Previous Page  6 / 120 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 6 / 120 Next Page
Page Background

< 4

www.nampo.co.za

SPECIAL EDITION

AKTUEEL

NAMPO 2018

Graan SA/Grain SA

DIE HAASTIGE PRODUSENT

met die radio in die hand wat hier,

daar en oral is en altyd ‘n glimlag vir almal het – selfs as sake agter en

voor die skerms op hul drukste verloop: Dié prentjie van mnr Cobus van

Coller (voorsitter van die Oesdagkomitee) het die afgelope paar jare

sinoniem met die NAMPO Oesdag geword.

Twaalf jaar nadat hy die eerste keer lid van die NAMPO Oesdagkomitee

geword het, lê Van Coller vanjaar die tuig neer. Hierdie jaar sal sy agtste

NAMPO as voorsitter van dié komitee wees.

Toe hy vroeër vanjaar tydens die Graan SA Kongres, Streek 23 se leisels

in die Hoofbestuur oorgegee het, was dit met ‘n knop in die keel – veral

toe hy vertel die groot rede is sy voorslag-vrou, Magdel, en hul kinders,

Johané (15) en Janico (13). Magdel het gereeld vanaf hul plaas, Libanon,

alleen die familieboerdery, huishouding en die kinders se bedrywighede

bestuur, terwyl hy sy tyd aan Graan SA en die Oesdag afgestaan het.

Cobus van Coller en Toit Wessels

SA Graan/Grain

redaksiespan

Hy sê hy het destyds die Oesdagkomitee gekies omdat dié geleentheid

“mos maar naby aan ons almal se harte lê”. Vir hom is dit die hart-

klop van landbou en dit was net reg en lekker om van die begin van sy

Graan SA-termyn af ten nouste daarby betrokke te wees.

“As skoolkinders het ons NAMPO elke jaar besoek – en later ook as

studente. Ek het een keer selfs ‘n groep mense van die stad af soontoe

geneem, min wetend dat ek dit eendag sou help organiseer.”

Op die vraag oor hoogtepunte in sy twaalf jaar op die Oesdagkomitee,

sê hy die een ding wat vir hom bowenal uitstaan, is die mense: “Ons land

se mense wat elke jaar daarnatoe kom. Die massa mense wat heeldag

daar is. En die algehele vrede en vreugde wat op daardie terrein heers.

Veral in baie moeilike jare, soos met die droogte, was die groot vraag

altyd: Gaan die produsente NAMPO toe kom? En dit was vir my elke keer

so lekker om te sien hulle het gekom.

Cobus gee stuurstokke

met agtste NAMPO oor