Background Image
Previous Page  18 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 18 / 116 Next Page
Page Background

Produk-inligting

Oktober 2017

16

Herfokus op besproeiing en

eie vervaardigde produkte

A

grico is ‘n naam waarmee die meeste produsente bekend

is. Na meer as ‘n eeu se sukses in die landboumasjinerie-

en besproeiingsbedryf, het die firma verlede jaar besluit

om voortaan op sy eie vervaardigde produkte en water-

verwante besigheid te konsentreer. In die proses is die landbou-

masjinerie-afdeling (insluitende verskeie agentskappe) aan ander

handelaars verkoop.

Die nuwe fokusareas is só gekies dat Agrico ‘n homogene besigheid

word wat al sy produkte deur al sy takke kan bemark en ook

hierdie produkmandjie na nuwe markte kan neem. Daar is daarom

uitstekende geleenthede vir groei – danksy die nuwe fokus.

Tans bedryf die firma 28 van sy eie takke in Suider-Afrika. Christiana,

Lusaka, Mkushi en Wellington is gedurende die afgelope jaar by-

gevoeg om groeigeleenthede te benut.

Met meer as 100 jaar se diens aan die landbou, is Agrico tans een

van die mees ervare voorsieners van alle soorte besproeiing. Die

firma voorsien sedert die vroeë 1900’s pype, pompe en enjins aan

boerderye, sportvelde en tuine. Tegniese advies is ‘n deel van

die diens wat gelewer word.

Ons poog altyd om ‘n balans te handhaaf tussen eie vervaardiging,

invoere en plaaslike aankope. Die firma het fabrieke in Bellville, op

Lichtenburg en Nigel.

Produkte

Verskeie robuuste en betroubare implemente word in die fabrieke

vervaardig, insluitende trekkers, spuite, beitelploeë, skottelêe,

skroppe, skrapers, skeurploeë en wentelsnyers.

Wat besproeiing betref, vervaardig die firma self spilpunte, PVC-,

poliëtileen- en staalpype, filterstelsels, pompstelle en kleppe. Ander

komponente vir besproeiingstelsels word direk by vervaardigers

oorsee en plaaslik gekoop. Dit sluit mikro-, drip-, sprinkel-, en

turfbesproeiing, beheer-, lugkleppe, sentrifugale-, boorgat- en

sonpompe, elektriese motore, wisselspoedreëlaars (VSD’s) en filters

in. Al die komponente van ‘n besproeiingstelsel word derhalwe

kompeterend aan klante gebied.

Agrico verskaf egter nie net komponente nie. Die firma voldoen

volledig aan die behoeftes van die besproeiingsprodusent: Van

opmeet, ontwerp, vergelyk van verskillende oplossings, lewering,

konstruksie, indiensstelling tot naverkoopdiens – alles onder

een dak.

Die knellende droogtes van die afgelope paar jaar het maar net

weer bewys dat besproeiing ‘n noodsaaklike, lewegewende sektor

van die landboubedryf is. Water is ‘n skaars hulpbron regdeur die

wêreld. Daarom is dit belangrik dat besproeiingsbesighede die

gepaste tegnologie om water so effektief as moontlik te benut

en sodoende opbrengste te maksimaliseer, aanbied. Of dit nou

drupbesproeiing vir wyndruiwe, mikrobesproeiing vir vrugte- of

neutbome of spilpuntbesproeiing vir graan of groente is, Agrico bied

kwaliteitstelsels met die korrekte advies.

Ander skaars hulpbronne soos energie en mannekrag moet ook

deesdae versigtig bestuur word om winsgewend te kan produseer.

Daarom bied die firma geoptimaliseerde stelsels wat energie-

effektief is. Die stelsels kan voorts geoutomatiseer wees om

meer betroubaar en ekonomies te wees. Spilpunte en pompe kan

byvoorbeeld deesdae maklik en presies via die internet, met behulp

van Agrico se Webbeheer, beheer word.

FOKUS

Besproeiing

Spesiale

ALFRED ANDRAG,

hoof operasionele bestuurder, Agrico

1: Agrico voldoen volledig aan die besproeiingsbehoeftes van die be-

sproeiingsprodusent: Van opmeet, ontwerp, vergelyk van verskillende

oplossings, lewering, konstruksie, indiensstelling tot naverkoopdiens.

2: ‘n Agrico 4+250-trekker met Agrico LT1000-skeurploeg.

3: ‘n Agrico outomatiese spoelklep.

1

3

2