Previous Page  14 / 120 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 14 / 120 Next Page
Page Background

< 12

LANDBOU-ALGEMEEN

www.nampo.co.za

NAMPO 2018

SPECIAL EDITION

Kraakvars kontreinuus

uit Noordwes

JOHAN BEZUIDENHOUT,

groepbestuurder: Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie, NWK

“L

iewe Ma, hoe gaan dit met Pa?” het Kleinjan destyds in sy

bekende briewe vanaf die Grens geskryf. ‘n Geselsbrief

vanaf NWK aan sy klante vandag, sal tien teen een handel

oor hoe die besigheid tans sy vere regskud vir ‘n opwinden-

dende tweede eeu in die landbou, oor die gemeenskappe waarby NWK

betrokke is en oor die NAMPO Oesdag wat voorlê.

Nuus vanaf die verre westelike dele van die Noordwes-tuisfront is dat

die groep doelgerig vorder met sy herfokus op kernsake. Na die direksie

die groep se Afrika-strategie gedurende verlede jaar weer in oënskou

geneem het, het die onttrekking uit Botswana, asook die afskaling van

besigheidsbelange in Zambië, gevolg.

‘n Transaksie om die meulbesigheid, Noordfed, te verkoop is gedurende

Februarie vanjaar gefinaliseer. “Dié transaksie en die uittrede uit die

Afrika-beleggings verminder NWK se residuele risiko aansienlik en ver-

leen ‘n rooskleurige prentjie aan die groep se toekoms,” het mnr Pieter

Kleingeld, hoof finansiële beampte, gesê.

“Die direksie en bestuur het sekere riglyne goedgekeur, wat in die afsien-

bare toekoms gekommunikeer sal word. Klantgerigtheid ekstern sowel

as intern is een van die dryfvere hoog op NWK se agenda en is onon-

derhandelbaar,” het mnr Theo Rabe, hoof uitvoerende beampte, na ‘n

strategiese sessie op 8 en 9 Maart vanjaar gesê.

As ‘n leidende New Holland-handelaar was NWK se gebiedsuitbreiding

na Delmas en Middelburg in Mpumalanga ‘n paar jaar gelede, die eerste

stap om die groep se meganisasievoetspoor te vergroot. Die gebiede van

Ventersdorp, Brits, Tarlton en Vryburg is ook onlangs aan NWK Mega-

nisasie toegeken. Ondersteunend hiertoe word dorpe soos Ottosdal,

Delareyville en Mareetsane, asook ATC Lichtenburg, as onderdelever-

spreidingspunte bedryf, waar ‘n groot verskeidenheid onderdele deur

produsente bekom kan word.

Tyd vir terugploeg

‘n Klante-lojaliteitsprogram wat op 1 September verlede jaar afgeskop

het, bied aan enige persoon of instansie wat met NWK Handel en/of

NWK Graan sake doen die geleentheid om vir hul lojaliteit beloon te word.

Dit is ook ‘n aansporing vir alle produsenteklante om aandeelhouding in

die groep te bekom en vir sake-entiteite, die publiek en personeel om ver-

dere aankope te doen.

NWK is deurlopend betrokke by die gemeenskappe waarin dit funk-

sioneer en neem dikwels aan aksies deel om nood te verlig.

Nog ‘n gebied waar die groep in die gemeenskap terugploeg, is die

jaarlikse Grip 4 Charity-projek. Dié leweransiersgholfdag is ‘n sosiale

netwerkgeleentheid, wat in vennootskap met ons leweransiers aange-

bied word om fondse vir liefdadigheid in te samel. Met die nagenoeg

R1,3 miljoen wat sedert 2006 ingesamel is, is 21 gemeenskapsinstansies

reeds ondersteun. Die hoogste jaarlikse skenking tot dusver is verlede

jaar gemaak toe R100 000 elk aan die Thusanang Traumasentrum op

Lichtenburg en die Compass Sorgsentrum in Edenvale gemaak is. Beide

organisasies bied ondersteuning aan mishandelde vrouens en kinders.

“Voerskenkings wat produsente van die Noordwes Provinsie gedurende

2016 tydens een van die ergste droogtes ooit van wyd en syd ontvang

het, is nog vars in die geheue. Hierdie is ‘n geleentheid om toe te tree en

medeprodusente in nood by te staan,” het mnr Heinrich Krüger, voorsit-

ter, aangekondig voor NWK en produsente hande gevat het om mie-

lieskenkings in te samel en aan te ry na droogtegeteisterde gebiede van

die Boesmanland en Namakwaland, asook vir Suid-Kaapse produsente.

NWK slaan die bevordering van landelike beveiliging hoog aan. ‘n Suk-

sesvolle vennootskap met Afgri, Senwes en OFM Stereo het verlede jaar

gesorg vir ‘n gesamentlike skenking van R456 000 aan die Agri Securitas

Trustfonds. ‘n Gholfdag ten bate van Agri Securitas is ook op 25 Oktober

verlede jaar deur NWK en Senwes aangebied.

Terloops, ‘n besoek aan die NAMPO Oesdag (15 - 18 Mei) is nie volledig

sonder om by die NWK-stalletjie in die NAMPO-saal aan te doen nie.

Ons sien uit om jou daar te verwelkom.

As deel van die droogtehulp aan Suid-Kaapse produsente het NWK op 15 Augustus verlede jaar die eerste vrag van 36 ton witmielies by

Vermaas Silo uitgelaai. Dié vrag was bestem vir Herold, ‘n klein dorpie in die Montagu-pas, halfpad tussen George en Oudtshoorn.

Produk-inligting

Graan SA/Grain SA