Previous Page  21 / 23 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 21 / 23 Next Page
Page Background

ႄႃ

HOOFSTUK 8

(4) boere het nie altyd al die toerusting besit wat vir produksie benodig word nie, en

hulle moes vir kontrakwerk begroot, byvoorbeeld vir oes- en plantbedrywighede;

(5) hierdie boere het nie die voordele van skaalbesparings gehad om oor die prys

van insette of oor goeie bemarkingskontrakte te onderhandel nie; en

(6) die meeste boere moes geld leen vir produksie, wat ’n rentelas bygevoeg het.

Die meeste boere het nie langtermynrekords gehad nie, die meeste het oorlaat-

skuld gehad as gevolg van die lae pryse van die 2008- en 2009-seisoene, en daar

was ’n algemene wanhopigheid omdat almal gesukkel het om toegang tot produk-

siefinansiering te verkry. Verslae deur ontwikkelende boere aan die werkgroep het

die krisis bevestig:

As gevolg van die swak winsgewendheid van graanboerdery is slegs ’n paar boere

deur die plaaslike landboubesighede gefinansier, en is daarna gedwing om multi-

risikoversekering uit te neem, wat die produksiekoste aansienlik verhoog het. ’n Lid

van die “Stem van die Produsent”-komitee het gerapporteer dat die boere almal as

gevolg van die lae pryse en hoë produksiekoste met oorlaatskuld sukkel.

Op hierdie gebied is daar min produksie en geen verdere ontwikkeling nie. Dit het

daarom duidelik geword dat

iets op ’n ander manier gedoen moet word

. Graan SA

het besef dat staatsingryping op die hoogste vlak nodig was om lewensvatbaarheid

en volhoubaarheid vir ontwikkelende produsente te verseker.

In 2012 het die programmet die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grond-

hervorming (DLOGH) saamgewerk om ontwikkelende boere regoor die land te

bemagtig. Vir die eerste keer is holistiese sakeplanne – nie net vir die graanproduk-

sie-aspekte nie – opgestel, en teen September 2012 is 36 miljoen na ’n afsonder-

like bankrekening oorgeplaas om deur die programspan en die boere self bestuur

te word. Ten einde hierdie fondse te bestuur, moes Graan SA by die Raad op

Finansiële Dienste registreer. ’n Internet-gebaseerde rekeningkundige stelsel wat

deur Graan SA gestruktureer is, maak dit moontlik om ’n bankrekening vir elke

individuele boer te bestuur. Hierdie bankrekenings is by Standard Bank en word

derdeparty-fondsadministrasie- (TPFA-) rekenings genoem. Ná die verloop van die

herkapitaliseringsproses maak die boer die rekening van Graan SA “los” en bedryf

die rekening dan op hulle eie. Op hierdie manier bou die boer met verloop van die

projek ’n bankrekord op.

Die 2012/2013-inisiatief het gefokus op 16 boere wat in die Vrystaat, Noord-

wes en Gauteng geïdentifiseer is. Streng finansiële bestuur het verseker dat

die fondse vir meganisering vir grondvoorbereiding, die koop van insette

vir produksie en die vestiging van die gewas benut word. Aandag is ook aan

belangrike infrastruktuur soos skure, heinings, water, ensovoorts geskenk.

Herkapitalisering het tot in 2013 en 2014 voortgeduur, met verdere projekte

in die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes wat deur die DLOGH befonds is. ’n

Ander herkapitaliseringsprogram is in vennootskap met die Departement van

Landbou in Noordwes bedryf.

Hierdie proses het in 2012 begin, en tot op hede (2015/2016) het die OLP

R280 miljoen vir hierdie boere bestuur, en kan met trots sê dat hulle al die fondse

doeltreffend in vennootskap met die boere bestuur het. Nie ’n enkele sent het ooit

verdwyn nie, en ’n skoon oudit is van die Ouditeur-Generaal ontvang. Die projek was

’n reusesukses, maar politieke en ander agendas het ongelukkig verskyn en wat oor-

spronklik as ’n vyfjaarprogram vir die boere beoog was, beëindig.

Graan SA se OLP sal in die toekoms ’n ander dimensie aanneem waarin produk-

siefinansiering vir nuwe boere noodsaaklik is.

Met die hulp van die Nasionale Tesourie se pas-geskepte fonds vir die bevordering

van werkskepping, die

Jobs Fund

, het die OLP daarin geslaag om in 2015 ’n pro-

gram bekend te stel ingevolge waarvan 1 577 kleinhoeweboere toegang verkry het

tot insette en meganisering om 1 802 ha te bewerk.

Intussen is nuwe vennootskappe ten opsigte van navorsing en ontwikkelende land-

bou met die regering gesluit. Die databasis en projekte van die Ontwikkelende

Landbou-afdeling is by die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye se be-

leidsaksieplan vir landbou geïnkorporeer.

Video: ’n Video-oorsig van Graan SA se deelname

aan die Regering se herkapitaliseringsprojek.

Play Video