Previous Page  7 / 120 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 7 / 120 Next Page
Page Background

< 5

www.nampo.co.za

AKTUEEL

NAMPO 2018

NAMPO se wêreldstandaard bevestig

“Die groot standplase het my veral op die Expo Agro skou in San

Nicolás, Argentinië, opgeval,” so sê mnr Toit Wessels, wat onlangs

dié skou op uitnodiging besoek het.

Wessels, Graan SA se assistentbestuurder: NAMPO en Bemarking,

het gaan ondersoek instel na wat daar vir ons te leer is. “Dat hul

groot standplase het, is gewis. 50 m x 50 m. Hulle sit maklik drie

stropers en vier planters op een standplaas neer.”

Hy sê NAMPO voldoen beslis aan internasionale standaarde en

doen ‘n groot klomp goed reg.

‘n Nuwe toevoeging waarna besoekers aan vanjaar se NAMPO kan

uitsien, is ‘n wildsaal met 14 wild- en wildverwante produkte. Vir

die lekkerbekkiges sal daar die NAMPO Padstal wees, waar alter-

natiewe landbouprodukte soos olywe, kaas en brood – om maar

enkeles te noem – te koop sal wees.

Oor die samestelling en keuse van uitstallers sê Wessels dieselfde

balans en fokus op landbou sal nog gehandhaaf word. Van die sowat

740 uitstallers sal 80% op landbou gerig wees, met die res vir die

vroue en ander lede van die publiek.

Elektroniese aankope, waar geskandeer pleks van ‘n kaart getrek

word, sal al vanjaar op party standplase beskikbaar wees, maar nie

by almal nie. Hierdie fasiliteit is nie verpligtend nie en net ‘n paar

uitstallers gaan daarin belê, sê hy.

“Dit het my laat verstaan hulle wil kom om in sulke swaar tye gehoor en

gesien te word. Om iemand raak te loop wat vir jou vra: ‘Ouboet, hoe

gaan dit met jou? Hoe gaan ons deur hierdie ding kom?’ Die Oesdag is

nog altyd ‘n absoluut sentrale punt vir bymekaarkoms.”

Nuwe platforms

Die groei in NAMPO Oesdag, in pas met al die veranderings in die land-

bou die afgelope paar jaar, was ‘n besondere hoogtepunt: Die platforms

wat geskep is om nuwe toerusting vir die produsent te kan demonstreer,

die daaglikse gespreksforums en die uitbreiding na die nuwe deel van

die terrein, waar daar onder meer op bewaringsboerderytoerusting ge-

fokus word.

Daar is ook kleiner goed, soos die afslaerskompetisie en jeugskou wat be-

trek is. Toyota/Veeplaas/Graan SA se internasionale kompetisie vir jong

afslaers is verlede jaar die eerste keer gehou en het groot aftrek gekry.

Saam met die uitbreidings en toevoegings het die voete nie agtergebly

nie. Die 50ste NAMPO Oesdag se besoekertal in 2016 was 75 116 – te

midde van die rekorddroogte – wat toe ‘n nuwe rekord was. Dit is in 2017

oortref, met 78 683 besoekers en oor die 700 uitstallers – ook die meeste

ooit. Vanjaar se NAMPO kan net dalk weer alle verwagtinge oortref

– veral omdat die tema effektiwiteit met tegnologie is.

Italiaanse pluimpie

Nog ‘n persoonlike hoogtepunt in sy Oesdag-termyn was ‘n besoek deur

‘n Italiaanse groep, wat hul hier in Suid-Afrika kom sien het omdat hulle

die NAMPO-handelsmerk wou koop. Dié groep, wat regoor die wêreld

heen skoue organiseer, het hulle laat besef dat NAMPO eintlik ‘n inter-

nasionaal-erkende handelsmerk is.

Wat NAMPO vir die Italianers laat uitstaan het, is die besondere fami-

lieverbintenisse op die skougronde. “Hoe gesinne saam daar loop en

families mekaar ontmoet. Kinders droom drome daar. Hulle loop en kyk

rond en sê: Eendag as ek groot is wil ek só ‘n trekker hê.”

Van Coller sonder ’n paar Graan SA-personeellede uit sonder wie NAMPO

nie sal wees wat hy vandag is nie en saam met wie hy ‘n aangename pad

gestap het: Rialeen Lombard, Marina Kleynhans, Annemarie de Beer, Bennie

Zaayman, Wim Venter en Johan Loxton (wat reeds afgetree het).

Bewaringsboerdery moet nou meer aandag kry

Wat die toekoms betref, sê Van Coller dat hy bevoorreg is om deel te

wees van die fokus in landbou wat wêreldwyd skuif na groter volhou-

baarheid. Hy beoefen al meer as tien jaar verminderde bewerking en

verbou deesdae ook al hoe meer dekgewasmengsels vir drukbeweiding.

“Daar gaan beslis nog beduidende veranderings kom soos beter me-

todes hoe om volhoubaar te begin boer. Ons moet sonder regeringsteun

internasionaal kan meeding. Dinge soos vee-integrasie in saaiboerdery

met ultrahoëdrukbeweiding en bewaringslandbou gaan al hoe promi-

nenter raak.

“Ek wil my aandag hierop toespits – veral met bewaringsboerdery. Dit

voel vir my ons raak agter. Ek is die geslag wat my grond moet begin

opbou, wat moet terugploeg. As ek dit nie regkry nie, gaan my seun nie

kan boer nie. Ons moet nou die hekke oopmaak. Daar is ‘n enorme

klomp tyd om in te haal.”

Boonop gaan dit met volgende jaar se NAMPO Oesdag vir hom lek-

ker wees om ‘n slag die een te wees wat agter in die bus sit en NAMPO

rustig as kliënt kan deurloop. “Ek sien NAMPO altyd net Saterdae as

mense opruim en ek by die uitgang staan. Dan sien ek eers wat was op

die terrein.”

“Om ‘n skou soos dié elke jaar suksesvol te help reël, is nou wel ‘n groot

uitdaging – beide in terme van tyd en organisasie, maar die blootstelling

wat dit my gebied het, kan nie in geldwaarde omgeskakel word nie,” sê

Van Coller. “Al die mense wat ek ontmoet het en die maatskappye met

wie ek saamgewerk het, het dit vir my die moeite werd gemaak. Dit was

‘n groot voorreg.”

En dan lag hy lekker oor dié motor vanaf Johannesburg wat een so ‘n

Saterdag daar by hom gestop het terwyl hy die uitgang beman. Die

bestuurder het gevra waar NAMPO se ingang is. Die ou was redelik bek-

af toe hy hom meedeel dat die skou ongelukkig verby was en dat hy by

die uitgang was.