Background Image
Previous Page  15 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 15 / 116 Next Page
Page Background www.Deere.co.za Africa@johndeere.com

Kliëntediens: 0800 983 821

Nou beskikbaar teen dié verlaagde rentekoerse:

6.5% koers gekoppel, 20% deposito*, of

0.1% koers gekoppel, 50% deposito*

Heelwat ondergrondse dreineringsproble-

me word veroorsaak deur ongekontroleer-

de oppervlakte-afloop na ‘n laagtepunt of

duik, waar die water opdam en versuip-

toestande teweeg bring.

Indien landerye betreklik golwend is en

afloopwater nie prakties met plantrye of

kontoere in waterbane gekanaliseer kan

word nie, kan opdamming (

ponding

) ver-

suiptoestande teweeg bring. Dan sal dit

raadsaam wees om grondverskuiwing (

land

shaping

) te oorweeg.

Dit behels die bepaling van grondvolumes

vir uitgrawing en opvulling (

cut and fill

)

sonder om die bogrond totaal te versteur,

of te verwyder van een area na ‘n ander.

Met hierdie praktyk word daar derhalwe

gepoog om eenvormige infiltrasie van

water oor die hele land te bewerkstellig en

om oortollige afloopwater veilig uit die land

te dreineer. ‘n Netwerk van ondergrondse

dreine kan ook oorweeg word as ‘n

moontlike oplossing.

Nog ‘n algemene uitdaging is die sydeling-

se afloop van ondergrondse water op ‘n

keerlaag na ‘n laagtepunt, waar die vry

water dan opdam, of bo-op die grond uit-

slaan. Hierdie uitdaging kom algemeen

op vlakker gronde voor en vogbewarings-

praktyke wat infiltrasie verhoog, vererger

die toestand. Dit kan aangespreek word

deur plantrye en kontoere teen ‘n steiler

helling te beplan, sodat oortollige water

vinniger, maar nog steeds sonder erosie,

uit landerye gekanaliseer word indien die

vlakker grond versadiging bereik. ‘n Al-

ternatiewe moontlikheid om die uitdaging

aan te spreek, is die opvang en kanalisering

van sydelingse afloop deur middel van

afsnydreine.

Aangesien daar ‘n groot variasie in die

eienskappe van gronde in Suid-Afrika is

en sommige produsente nie oor die luukse

van diep gronde beskik nie, verskil die

bestuursbeplanning by vlakker gronde

dikwels van dié areas met dieper gronde.

Beplanningsproses

‘n Fisiese grondopname, tesame met ‘n

akkurate topografiese opmeting en kon-

toerkaart, is van kardinale belang vir

deeglike beplanning.

Presisietegnologie en -toerusting op trek-

kers maak dit vir produsente moontlik om

sekere grondfisiese en akkurate topogra-

fiese data in te win, af te laai en moontlik

aan ‘n konsultant vir moontlike verdere

interpretasie en beplanningsdoeleindes te

verskaf.

2

1

1: ‘n Voorbeeld van gronderosie.

2: Oppervlakwaterafloop uit landerye.