Previous Page  3 / 120 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 3 / 120 Next Page
Page Background

EIENAAR/UITGEWER

GRAAN SA

POSBUS 74087, LYNNWOOD RIDGE, 0040

Tel: 086 004 7246

www.grainsa.co.za

REDAKSIE

Dr Dirk Strydom

BESTUURDER: GRAANEKONOMIE EN BEMARKING

Tel: 086 004 7246 • Sel: 082 852 4810

E-pos:

dirks@grainsa.co.za

REDAKTEUR

: Estie de Villiers

Tel: 081 236 0534

Sel: 083 490 9449

Faks: 086 275 4157

E-pos:

estie@infoworks.biz

BESTURENDE REDAKTEUR:

Johan Smit

Tel: 018 468 2716 • Sel: 082 553 7806

E-pos:

johan@infoworks.biz

ADVERTENSIEVERKOPE

KOLBE MEDIA

– Kaapstad

Jurgen van Onselen – Advertensiekoördineerder

Tel/faks: 021 976 4482 • Sel: 082 417 3874

E-pos:

jurgen@kolbemedia.co.za

SCHMILTZ MARKETING

– Johannesburg

Ruth Schultz – Advertensiekonsultant

Tel: 081 480 6413 • Sel: 083 583 5243

E-pos:

ruth@schmiltz.co.za

ISSN 1814-1676

Estie de Villiers

Redakteur,

SA Graan/Grain

Wat is jou

gunstelingtjoppie?

I

emand vertel nou die dag van sy Nederlandse skoonouers wat nog

nooit skaapvleis geëet het nie. Hy het toe hulle in Suid-Afrika kom

kuier vir hulle skaap gebraai, maar die vleis in die kombuis van die

bene afgesny sodat hulle nie moet gril vir die bene nie...A nee a, dit is

dan juis die lekker: Om daardie laaste vleisies sommer so met die hand

skoon van die been af te eet!

As ek ‘n skaaptjoppie op die vuur ruik, laat dit my altyd terug verlang

plaas toe. Daar het ons amper elke Saterdagaand skaap gebraai. (Kan

seker ook nie anders as ‘n mens met skape boer nie?)

Elkeen van ons het mos maar ‘n gunstelingtjoppie: ‘n Rug-, boud- of ‘n

bladtjop. Vir my bly ‘n lekker gebraaide skaapribbetjie een van die lek-

kerste lekkers. (Ja ek weet, dit is glad nie aan te bevele vir ‘n mens se

cholesterol nie. Maar lekker bly darem maar lekker!) As ons braai, verkies

ek enige tyd skaap bo steak, hoender, vis, vark of

gourmet

-sosaties – net

jammer dat dit so buitensporig duur vir ons stadsjapies is dat dit deesdae

‘n luukse is om skaap te braai!

Wat is jou gunsteling?

Ek reken die Oesdag is ook so: Bekend en geliefd en elkeen het sy gun-

steling “braaivleis” by die Oesdag: Of dit die vee-afdeling is, of om tussen

die nuwe masjinerie deur te loop, of om ‘n sosatie of pannekoek te kom

geniet of sommer net saam met ou vriende of landboukennisse te kuier.

Hierdie spesiale NAMPO-uitgawe van

SA Graan/Grain

bied ‘n goeie oor-

sig van wat jy vanjaar van die Oesdag kan verwag en wat die uitstallers

by hulle standplase en stalletjies aanbied. Die Oesdag bied ouderge-

woonte aan elke besoeker ‘n unieke platform om met die landboubedryf

se toprolspelers te netwerk, vriendskapsbande te versterk en om bo alles,

dit wat die unieke en steeds groeiende landboutentoonstelling bied, te

kom geniet.

As jy my vra om een aspek van die Oesdag uit te sonder, sal dit behoorlik

‘n moeilike versoek wees. Ek dink die meeste dames is in hul skik met

die vroueprogram wat weer sedert verlede jaar terug op die Oesdag-

program is. En dat daar ook meer uitstallers as in die verlede is wat op

die dames/die algemene publiek fokus asook ‘n padstal-saal met oulike

plaasprodukte. (Ek sien veral uit na die twee kosredakteurs van

Sarie

en

Landbouweekblad

wat mekaar die Woensdag die stryd in die kombuis

gaan aansê: Elkeen gaan ‘n houer met geheime bestanddele ontvang en

moet dan hul kookvernuf demonstreer.)

Effektiwiteit met tegnologie

NAMPO bly ook in pas met die nuutste tegnologie – die tema is juis

vanjaar “Effektiwiteit met tegnologie” – en die Oesdag spog boonop

met ‘n nuwe toep. Inligting soos die lys van uitstallers, kontaknommers

vir akkommodasie, die daaglikse program en ‘n terreinkaart is daarop

beskikbaar. Vars nuus word ook voortdurend op die toep gelaai.

Volgens Alzena Gomes (skakelbeampte van Graan SA) kan ‘n mens by-

voorbeeld na ‘n spesifieke produk op die toep soek, waarna jy dan in-

ligting sal kry oor watter uitstallers dit aanhou en hoe om daar uit te kom.

Die NAMPO Oesdag/NAMPO Harvest Day-toep is in die toepstoor (

App

Store

) beskikbaar en kan opgespoor word bloot deur “NAMPO” in te tik.

Verder verseker die elektroniese kaartjiestelsel – waar ‘n mens sommer

vooraf tuis jou kaartjie kan aankoop – moeitelose en doeltreffende toe-

gang tot die Oesdag. Opbetaalde Graan SA-lede sal hul gratis NAMPO-

kaartjies reeds in April elektronies ontvang, tesame met die eksklusiewe

ledeparkeringsvoordeel.

Voorsitter groet

Die Oesdag groet vanjaar vir Cobus van Coller. Hy was twaalf jaar lank

lid van die NAMPO Oesdagkomitee, waarvan vanjaar sy agtste NAMPO

as voorsitter van dié komitee sal wees voor hy die tuig neerlê. Ons gaan

beslis “die haastige produsent met die radio in die hand wat hier, daar

en oral is en altyd ‘n glimlag vir almal het” mis. Lees die onderhoud wat

met hom gevoer is op bladsy 4.

Ondersteun ons adverteerders

Baie dankie aan elkeen van ons adverteerders: Sonder julle sal dié

NAMPO-uitgawe nie moontlik gewees het nie. Gaan maak gerus ‘n

draai by hulle en kyk wat’s nuut op hulle standplase.

Lekker NAMPO!