies en elke jaar streef

die organiseerders daarna om tred te hou met die verande-

rende behoeftes, vereistes en verwagtinge van produsente en

rolspelers in die landbousektor. Die organiseerders het egter

vir die onmiddellike toekoms, na die vergroting van die terrein

die afgelope twee jaar, die besluit geneem dat daar eerder na

“beter” as “groter” gestreef gaan word.

Van die aksies wat in dié verband plaasgevind het, is die beskik-

baarstelling van ‘n internasionale tent uitsluitlik vir oorsese be-

soekers en uitstallers. Hierdie gebaar van gasvryheid, wat ook

in Argentinië en die VSA toegepas word, sal aan internasio-

nale afgevaardigdes en uitstallers ‘n heenkome bied gedurende

skou-ure waar hulle asem kan skep of onderling kan vergader.

Die ontvangslokaal vir belangrike gaste is ook vergroot omrede

daar ‘n toenemende behoefte is vir spasie met die oog op

amptelike ontmoetings en gesprekvoering. Die bestaande

raadsaal is omskep in twee areas sodat kleiner groepe daarin

kan vergader en ruimte is geskep vir ‘n groter raadsaal.

Plaaslike Oesdaggangers drink egter nie aan die agterspeen

nie. Vanjaar sal kommersiële landbouers nie minder nie as 700

plaaslike en 14 internasionale uitstallers se produkte en ken-

nis tot hul beskikking hê. Die organiseerders het ook daarop

ag geslaan dat produsente hand-aan-hand met graanboerdery

hulle voorliefde vir wild uitleef. Hiérdie produsente kan gevolg-

lik voortaan uitsien na ‘n wildsaal.

Die vergrote skouterrein het ook daartoe gelei dat daar aan-

sienlik meer sitplekke aangebring is, waar moeë bene kan rus.

Nie-winsgewende organisasies in die gemeenskap sal ook weer

eens die kosstalletjies hanteer. Sodoende word noodsaaklike

befondsing in die gemeenskap teruggeploeg.

Die fokus op ‘n beter, eerder as ‘n groter NAMPO Oesdag, sal

ook deurgaans aangewend word om die gevoel van ‘n land-

boufamilie – soos omskryf deur ‘n Italiaanse afvaardiging – te

behou en uit te brei.

SUID-AFRIKAANSE KOMMERSIËLE PRODUSENTE

is in-

ternasionaal bekend vir hul ontvanklikheid vir nuwe tegnologie in die

landboubedryf. Die aanwending van sodanige tegnologie word as een

van die hoofredes beskou waarom Suid-Afrika kan roem op volhoubare

voedselproduksie binne ‘n dikwels onvriendelike landbou-omgewing met

klein winsmarges. Die tema “Effektiwiteit met tegnologie” is derhalwe

gepas vir NAMPO Oesdag 2018 en vind groot byval by produsente.

“Hiérdie jaarlikse hoogtepunt op die landboukalender bied ‘n gediver-

sifiseerde handelstentoonstelling met ‘n wye verskeidenheid van nuwe

tegnologie, produkte en dienste op een terrein. Produsente kan sodoen-

de vergelykings tref en ingeligte besluite neem met die oog op vol-

houbare produktiwiteit en winsgewendheid,” sê mnr Jannie de Villiers,

uitvoerende hoofbestuurder van Graan SA. “Graan SA streef dus daar-

na om die NAMPO Oesdag handel-georiënteerd te hou, met spesifieke

fokus op landbou.

SA Graan/Grain

redaksiespan

“Die NAMPO Oesdag is ook die één geleentheid waar rolspelers

soos kommersiële en opkomende boere, produk- en diensverskaffers,

politici en ander beleidvormers, staatsamptenare, buitelanders, media

en die algemene publiek skouer kan skuur binne ‘n unieke atmosfeer

van welwillendheid. Ons lede leer mekaar ook beter ken en waardevolle

produksiekennis word uitgeruil. Op ‘n informele en ontspanne wyse en

ver verwyder van amptelike raadsale, skep die Oesdag ‘n geleentheid

waar gedagtes, onder meer oor sensitiewe landboukwessies, deur

rolspelers aan beide kante van die spektrum, uitgeruil kan word. We-

dersydse begrip word hierdeur bewerkstellig.

“Hierdie landboutentoonstelling dien ook as ‘n opvoedingsmeganisme

vir kommersiële landbou. Dit is nie ongehoord dat diegene wat verant-

woordelik is vir die bepaling en uitvoering van landboubeleid, asook

landboudrukgroepe, daarop wys dat hulle kennis en insig verbreed het

na ‘n besoek aan die NAMPO Oesdag nie. ‘n Aspek wat veral onder

hulle aandag kom, is die hoë kostes van kommersiële landbou en die

uitdagings vir opkomende boere.

“Suid-Afrika is ook die enigste land in Afrika wat kan roem op voed-

selsekerheid – en gevolglik word daar jaarliks ‘n groot aantal Afrika-

besoekers en -afvaardigings by die Oesdag ontvang. Jongmense wat

aspireer om produsente te word, asook die algemene publiek, kom ook

diep onder die indruk van die uitdagings van kommersiële landbou.

“As ‘n beeldbou-aksie vir kommersiële landbou is die NAMPO Oesdag

ook van onskatbare waarde. Dit skep onder meer ‘n geleentheid om

al die aangeleenthede rakende kommersiële landbou onder die

besoekende media se aandag te bring. Nie alleen bevorder dit media-

verhoudinge nie, maar ook ingeligte mediaverslaggewing. Die ingerigte

mediasentrum kom daarom handig te pas.

“Die aanbieding van dié landbouskou is egter nie sonder probleme nie.

Ondanks voortdurende gesprekvoering met provinsiale gesagsbekleërs

en die finansiële voordele wat die Oesdag vir die Vrystaat inhou, bly die

grootste kopseer die toegangspaaie na NAMPO. Dit het daartoe gelei

dat heelwat meer besoekers na NAMPO toe vlieg en hoë eise word aan

die grond-aanloopbaan gestel. ‘n Ondersoek na die teer daarvan het

egter getoon dat dit onekonomies sal wees.

“‘n Belangrike voordeel van die Oesdag is dat dit as langtermynbeleg-

ging vir Suid-Afrikaanse kommersiële landbou dien. Die Oesdag word

winsgewend bedryf en die inkomste word gebruik tot voordeel van

Graan SA se lede, winsgewende kommersiële landbou en volhoubare

voedselsekerheid,” het hy gesê.

“Graan SA beskou die NAMPO Oesdag as een van die beste bydraers

om hierdie doelwitte bereikbaar en volhoubaar te maak.”

Volgens Jannie de Villiers is die netwerk geleenthede wat die

NAMPO Oesdag lewer ‘n belangrike, bydraende faktor tot

winsgewende en volhoubare landbouproduksie.