Previous Page  20 / 23 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 20 / 23 Next Page
Page Background

DIE

GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF

VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD

ႄႂ

ontwikkelende landbou is baie groot en dit is belangrik om toegang tot inligting en

steun op alle gebiede te kry. Deur hierdie program word daar gepoog om al die

onderskeie rolspelers in die landboubedryf by die ontwikkeling van boere te betrek

– elkeen het ’n rol om te speel.

Koördinasie is noodsaaklik as daar konstante en volgehoue vordering moet wees. In

die belang van langtermynvolhoubaarheid moet die boere bygestaan word om al die

verskillende rolspelers op hulle boerderygebied te leer ken. Hulle moet ’n ondersteu-

ningsnetwerk hê wat sal voortgaan wanneer hulle kommersiële status bereik.

Goeie verhoudings word gesmee met personeel van die LNR, die Departement van

Landbou, die Departement van Landelike Ontwikkeling en Landbouhervorming, die

insetverskaffingsmaatskappye vir saad, misstof, chemikalieë, kalk, diesel, verseke-

ring, finansiering en meganisering, asook provinsiale en plaaslike owerhede. Elkeen

van hierdie rolspelers het ’n eiesoortige bydrae om tot die proses van volhoubare

ontwikkeling te maak.

Die program het vir baie jare deur die studiegroepe, demonstrasieproefnemings,

boeredae, die Boer van die Jaar-kompetisie, gevorderdeboer-program, ontwikke-

ling van opleidingsmateriaal, opleidingskursusse, weeklikse radio-uitsendings en

’n maandelikse nuusbrief op vaardigheidsontwikkeling, opleiding, bemagtiging en

kapasiteitsontwikkeling gekonsentreer. Vordering ten opsigte van kommersialise-

ring was ’n stadige proses, met die fokus op wat as “ware ontwikkeling” beskou

is – die ontwikkeling van die individu.

Die harde werklikheid van diegene wat op grondvlak gewerk het, was egter nie meer

dat, indien beste praktyke geïmplementeer word en beste opbrengste behaal word,

alles vir tevrede boere gelukkig sou eindig nie. ’n Finansieringskrisis wat die swaar-

verdiende boerdery-ondernemings bedreig, was eerder vir talle ontwikkelende

boere die realiteit. Teen 2010 was die produksiekoste vir graan ongeveer R5 000/ha

(vir direkte koste). In werklikheid was die koste vir ontwikkelende boere om verskeie

redes gewoonlik hoër as vir kommersiële boere:

(1) Die grond was dikwels uitgeput, sodat die bemestingsvereistes groter was;

(2) die boere het nie aanvullende sekuriteit gehad om lenings te sekureer nie, en

was gedwing om insetversekering uit te neem om die lenings te sekureer – teen

hoër koste;

(3) die trekkers en implemente van die ontwikkelende boere was oud en afgeleef,

en die herstel en onderhoud het meer gekos;

Die verskil wat dit maak as jy weet wat jy doen –

Jobs Fund

-mielies links en ’n rampspoe-

dige gevolg regs.

Boere ontvang kunsmis by Khumbula

Nsikazi Stadion.

Jobs Fund

-mielies in Mpumalanga.